Tonge klap oor Trump se jongste uitlating

Donald Trump. Foto: Ricochet

Die Amerikaanse president Donald Trump is bekend vir sy omstrede uitlatings en sy jongste aanmerking dat immigrante van “sh*thole” lande nie in die VSA toegelaat moet word nie, is met gemengde gevoelens ontvang.

DPA berig Trump het die Amerikaanse wetgewer Donderdag geskok met dié uitlating toe daar gepraat is oor die herstel van beskermingsregte vir immigrante van Haiti, El Salvador en Afrikalande. Trump was glo gefrustreerd met die idee dat immigrante van hierdie lande beskerming moet ontvang as deel van ʼn tweeparty-immigrasieooreenkoms.

“Hoekom laat ons al hierdie mense van ‘sh*thole’ lande hierheen kom?” het Trump gesê. Hy het toe voorgestel dat die VSA meer mense toelaat van lande soos Noorweë.

Trump se uitlating het wyd opslae gewek dermate dat ʼn hutsmerk in dié verband Vrydag een van die mees gebruikte hutsmerke op Twitter was. Politici het Trump se uitlating as ras-onsensitief en onkundig bestempel en die president daarvan beskuldig dat hy verdeeldheid aanblaas.

The Guardian berig Cedric Richmond, die voorsitter van die Congressional Black Caucus, het gesê die uitlating is bewys daarvan dat Trump se slagspreuk “Make America Great Again” eintlik net ʼn manier is om te sê “Make America White Again”.

‘n Skermskoot van ‘n twiet deur die wêreldbekende skrywer, Stephen King.

Laurent Lamothe, die voormalige president van Haiti, het gesê Trump se uitlating is “totaal onaanvaarbaar” en toon ʼn vlak van onkunde en ʼn tekort aan respek wat nie in die onlangse geskiedenis al ooit by enige president gesien is nie.

Selfs die wêreldbekende skrywer, Stephen King, het sy stem by ander kritici gevoeg: “Hoekom sal mense van Noorweë hierheen wil immigreer? Hulle het wesenlike gesondheidsorg en ʼn langer lewensverwagting,” het hy op Twitter geskryf.

Daar was egter mense wat Trump se uitlating ondersteun het. Verskeie sosialemediagebruikers het uitgevaar en gesê Trump het bloot “gesê wat almal dink” en dat mense “nie die waarheid wil hoor nie”. Ander gebruikers meen die sogenaamde “sh*thole lande” moet hulle eie probleme uitsorteer eerder as om na die VSA te vlug.

Trump het Maandag die spesiale verblyfstatus van 200 000 Salvadoriaanse burgers teruggetrek wat toegelaat is om in die VSA te woon sedert die 2001-aardbewing. Soortgelyke tydelike beskerming vir mense uit Haiti, Nicaragua en Soedan, almal lande wat in die afgelope dekades onder groot natuurlike rampe of burgeroorloë gebuk gegaan het, het verlede jaar tot ʼn einde gekom.

ʼn Verklaring deur die Withuis het Trump verdedig en gesê die president sal slegs ʼn immigrasiewetsontwerp aanvaar wat sy bekommernisse voldoende in ag neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Eish ·

Die samesweringsteoretici se argumente blyk al meer geloofwaardig met die vreeslike beheptheid met immigrante wie se leiers skouspelagtig faal en dan kom afpak in ander lande. Daar is niks fout met wat Trump sê nie. Dis die waarheid wat lekker diep sny.

JC ·

Pres. Trump= Make America Great Again.

Dit is inderdaad hoogtyd vir ons as Afrikanervolk om ook die verstikkende juk van politiese korrektheid af te werp met die minagting wat dit verdien.

Welgedaan President Trump, welgedaan!

pieterdp ·

Trump eerlik sonder doekies. Vir so n Prisedent sal op staan.

Marius ·

Hoekom sal die mense nou aan gaan oor dit wat die President gese het,dit is die waarheid hulle vernietig hulle eie lande nou moet die eerste wereld lande vir hulle sorg.Hoekom kan hulle nie hulle eie lande self opbou wat hulle afgebreek het.

vd Merwe ·

‘n Man so na my hart.
Suid-Afrika het heelwat om te leer.

trumphero ·

dood reg , hoekom nie…did oor ons mos almal in laat kom het dat ons sit waar ons sit…di sjou kinders se toekom geld en werk wat hulle vat…
een man met n paar balle aan hom …kan hy tog nie maar suid afrika toe kom nie ons kan tans doen met hom…jag alle imegrante terug na hulle eie land …ek stem saam met hom, wie bom amerika sy eie immegrante….so jaag hulle almal weg…don’t spoil your land for forgiveness , or a patt on the shoulder ….dink hy aan sy mense word hy gestenig nee bou daai muur maak Jerusalem hoofstad, en jaag hulle weg….

