Tom Petty sterf

Tom Petty tydens ‘n toer van The Heartbreakers in Vancouver in 2017. Foto: http://www.tompetty.com

Die legendariese rocker Tom Petty, voorsanger van die Heartbreakers, het in die ouderdom van 66 gesterf.

Tony Dimitriades, Petty se bestuurder, het dit in ʼn verklaring op die rocker se amptelike Twitter-rekening bevestig Petty is Maandagaand om 20:40 (Dinsdagoggend 05:40, Suid-Afrikaanse tyd) in die UCLA Medical Center in Los Angeles dood. “Hy het in die vroeë oggendure ʼn hartaanval by sy huis in Malibu gehad en is na die [hospitaal] gehaas, maar kon nie weer bygebring word nie. Hy het vreedsaam gesterf omring deur familie, sy groeplede en vriende,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig berigte oor Petty se dood het Maandag verwarring veroorsaak nadat CBS News Maandagoggend reeds berig het Petty het gesterf. CBS News het aanvanklik berig Petty se dood is deur die Los Angeles-polisie (LAPD) bevestig, maar ʼn woordvoerder van die LAPD het ʼn uur later gesê die polisie kan nie Petty se mediese toestand bevestig nie.

CBS News het daarna hul beriggewing aangepas om te sê Petty is steeds in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Los Angeles. Die nuusagentskap het egter ʼn kort ruk gelede van Petty se afsterwe berig na aanleiding van die verklaring deur Dimitriades.

Petty word beskryf as ʼn “outydse rockster” en het sy inspirasie van groepe soos The Byrds en The Beatles gekry. Hy het verskeie klassieke treffers in sy loopbaan vervaardig, onder meer “Free Fallin”, “Refugee” en “American Girl”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Williew ·

“Free Falling”….sal altyd my laat stilstaan en luister…GROOT GROOT treffer gewees,soos al sy ander treffers….”Go Well Tom…you are now at the Great GIG in the sky….will always remember you….
Willie E

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.