Time se ‘Person of the Year’ aangekondig

Greta Thunberg (Foto: Time via AP)

Die tieneraktivis Greta Thunberg (16) is Woensdag as Time-tydskrif se “Person of the Year” aangewys.

Thunberg het die gesig van die jeug se klimaatbeweging geword en het die afgelope jaar en ʼn half groot skares gelok met haar teenwoordigheid by betogings en konferensies. Sommige persone verwelkom haar aktivisme, insluitend haar toesprake waar sy wêreldleiers uitdaag om aardverwarming te keer, maar ander persone veroordeel haar aanvallende geaardheid.

“Greta Thunberg is Time se Persoon van die Jaar vir 2019 omdat sy alarm gemaak het oor die mensdom se roofdieragtige verhouding met die enigste tuiste wat ons het; omdat sy ʼn stem is in ʼn gebroke wêreld wat agtergronde en grense laat verdwyn; en ons gewys het hoe dit kan lyk as ʼn nuwe generasie leiding neem,” het die mediahuis verduidelik.

Thunberg was Woensdag in Madrid waar sy onderhandelaars by die Verenigde Nasies se COP25-klimaatsgesprekke toegespreek het.

Verlede jaar se wenner was ʼn groep verslaggewers, naamlik oorlede Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi; die personeel van die Capital Gazette in Annapolis, Maryland waar vyf persone doodgeskiet is; Filippynse joernalis Maria Ressa; en twee Reuters-verslaggewers, Wa Lone en Kyaw So Oo.

Thunberg het gesê sy is “bietjie verbaas” oor die aankondiging. Sy het aan die Associated Press gesê sy dra die toekenning op aan alle jong aktiviste. Sy is op pad terug Swede toe, waar sy woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Grote Momberg ·

Regtig? Sy is geensins n bydraende lid van die samelewing nie. Inteendeel, sy is die verpersoonliking van die gesegde, “moenie maak soos ek nie, maak soos ek sê”…..

Klara ·

Sy dra meer by as jy ou Grote. Jip, sommige ‘grootmense ‘ sal bedreig voel deur wat hierdie kind vermag, terwyl hulle in hul ou klein wêreldjie vasgevang sit.
Mooi so meisiekind! Jy word gehoor en gesien. Jy kruip nie weg agter ‘n skuilnaam en lewer slap kommentaar nie. Jy probeer verandering teweeg bring

André André ·

Jig!!!!!!
In jou lewe.
Nee Hoor!
Ek is self iemand wat ‘n aktivis is vir die natuur, maar oorboordgaan?

Bioboy ·

Mmm . Time het goed gekies sy dra net ongekleurde katoen , leersool sandale en weier om n metaal motor te besit wat deur n ru olie produk aangedryf word . Sy gebruik slegs n selfoon en rekenaar wat van biodegradeerde materiaal gemaak is . Sy eet ook al haar groente rou . Trump kan by haar leer , ons ook

Willem Grobler ·

Die wêreld raak meer belaglik by die dag. ‘n Kind wat nie skool toe gaan nie en wat duidelik deur iemand geskool word om te sê wat sy kwytraak kies hulle as die persoon van die jaar? Persoonlik dink ek dit is belaglik.

Frank ·

Jip, spreekbuis van ander mense. Dis maar al wat sy is. Arme kind, plaas dat dit haar gegun word om haar tienerjare te geniet, want dit kom net eenkeer.

André André ·

Terloops Time het met die toekenning haar nou op ‘n wildeperd gesit wat sy gaan tem en onstopbaar oor die vlaktes in elke windrigting jaag om haar wil op die mensdom af te dwing.

Sê Maar Net ·

Dit beteken nie noodwendig hulle dink sy is reg in wat sy doen nie, net maar dat sy ‘n nuuswaardige persoon is. Maar dis goed dat jongmense, ten goede eerder as ten slegte, in die nuus is.

Sê Ook Maar Net ·

Die feit dat sy as nuuswaardig beskou word deur die Times beteken dat sy as ‘n wonderlike of bogemiddelde persoon beskou word nie. Hitler, Stalin en die Ajatolla Khomeini is almal persone wat deur die jare as Times se persoon van die jaar aangewys is. Vir my is dit egter goed dat die jeug, eerder vir die positiewe as negatiewe invloed wat hulle op die nuus het, geëer word.

Hector Jooste ·

Belaglik! Wie kan TIME nou nog enigsins ernstig opneem?

