Toni Morrison oorlede

Toni Morrison. Foto: Timothy Greenfield-Sanders/Magnolia Pictures

Die wêreldbekende en bekroonde Amerikaanse romanskrywer Toni Morrison is Maandagaand in die ouderdom van 88 oorlede.

Morrison het in 1988 die gesogte literêre prys, ʼn Pulitzer, gewen vir haar boek Beloved. Die boek is later in ʼn rolprent verwerk met die gelyknamige titel waarin Oprah Winfrey en Danny Glover gespeel het. Die boek was ʼn topverkoper. The New York Times Book Review het Beloved in 2006 aangewys as die beste werk vir Amerikaanse fiksie wat in die voorafgaande 25 jaar uitgegee is.

Morrison het in 1993 die Nobelprys vir literatuur gewen. Sy is in 2012 ook die presidensiële medalje van vryheid toegeken deur oudpres. Barack Obama.

The Bluest Eye, Morrison se eerste boek, het in 1970 verskyn. Haar laaste boek, God Help the Child, haar 11de roman, is in 2015 uitgegee.

Morrison is op 18 Februarie 1931 in Ohio as Chloe Ardelia Wofford gebore. Sy het aan die Howard Universiteit gestudeer en haar daarna as Engels-onderwyseres bekwaam. Morrison is later as redakteur aangestel by ʼn uitgewer.

Morrison se ander bekende boeke sluit in Song of Solomon en A Mercy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Geletterd ·

Wat ‘n verlies. Haar romans het direk met jou hart gepraat. Ek sal nooit The Bluest Eye vergeet nie. Wat ‘n wonderlike vrou. Die wêreld is armer sonder haar. Rus in vrede, Toni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.