‘Time’,Trump stamp kop op Twitter

‘n Skermskoot van pres. Donald Trump se twiet.

Time Magazine het ʼn bewering van pres. Donald Trump ontken dat hy ʼn onderhoud en “groot fotosessie” in aanloop tot die aankondiging van die tydskrif se bekende Persoon van die Jaar-titel van die hand gewys het.

Trump het Saterdag in ʼn twiet gesê: “Time Magazine het gebel om te sê ek gaan waarskynlik aangewys word as ‘Man (Persoon) van die Jaar’, soos verlede jaar, maar ek moet instem tot ʼn onderhoud en ʼn groot fotosessie. Ek het gesê waarskynlik gaan dit nie werk nie en dit van die hand gewys. Dankie in elk geval!” Sy twiet is meer as 32 000 keer gedeel.

Time Magazine het egter vinnig op Trump se bewering gereageer: “Die president is verkeerd oor hoe ons Persoon van die Jaar kies. Time lewer nie kommentaar oor ons keuse tot die publikasie [daarvan] nie, wat op 6 Desember gebeur.” Hierdie twiet is meer as 119 000 keer gedeel.

Trump is in 2016 as Time Magazine se Persoon van die Jaar aangewys, ʼn titel wat gegee word aan ʼn persoon, groep of idee wat die meeste gedoen het om wêreldgebeure in die afgelope jaar te beïnvloed. In die afgelope paar jaar is die titel ook toegeken aan Angela Merkel, die Duitse kanselier, die Ebola Fighters, pous Franciskus en pres. Barack Obama.

‘n Skermskoot van Time Magazine se twiet.

Die heel eerste Time Persoon van die Jaar-titel is in 1927 aan Charles Lindbergh toegeken.

Trump en Time se Twitter-woordewisseling het natuurlik tot verskeie tergende twiets gelei met selfs ʼn paar bekendes wat by die grappe aangesluit het.

Die tennisster Andy Murray het getwiet: ‘”BBC het nou-net gebel om te sê ek gaan waarskynlik aangewys word as sportpersoonlikheid van die jaar maar ek moet instem tot ʼn onderhoud en ʼn groot fotosessie. Ek het gesê waarskynlik gaan dit nie werk nie en dit van die hand gewys. Dankie in elk geval!”

Die komediant Billy Eichner het grappenderwys getwiet Time Magazine het hom reeds ʼn paar weke gelede al gebel. Die akteur Mark Hamill het getwiet Time Magazine het gebel om hom in te lig dat hy definitief as Persoon van die Jaar aangewys gaan word, maar hy moet inligting oor die volgende Star Wars-episode, wat nog nie bekendgestel is nie, aan hulle gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Sy leierskap en vermoë om dit wat verkeerd is te identifiseer en daarop te reageer sonder vrese om polities korrek te wees maak hom die beste leier in die wêreld

anton ·

Nee Pieter, dalk is jy net jaloers!!!
Die man is n yster en is die eerste ware president van Amerika in n baie lang tyd.
n man wat nie bang is om die waarheid te praat nie en wat Amerika 1ste stel.
En natuurlik sal liberals nie van hom hou nie, maar wie gee nou om?
Wat belangrik is, is dat hy sy land se belange op die hart dra. Amerika is in so n groot gemors a.g.v baie vorige presidente wat nie hulle land 1ste gestel het nie maar net die res van die wereld gelukkig wou hou.

Marie Visser ·

Stem saam Anton,
Trump is ‘n wonderlike president deur God aangestel. Ons moet gehoorsaam wees aan die Woord van God en vir ons en al die ander regerings te bid, sodat ons in vrede kan leef. Loof God Drie-Enig!

alwyn burger ·

Ek twyfel of God ñ rol speel by die aanstel van presidente? Zuma!!?

Marius ·

Ja kyk, ek weet nie of die mense Trump en sy uitlatings volg nie. Hy weerspreek homself letterlik daagliks. Dan is China skelm, en dan is hulle die wonderlikste nasie. Dan is Putin sy vyand en dan is hulle beste vriende. Luister net na so paar van die man se toesprake. Dit is só vol leuens en halwe waarhede en oordrewe feite. Deur God aangestel? Beslis! So ook Zuma, Mugabe(hy was), Hugo Chavez, Kim Jong-un ens. ens…

Eish ·

In 1938 was die persoon van die jaar niemand anders nie dan Adolf Hitler.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.