‘Top Gear’-ster sterf op 51

Die Duitse renjaer Sabine Schmitz is in die ouderdom van 51 dood.

Schmitz, bekend as die “koningin van Nürburgring”, is na ʼn lang stryd met kanker dood.

Duitsland se Nürburgring-renbaan het op sy amptelike Twitter-profiel gesê Schmitz was sy bekendste vrouerenjaer. “Sabine Schmitz is heeltemal te vroeg ná ʼn lang siekbed dood. Ons sal haar en haar vrolike geaardheid mis. Rus in vrede, Sabine!”

Schmitz het die Nürburgring-uithouren oor 24 uur twee keer gewen – in 1996 en toe weer in 1997. Sy is die enigste vrou wat dit tot dusver kon regkry. Die berugte Nürburgring Nordschleife word as die uitdagendste renbaan ter wêreld beskou.

Schmitz het verlede jaar bekend gemaak dat sy al sedert 2017 teen ʼn seldsame vorm van kanker veg.

Sy was ook bekend as medewerker op die gewilde motorprogram Top Gear. Sy het in 2016 by die span aangesluit.

Paddy McGuinness, Top Gear-aanbieder, het op Twitter hulde gebring aan Schmitz:

Jeremy Clarkson, ʼn vorige aanbieder van Top Gear, het ook sy medelye betuig:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Josua ·

Wat het van die mooi afrikaanse woorde soos bv OORLEDE, AFGESTERF, BESWYK, LEWE VERLOOR ens geword, die mense het so vasgevang geraak in sensasie skrywe dat respek by die agterdeur uit is, ek glo dat die skrywer van die artikel ook geen bybedoelings gehad het nie en ek wil nie die persoon sleg maak nie maar dit het so n gewoonte in ons sosiale media en nuus skrywe geword dat mense geen respek of gevoel meer teenoor mekaar toon ongeag of jy die persoon geken het of nie hy of sy is “dood so what” Ons het sulke wonderlike skrywers en journaliste wat sulke mooi bewoording kan gebruik om n artikel oor te dra sodat wanneer jy dit lees dadelik die familie en vriende se pyn en verlies voel soos in die geval, dit gaan nie net oor die artikel nie maar in die algemeen. Lees die eerste twee paragrawe van die artikel weer maar gebruik die word oorlede en besluit dan self! As die woord dood gebruik moet word gebruik dit dan as volg, ‘n inbreker is dood nadat die polisie op hom losgebrand het.

Wielspore ·

Sy was ‘n uitblinker en ‘n ware petrol kop as dit by motors en motorsport kom. My mond het menig male oopgehang as ek sien hoe knyp sy ‘n motor om maksimum werk verrigtinge uit hom te haal. Ek sal haar onthou as uitsonderlik, vriendelik, humoristies en een wat weet hoe om ‘n geleentheid aan te gryp.

Chantel ·

So hartseer.
Wonder ek nou so by myself, was sy nie dalk “The Stick” nie, as ek na haar liggaamsbou kyk en dit van The Stick, vereenselwig ek hullle. Net my opinie.

Barend ·

Sy het ook met ‘n paneelwa die ander privaat motors op die Nürburgring ore aangesit. RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.