Tornado’s eis minstens 35 in VSA

tornadoskadeDie dodetal as gevolg van verwoestende tornado’s wat verskillende state van die VSA getref het, het tot minstens 35 gestyg.

Hoewel nog tornadowaarskuwings uitgereik word, blyk dit dat die tornado’s van Dinsdag af minder kragtig was as die voorafgaande twee dae.

Sterftes is in Arkansas, Iowa, Oklahoma, Mississippi, Alabama en Tennessee aangemeld. Enorme skade is aangerig.

Bron: Trouw

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae