Toeris dood in haaiaanval in Bahamas

(Foto: Allen Dewberry/Unsplash)

ʼn 44-jarige vrou van Boston in die VSA is Maandag tydens haar besoek aan die Bahamas in ʼn haaiaanval dood.

Die vrou was glo besig om by ʼn oord op New Providence – ook die tuiste van die hoofstad Nassau – te roei toe sy skielik deur ʼn haai aangeval is.

Volgens ʼn verklaring van die Royal Bahamas-polisie het ʼn lewensredder die vrou en ʼn familielid wat ten tyde van die ongeluk saam met haar was, na die wal gebring en kunsmatige asemhaling toegepas.

“Sy het egter aansienlike trauma aan die regterkant van haar liggaam opgedoen en nooddienste het haar op die toneel dood verklaar,” lui die verklaring.

’n Ondersoek is van stapel gestuur.

Die polisie het nie die naam van die slagoffer en die oord bekend gemaak nie.

Die Bahamas, ʼn eilandgroep van meer as 3 000 eilande, is die tuiste van talle strandoorde en toerisme vorm ʼn reusedeel van sy ekonomiese welvaart.

In 2019 is ʼn Amerikaanse ma ook in ʼn haaiaanval op die eiland dood terwyl sy saam met haar gesin gesnorkel het.

Haaiaanvalle in die Bahamas en elders is egter uiters skaars, met slegs 89 haaiaanvalle wat verlede jaar wêreldwyd deur die International Shark Attack File aangeteken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Realis Thailand ·

Die ironie van die saak is een haai anval e ndit is wereldnuus maar hoeveel mense word deur slange gepik en sterf. Honderde elke jaar
Hoeveel word deur ander diere beseer, verskeur deur honde en dit is nie nuus of weinig nuus
verder word daar elke dag oor nhonderd duisend haaie gevang en die meeste net die vinne afgesny en teruggegooi in die see
Niks word gese
Dit is jammer sy is oorlede en ek het simpatie vir die familie maar een uit 8 biljoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.