Niklaas ·

Nou wat nou? Sal dit beter met die wereld gaan indien elkeen in sy land van herkoms bly. Die laaste paar jaar was daar geweldige probleme en sterftes weens immigrasie.

Liewe Heksie ·

‘n Man so na my hart.

Suid Afrika het heelwat te leer . . .

Annie ·

Laat ek ook nou my stuiwer in die armbeurs gooi…… ons sh*thole land is op ‘n laagtepunt, so vir ons kan dit net beter gaan, terwyl die VSA stadig maar seker ook besig is om in ‘n sh*thole te verander. Pasop as jy staan, dat jy nie val nie. Ons weet hoe om hier te oorleef en is dankbaar vir klein dingetjies, maar ten minste is die meeste mense wat ek ken se integriteit en morele waardes nog in plek. Kyk ek na die VSA is daar niks wat hulle het wat ek graag wil hê nie, dankie!!

Sal maar hier op my ou mishopie sit…..

Sannie ·

Annie, jy maak ‘n fout as jy dink dit kan nie slegter as tans in SA gaan nie. Ons gaan nog baie swaar kry. Buckle up, it’s going to be a very bumpy ride!

hendrik ·

Ja Annie, dit gaan sleg in die VSA danksy hul vorige president.As jy hierdie soort stellings wil maak kry gerus jou feite reg. Geniet jou liberale siening solank jy kan.

piper ·

give that man a BELLS. hy id die enigste politikus in die wereld wat eerlik is en het gese wat baie ander sal wil se maar hulle het nie die waagmoed om dit te doen nie. europa gaan nog lang trane huil oor al die ongewensdes wat daarheen stroom.

Lynne ·

Stem 100% saam met jou! Angela Merkel jaag, big~time, aan en die ou Queen gaan nog krokodil trane huil!

Callie ·

Die politiek korrektes hou nie van hom nie. Die man gaan groot word. Hy tree regverdig en in belang van sy mense op. Hopenlik sal hy nog invryp in die belaglike land van ons waar diewe deur die regering gehelp word. Trump is die enigste leier in die wereld vir wie n mens kan respekteer

Mielie ·

Ek is seker daar is mense van kleur in Noorwee. Waarom neem mense aan dit gaan oor kleur. Natuurlik wil hy mense daar he wat n bydrae tot die geheel van Amerika sal maak. Nes SA dit goed gedink het om dokters van Kuba hierna toe te bring. Wat hy van Afrika dink is sy saak nes dit my saak is wat ek van hom en ander dink. Almal kan iets se op sosiale media en almal het hulle eie opinies. Mense intripiteer mos nie altyd dieselfde nie.

Skerpioen ·

Ja nee kruisig hom maar, al wat hy wil doen is om te keer dat Amerika ook in ‘n sh*thole land verander. Dis sy werk … hy pas sy land op. Wens ons land se leiers wil SA ook bietjie oppas!

Ben ·

In Afrikaans het ons altyd gese, ons vat van wie dit kom. As dit ‘n onkudige is dan steur jy jou nie aan sy komentaar nie. As die ou ‘n kenner op sy gebied is, is dit miskien in jou belang om na sy kritiek te luister. Bietjie self ondersoek.
So in hierdie geval is dit die President van een van die magtigste lande in die wereld wat sy kritiek uitspreek. Mmmm. Miskien is dit tyd dat die genoemde lande bietjie self ondersoek doen.

jaco ·

wag net totdat een van hierdie immigrante met “vlugtelingstatus” omdat hy “vervolg” word in sy moederland en geen “menseregte” daar het nie, moeg raak vir die vreemde Amerikaanse kultuur rondom hom en dan met ‘n bom of ‘n masjiengeweer die “reg” soos wat hy dit in sy kultuur verstaan, begin toepas en van dié mense wat Trump nou so kritiseer, onder die slagoffers is…
Ek weet hierdie berig gaan meer oor immigrante uit Afrika en Latyns-Amerika, maar wat ek glad nie verstaan nie, is dat moslems in Amerika gaan bly. Honderde goed wat in hulle lande onaanvaarbaar is en in hulle geloof as sonde beskou word en selfs inderdaad met die dood strafbaar is, is aanvaarbaar in Amerika. Waarom dan verhuis na ‘n land waar die volgende aanvaarbaar is:
eet van varkvleis
gay huwelike
saamwoon en kinders kry buite die huwelik
dobbelary
pornografie
Jode, Christene en atheiste wat prominent in die regering is
en so kan my lys aangaan en aangaan. ek praat nie al daardie “sondes” goed nie. eks net verbaas dat ‘n land wat weet hoe hierdie mense nie daar inpas nie en wat weet hoe hulle bomme plant en links en regs skiet teen al hierdie “sondes”, nog steeds hulle toelaat om daar in te kom.

