Topafrigter: ‘Novak so eg as wat kan kom’

Novak Djokovic. Foto: Glyn Kirk/AFP.

Patrick Mouratoglou, die bekende tennisafrigter en -kommentator, het sy raket ter verdediging van Novak Djokovic geswaai.

Die 34-jarige Serwiër was die afgelope ruk in die spervuur oor sy inentingstatus, sy deportasie uit Australië en sy nederlaag in die kwarteindstryd van die Dubai-ope.

“Daar is baie mense wat meen dat Novak Djokovic nie ’n outentieke persoon is nie; dat hy net speel om geliefd te voel. Ek glo egter dat hierdie opvatting glad nie die waarheid is nie,” het Mouratoglou in ’n video op sosiale media gesê.

Volgens die 51-jarige Fransman is Djokovic die enigste toptennisspeler wat weier dat ’n foto van hom op die omslag van ’n videospeletjie gebruik word.

Waarom?

Want hy glo dat dit nie goed vir kinders is om heeldag voor die televisie te sit en speletjies te speel nie.

Dan meen Mouratoglou dat die Serwiese ster baie maklik die inenting-omstredenheid kon omseil het as hy net ’n plaaslike dokter genader het om te bevestig dat hy teen Covid-19 ingeënt is. Met sy status en aansien sou hy dit waarskynlik sonder veel moeite reggekry het.

Sodoende kon Djokovic in elke toernooi gespeel het en nóg ’n rits Grand Slam-titels sou heel waarskynlik in sy vertoonkas gepryk het.

“Hy het egter geweier om by enige verneukery betrokke te raak en hy staan pa vir sy eie besluite en keuses. Dit is ’n baie sterk boodskap van iemand wat getrou aan sy waardes en oortuigings bly; ’n outentieke persoon.”

Volgens Mouratoglou het Djokovic homself al vantevore in die voet geskiet. Soms is onder meer sy kommunikasie nie van die beste nie.

“Maar dade tel egter soveel meer as net woorde. Baie mense kan uitstekend voorgee en maak of hulle outentiek is, maar uiteindelik is dade al wat tel.”

Johann Konta (die voormalige Britse no. 1-speler) het ook al vantevore vir Djokovic in die bres getree.

“Hy is iemand wat vrygewig is met sy tyd en geld, terwyl hy ook graag help waar hy kan,” het Konta gesê.

Is Novak Djokovic Authentic?

Some people say Novak isn’t authentic. I believe the opposite, and here’s why ????

Posted by Patrick Mouratoglou on Thursday, March 3, 2022

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

George ·

Behalwe toe hy wou lieg en bedrieg om die land in te kom. Hy is n actor voor kameras.

Anna-Marie ·

Sy admin beampte het ‘n fout gemaak. Hy het om verskoning gevra en die Australiese minister het ook gesê dat dit as ‘n fout aanvaar is en nie die rede vir sy deportasie was nie. Hulle was bang dat sy teenwoordigheid die 10% Australiërs wat nie wil inent nie sal aanmoedig en dat dit sal lei tot onrus in die gebied.

Nico ·

‘n Voorbeeld van integriteit. Wens hy was ‘n President van VSA,NAVO,Ukraine of Rusland.

Jacobus ·

Snaaks dat so ‘n positiewe berig by die oë van kanselleer bende verby glip. Dankie MM.

Delia ·

Word daar dan geinsinueer dat sommige dokters oneties en oneerlik is. En dat inentingssertifikate gekoop kan word?

Fritz ·

Alle tipes dokumente kan gekoop word. In alle lande. Dis tog logies. Dalk net makliker en goedkoper in sommige lande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.