Top- Russiese generaal vervang te midde van referendums

‘n Bord lees “Ons is met Rusland, een nasie”. (Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Rusland het Saterdag sy top- logistieke generaal uit sy amp verwyder ná ʼn reeks terugslae in die oorlog met Oekraïne.

Dit kom te midde van die oostelike en suidelike dele van Oekraïne wat hul tweede stemdag in die stryd vir die land afgehandel het. Anneksasie-referendums is vandeesweek aangekondig om te bepaal of dele van Oekraïne deel van Rusland moet word.

Die skielike ommeswaai in die militêre topbestuur is ook ʼn gevolg van pres. Wladimir Poetin se groot mobiliseringsveldtog. Rusland se inval in Oekraïne het wydverspreide logistieke probleme blootgelê en sedertdien het die Oekraïense weermag al hoe meer grondgebied begin wen. Ontleders meen dat logistiek die swak skakel in Moskou se weermag is.

“Genl. Dmitri Boelgakov is uit sy amp as adjunkminister van verdediging verwyder en sal deur kol.genl. Mikhail Mizintev (60) vervang word,” het dié land se ministerie van verdediging aangekondig.

Rusland se mobiliseringsveldtog, wat Woensdag aangekondig is, sal een van sy eerste groot logistieke uitdagings wees, aangesien honderde duisende reserviste wat opgeroep word nog toegerus en opgelei moet word voor ontplooiing.

Stemming het Vrydag begin. (Foto: Stringer/AFP)

Boonop het die stemming oor die vraag of Rusland vier streke van Oekraïne moet annekseer Vrydag begin.

Oekraïne en die Weste het reeds dié referendums veroordeel en dit as ʼn klug afgemaak.

Desnieteenstaande vind die stemming in die Russies-beheerde gebiede van Donetsk en Lugansk in die ooste, en Cherson en Zaporizhzhia in die suide plaas.

Russiese owerhede gaan vir die volgende vier dae van deur tot deur om stemme in te samel. Stemlokale maak ook Dinsdag vir inwoners oop. Dit sal dan die laaste dag wees om te stem en die uitslae van die referendum word vroeg Woensdag verwag.

“Dinge beweeg al hoe meer daarna om die Sowjetunie te herstel. Die referendum is een van die stappe in daardie rigting,” het ʼn militêre amptenaar aan AFP gesê.

Die vier streke se integrasie by Rusland sal die konflik tussen dié land en Oekraïne laat eskaleer, aangesien Moskou enige militêre aksie daarteen as ʼn aanval op sy eie grondgebied sal beskou.

Oekraïense magte werk nietemin onverpoos om hierdie grondgebied terug te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries ·

“In a place that’s been bombed, shelled, where your neighbours have have been killed, disappeared, tortured, and a so-called Russian occupation election official shows up with a soldier with a Kalashnikov and tells you to fill out a ballot and vote, how would you vote? You would vote to save your life.”

Thom ·

@Dries __ dit is nie wat die Poetin-speen-suiers wil hoor nie en sal dit afmaak as propanda van die HSM . Gelukkig kry die Russe pak in Ukraïene en het President Biden die vark en sy aanhangers duidelik laat verstaan dat sy kernwapen-dreigemente hom nie aanstaan nie.
Poetin het alles verloor maar dit is jammer dat onskuldige Russe met hulle lewens betaal vir sy pogings om sy totalitêre staat ver buite hulle grense uit te brei .
Kern-oorlog ? Laat dit so wees as dit die prys van vryheid sonder Poetin gaan wees .

Thom ·

Die weste verenig in net n paar maande en vir Poetin ore aangesit .

Marthinus W ·

Zelenski het al sy oppossiepartye onwettig verklaar; die oppossisieleier, Wiktor Medwedtsjoek is die afgelope paar dae saam met krygsgevangenes uitgeruil. Julle wil nie erken dat Zelenski n diktator is, en dat Brussel ook soontoe neig nie. Kyk wat het Von der leyen nou die dag vir Italie gese: as julle stem vir n verregse politikus, sal ons die “tools” gebruik om julle te straf. In New York het Sergei Lawrof gister duidelik gese: Rusland en China en hulle bondgenote is besig om n nuwe wereldorde te skep.

andre ·

Die gedeeltes waar die verkiesings gehou word se inwoners is hoofsaaklik Russies sprekend.Zelensky wil skole en ander tersiere inrigtings nou verbied om kinders in hul huistaal te onderrrig.Onder sy beheer word die mense vir jare al onderdruk en vermoor.Die media waghond was natuurlik. tjoepstil.Rusland se inval het 4 duidelike gevolge tot .EU word deur die VSA gelei.VSA onttrek katastrofies uit Afghanistan .Corona pandemie verloor momentum en die Oekraiene verander van die 2de meeste korrupte land in Europa na n bastion van Demokrasie.

Thom ·

20 % Van die inwoners van daardie gebiede is slegs Russies-sprekend.
Ons het vriende in Donetsk ___ die Poetin-propaganda oor die sg moord op daardie mense is n infame leuen __ Poetin werk al sedert 2004 aan die herstel van die USSR .

andre ·

Ek hoop jou vriende ken vir Anatoly Matios ,voormalige Hoof Millitere Aanklaer van Oekraine .Hulle kan by hom gaan verneem van die optredes van die Neo-Nazi Miliitere groep Tornado teenoor Russiese inwoners. Anatoly het gelukkig tot bekering gekom

Marthinus W ·

Die mense in die streek het uit hul eie aangedring op n referendum. [referendum is n demokratiese beginsel, waarom is almal so gekant daarteen? Veral die wat hulself demokrate noem. Hulle het sedert 2014 reeds 14 000 siele verloor, terwyl die media tjoepstil is.]

In n onderhoud op 14 Sept, het n oud-Amerikaanse soldaat gese dat Poetin se 200 000 soldate in Oekraine te min is, hy sal moet ekstra troepe inbring, want: die hele Oekrainese leer is toegerus met Navo-toersuting. Stoltenburg het die afgelope week erken dis n proxy oorlog van Navo teen Rusland.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Zelenski nie die job kan doen nie sal Amerika hom vervang met ‘n nuwe puppet. Hy is vervangbaar.

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg. Net wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Poetin kan minderhede in die Wes Kaap se bondgenoot word. Die ANC sal na hom luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.