Buffel ·

Aandag soekende dogtertjie. Elke generasie weet beter. Nou, terug na jou Facebook en wys almal wat se great lewe jy het….

Swartwolf ·

Your generation cannot decide if they are are a boy or a girl.

Maraai ·

Almal weet van haar. Almal weet wat sy gese het. So ek vermoed sy het tog mense meer bewus gemaak. “How dare you…”

jaloersbokkie ·

As ek hier lees en sien snedig mense kan wees skud ek maar net my kop.

Hierdie jong meisie is braaf genoeg om te staan vir iets en openlik daaroor te praat. Hoeveel van ons is net braaf genoeg om iets negatiefs te lewer op n kommentaarbord?

As jy voel dat sy nie goed genoeg is vir die toekenning nie, vertel vir ons almal wat JY gedoen het om die wereld n beter plek te maak, indien daar niks is nie, bly asb stil en respekteer wat sy doen.

Indien iemand van my wil verskil is jy welkom om te antwoord.

Plastieksak ·

Liewe Jaloersbokkie. Sy praat namens ander mense wat die toutjies trek. Hierdie kom nie van haar af nie. Sy is bloot net ‘n karaktertjie in ‘n poppekas konsert. Sy word op die voorgrond gestoot maar grootmense hardloop die vertoning in die agtergrond. Ek help die omgewing deur my gras te sny en lang stappies op die strand.

Peet ·

Slagoffer van politieke manipulasie. Admireer haar mening maar gruwelik misbruik.
Haar “sponsors” is inkonsikwent en van die karakters met massiewe koolstof voetspore.

Sam Brookes ·

Absoluut absurd. Dit wys ons twee dinge:
1) Hoe absurd die wereld geword het.
2) Dat ons glad nie meer die hoofstroom media kan vertrou nie.

Ek is seker daar was baie meer mense wat hierdie titel waardig was, maar Time het met hul keuse getoon dat hul “titel” niksseggend is en ek dink nie dat enigiemand wat hul sout werd is in die toekoms hierdie toekenning sal begeer nie.

Andre ·

Soek die probleem by Time tydskrif om ook publisiteit aan snert te gee.

André André ·

Haar videos op YouTube is nogal ‘n openbaring, veral die een van 23 09 2019.

Piet left the Building ·

Indien sy Pres. Trump in ‘n debat oortuig dat hy sy siening en gedrag oor klimaatverandering dringend moet verander sal ek haar ernstig opneem. Tot dan is sy net ‘n arrogante tiener wat eerder op die skoolbanke moet sit.

Realis Thailand ·

Ek stem 100% saam met jou
Sy verkondig ook net wat sy voorgese word

rissiepit ·

In ´n Duitse online koerant genaamd “Die Freie WELT” die volgende gelees.
Greta Thunbergs deutsche »Organisatorin« wird von George Soros finanziert

Bei fast jedem Auftritt von Greta Thunberg in Deutschland sieht man sie stets in unmittelbarer Nähe: Luisa Neubauer. Sie organisiert die Klimastreiks in Deutschland und auch die Auftritte Gretas hierzulande. Neubauer ist Jugendbotschafterin von »ONE«; zu deren Geldgebern gehört die Open Society Foundation von George Soros

Vir die van julle wat met Duits sukkel…wel kry maar vir julle Google Translator. Weet verseker dat daar baie geld agter die meisie is en daar is ´n Agenda wat gedryf word.

John ·

Die godin moes seker ouers gehad het, of het sy uit die ruimte geval? Waar is hulle en wie gee haar al hierdie ‘slim’ idees… 16 jaar oud. Sy word dalk sommer ook so uit die bloute professor voor sy 17 is. Hoe het die wèreld tot hier gekom sonder haar en hoe gaan dit vorentoe beweeg met haar?

geaffekteer in Namibia ·

Ja ons almal word maar ingelig deur die media en die groot geld agter hulle. Verder is ons nog oorgegee aan die akademici.
Ons het nie almal die durf om kant te kies nog minder om op internasionale verhoog te verkondig.
Ai Piet, dink jy nie die onus moet eerder op Pres. Trump rus om die kind in `n openbare debat te oortuig om haar opinie oor klimaatsveandering te wysig nie?

Plastiekoseaan ·

Regtig? En wie sit agter Thunberg om geld te maak uit hierdie beweging se skenkings en borge?

Henk ·

Wel sy maak groot geld hieruit. Lees sy is nou die hoogsbetaalde aktivis is die wereld. Wonder of sy dit gaan skenk aan klimaat projekte ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.