Toeristeboot slaan aan die brand

Phi Phi-eilande (Foto: pen_ash, Pixabay)

Minstens 16 persone is Sondag beseer toe ʼn spoedboot met toeriste tussen die eilande in die suide van Thailand aan die brand geslaan het.

Die boot het tussen Phuket en Phi Phi gereis met 31 persone aan boord toe ʼn brand uitgebreek het. Die passasiers het in die water gespring, het lt. Santipot Nguanruang, woordvoerder van die Phi Phi-polisie, gesê. Persone op nabygeleë bote het hulle uit die water gered.

Altesaam 14 van die beseerde passasiers is van China en twee is bemanningslede van Thailand.

Phuket en Phi Phi is albei groot toeristebestemmings in Thailand. Toerisme is ʼn groot inkomstestroom vir Thailand met ʼn geraamde 35 miljoen besoekers in 2017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.