‘Tom and Jerry’-illustreerder, -regisseur sterf op 95

Gene Deitch in 2018. (Foto: Vit Simanek/CTK via AP)

Gene Deitch, die Oscar-bekroonde illustreerder, animeerder, fliekregisseur en vervaardiger, is Donderdag in Praag, Tsjeggië, in die ouderdom van 95 oorlede.

Sy Tsjeggiese uitgewer, Petr Himmel, het aan Associated Press gesê Deitch is onverwags oorlede in sy woonstel in die Little Quarter-buurt in Praag. Geen verdere besonderhede oor sy dood is verskaf nie.

Sy fliek Munro het die Oscar-toekenning vir beste animasiekortfliek in 1960 gewen. Hy is ook in 1964 twee keer vir dieselfde toekenning benoem vir Here’s Nudnik en How to Avoid Friendship.

Hy het ook die Tom Terrific-reeks geskep. Die fliek Sidney’s Family Tree, waarvan hy medevervaardiger was, is in 1958 vir ʼn Oscar-toekenning benoem.

Deitch is op 8 Augustus 1924 in Chicago in die VSA gebore en het in 1959 in Praag aangekom met die voorneme om slegs tien dae daar te bly. Hy het egter verlief geraak op sy toekomstige vrou, Zdenka, en het in die Tsjeggiese hoofstad aangebly.

Deitch het vanagter die Ystergordyn onder meer 13 episodes van die geliefde animasieprent Tom and Jerry asook Popeye the Sailor geregisseer.

In 2004 is Deitch vereer met die Winsor McCay-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot animasie. Hy word oorleef deur sy vrou en drie seuns uit sy eerste huwelik, almal ook illustreerders of animeerders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsa ·

‘n Lang, vol lewe met baie wat vermag is. RIV
Geliefdes wat agter bly, jul het wonderlike herhinneringe wat niemand kan wegneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.