Titanic-brief vir miljoene verkoop

Alexander and Mary Holverson (Foto: Henry Aldridge and Son Auctioneers via AP)

ʼn Brief wat deur een van die Titanic se passasiers geskryf is ʼn dag voor dié skip gesink het, is vir £126 000 (R2,2 miljoen) in Engeland verkoop.

Dié handgeskrewe brief is op 13 April 1912 op gemerkte Titanic-papier geskryf, deur ʼn eersteklaspassasier genaamd Alexander Oskar Holverson. Dit is die dag voor die skip  ʼn ysberg in die Noord-Atlantiese Oseaan getref en gesink het, en sodoende meer as 1 500 passasiers se lewens geëis het.

Holverson, wat ʼn verkoopsman was, was saam met sy vrou op die skip en was van plan om die brief aan sy ma te pos as hulle in New York aankom.

Henry Aldridge & Son, die afslaer wat in Titanic-memorabilia spesialiseer, het gesê dié brief is “een van die belangrikste Titanic-briewe wat al ooit opgeveil is”, as gevolg van die inhoud daarvan en oor die historiese konteks en skaarsheid van die brief.

Die brief wat Holverson geskryf het (Foto: Henry Aldridge and Son Actioneers via AP)

Die brief begin met “My liewe Ma”, waarna Holverson die Titanic beskryf: “massief in grootte en opgestel soos ʼn luukse hotel. Die  kos en drank is uitsonderlik.”

In ʼn aangrypende sin skryf hy: “As alles goed gaan, sal ons Woensdagoggend in New York aankom.”

Dié brief, een van die laastes wat deur slagoffers van die tragedie geskryf is, is in Holverson se sak in ʼn notaboekie gevind. Dit is later na sy familie gestuur.

Holverson se vrou het die Titanic-ramp oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Nicolene

Dankie vir jou valkoog! Ons vra omverskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Houtoog ·

Ook by die foto se onderskrif is ‘actioneer’ seker ‘auctioneer’? Belangriker egter dat in SA vernietig ons hierdie geskiedenis deur nie tweekeer te dink. Wanneer oupa/ouma te sterwe kom vat jy daardie boks ‘gemors’ net so en gooi dit in die vuur.

Ekke ·

Maroela, is dit nou ‘omverskoning’ of ‘onverskoning’?

TAStrydom ·

Wat maak jy in elk geval met so iets, bêre in ‘n kluis?
Dalk hang teen ‘n muur met die moontlikheid dat iemand dit kan beskadig. Dalk verkoop aan iemand anders wat ook nie weet wat om met sy geld te doen nie.

Toekoms ·

Dis die verlede waarop die toekoms gebou word. Overgeset, indien jy nie weet waarvandaan jy kom, sal jy ook nie weet waarheen jy op pad is.

Pieta ·

Overgeset synde….as jy dan Oubaas moet aanhaal, doen dit ordentlik.

Stormrider ·

Ek is van mening dat die brief historiese waarde sou gehad het as dit tydens wrakherwinningspogings ontdek is. Daar het wel baie mense uit die see gekom met horlosies, notaboekies en soortgelyke items wat dan ook beskou kan word as histories waardevol. Nee wat, pure lawwigheid as jy my vra!

REGVERDIG ·

Dit lyk kompleet of daar n mans gesig op die linkerkant is waar die vlek is???

Ada ·

Dit is jammer dat baie min mense die waarde van iets besef.Eers wanneer jy baie ervarings in die lewe gehad het besef jy wat waardevol is.

Adriana ·

Groot hartseer , verdriet, verslaendheid, verlorenheid, skok, angs en ontsaglike lewensverlies.Ondenkbaar.Enige iets wat n herhinnering terugbring is van onskatbare ware.

Louise ·

Nee wat! Hoe kan enige mens sulke tiepe geld vir n stukkie papiertjie uitgee wat jy nie eers behoorlik kan sien wat daarop staan as daar soveel hongersnood is nie.
As n belegging om dit oor n paar jaar vir hopenlik dubbelt soveel te kan verkoop, nee wat bele geld in mense wat nie kan oorleef nie.
Of beter mediese toerusting in oorlig getuisterde lande, party mense het teveel geld vir wat werd is…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.