tamboti ·

Nee ware mensereg en demokrasie is mos om die mense se regte te beskerm wat juis jou regte wil ontneem, vertrap en ondermyn. Dis mooi, hou so aan alle “verligtes” ons konserwatiewe verkramptes is mos dom!!!

Hanna ·

Wat my altyd die meeste opval van hierdie betrokke derdewereld lande, is hul afkeer in alles wat Westers is. Tog is dit juis die westerse lande waarheen hulle eerste vlug… Nee wat, stuur die nikswerd goed terug na hul eie lande. Laat hulle self hul probleme gaan uitsorteer aangesien die Westerse lande tog in elk geval nie tot hul redding mag kom nie. Slaan my stom…

kat ·

Die arm lande het altyd klippe na Amerika te gooi maar aanvaar die geld wat aan hulle uitgedeel word van Amerika.
Mooi Trump!!!
Ek is seker baie ander lande voel ook so maar is of te bang om dit te se of is nog steeds te polities korrek – wat tot hulle val gaan lei.

Willem ·

Hehehe – gaan ky in die Atlas. Julle bly ook in sh*thole land. Wat maak dit van julle?

PJC ·

Baie interressant dat die waarheid so ń geskarrel in die hoenderhok kan afgee. Die beskrywing wat Trump vir hierdie lande gebruik is tog wat almal weet die geval is maar te polities korrek is om te sê. Ek het lank laas iets so gepas gehoor.

Dink tog ·

Jip ons moenie vergeet waar ons voorvaders vandaan kom – almal imigrante. So pasop om so gou saam te stem.

gatiep ·

Mooi Trump se hom soos hy is.
Nou het baie mense seker weer berading nodig na wat hy gese het.

Jacob Britharius ·

Trump is heeltemal reg as hy dalk verwys na Suid Afrika ook. Met almal wat hier toegelaat word van ander lande as sogenaamde “vlugtelinge”, het ons land omtrent ontaard in ‘n misgat.

Paperdoll ·

You go mr Trump. Waarom moet hy gestenig word oor die waarheid. Die Afrika leiers moet begin asnvaar dat hulle hul mense meer onderdruk as wat enige ander land of ras dit ooit sal ksn doen.

Die Kryger ·

Pragtig Trumpie. Ek like jou. Hou daai aasvoëls uit jou land

hendrik ·

Trump is heeltemal reg. Die riool in SA loop in die straat af.

Al ·

Hy het al ñ paar jaar terug gesê SA is ñ groot gemors, ek dink dit was in die tyd toe studente so betoog en afgebrand het of die xenofobiese aanvalle.
Hy is reg met sy siening.
As VSA nie immigrante wil toelaat nie, moet daar eerder gekyk word om leiers van lande vas te vat wie mense se regte vertrap.

Mac ·

Net omdat die man politiese korrektheid by die deur uitgooi en blatant die waarheid praat wil die liberale breintjies nou ontplof….. Doen so voort President Trump, jy het baie mense se steun. Berig eerder oor al die geweld in ons land en los die man uit….

Johan ·

Wens ek kan terugkeer na die land waar my oupa vandaan kom.

Amanda ·

Prez Trump se manet wat almal dink, hy is nie ‘n “career politician” nie en ‘n besigheidsman. As dit nie besigheids sin maak nie, maak dit nie sin nie. Ek stem honderd persent saam die man, soos mens jou hart moet beskerm teen mense wat op jou wil teer, so moet hy sy land se “hart” beskerm teen mense wat op dit wil teer. Mense uit gefaalde lande wil almal sosiaal gaan teer op suksesvolle lande en dra min by. As jy met grade, geld en gesondheid aansoek doen om by ‘n ander land te immigreer en jy is suksesvol, dan verdien jy dit. As jy dit nie het nie, jammer, dis hoe die koekie krummel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.