Toenemende kommer oor Indiese virusvariant

Mense in persoonlike beskermingstoerusting by die verassingsgebied waar Covid-19-slagoffers veras word (Foto: Money Sharma, AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê daar is toenemende kommer oor die B.1.617-variant van Covid-19 wat moontlik bydra tot die skerp styging in infeksies wat tans in Indië ondervind word.

Volgens kenners versprei dié variant, wat in Oktober vir die eerste keer in Indië aangemeld is, vinniger as ander variante. Dit word in hierdie stadium as meer aansteeklik beskou.

Maria van Kerkhove, ʼn epidemioloog, sê studies dui boonop daarop dat teenliggaampies ʼn kleiner uitwerking op die variant kan hê. Die WGO beklemtoon egter dat dit heeltemal te vroeg is om te sê of die variant weerstand teen bestaande entstof kan bied.

Van Kerkhove sê volgens beskikbare data is die entstof steeds doeltreffend om die virus te beveg en sy moedig mense aan om ingeënt te word.

Kenners sê hoe meer die virus versprei, hoe groter is die risiko dat dit ideale toestande sal vind om op verskillende maniere te muteer. Hulle beklemtoon dat hierdie verspreiding voorkom moet word.

‘n Man lê langs straatgraffiti wat geverf is om Covid-19-bewustheid te skep (Foto: Jewel Samad, AFP)

Die WGO beskou ook die variante wat in Suid-Afrika, Brittanje en Brasilië aangemeld is, as sogenaamde kommerwekkende variante. Dit is omdat hierdie variante as “meer gevaarlik” as die oorspronklike variant van die virus beskou word omdat dit volgens kenners aansteekliker en dodeliker as ander weergawes is.

Intussen het ongeveer 40 liggame – die oorskot van mense wat vermoedelik weens Covid-19 omgekom het – op die oewer van die Gangesrivier in die Buxar-distrik in die noorde van Indië uitgespoel. Luidens mediaberigte kan daar moontlik honderde liggame wees wat reeds uitgespoel het.

Van die liggame het reeds begin ontbind en die owerhede is aangesê om die oorskot óf te begrawe, óf te veras.

Plaaslike inwoners glo die lyke is in die rivier gestort omdat verassingsplekke stampvol is óf omdat familielede nie hout kon bekostig vir kiste nie.

Indië het Maandag byna 370 000 nuwe gevalle van Covid-19 en meer as 3 700 nuwe sterftes aangemeld. Byna 23 miljoen gevalle is reeds in die land aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Korrelkop ·

O, so terwyl ons vir die trae 3de golf wag *gaap*, skep ons solank nuwe nuus deur te sê dat hierdie nuwe variant nou EERS gevaarlik is!

Fedup ·

Oh please.
Between who and the mainstream media, they will do anything to scare people.
Strange that people living in india don’t agree with what is being said.
So who to believe?

MakersMark ·

En hier het ons weer die domastrantes en ontkenningsbende. Wonder of al die dooies oor die hele wêreld net ‘n leuen is. Hier in SA het ek definetief ‘n aantal kennisse gesien hospitaal toe gaan en nie weer sien terugkom nie. Hul familie treur en sê hul is oorlede agv CV19. Wonder of hul saamlieg met die illuminati en die ANC? Die duisende tonne suurstof wat oor die hele wereld vir Indie voorsien word word seker maar weer in die atmosfeer uitgeblaas ? Hemel hier is darem ‘n paar wat heel agter in die ry was vir grys stof.

Johan ·

Mense gaan nog altyd dood maskermal…nog altyd..van baie virusse. Die “germophobes” soos jy het net nooit geweet hoe om goed geld te maak daaruit nie…toe vind hul vrees en paniek.

MakersMark ·

Help nie om domhan te speel nie. Mense gaan dood van infeksies as hul nie die verspreiding stop of ingeënt word nie, Edward Jenner het die eerste inenting net voor die 1700’s gedoen. Mediese tegnologie moet ‘n prys vra vir dienste om volhoubaar te wees. Niks met vrees of “germophobe” uit te waai nie. Lyk my sommiges sukkel nie net om virologie te verstaan nie maar ook die moderne kommersieële konsepte en boonop suur omdat hul inkomste laer is agv ‘n global pandemie of mediese maatskappy geld maak daaruit. Verder agter as wat mens kan indink.

Anoniem ·

Ek vermoed dat mense Covid 19 met agterdog bejeen omrede daar soveel vrae is wat net nie beantwoord kan/wil word nie. Daar het te veel dinge verkeerd gebeur wat die agterdog wek. Ongelukkig dra die bedrieglike era waarin ons leef ook by daartoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.