Tornado’s in VSA: Dodetal styg steeds; nóg waarskuwings uitgereik

tornado arkansasMinstens 24 mense het omgekom in die tornado’s wat die afgelope naweek oor verskeie deelstate in die VSA getrek het.

Enorme skade is aangerig, en beeldmateriaal van verwoeste huise en motors word die wêreld ingestuur. Maandag het altesaam 12 verwoestende tornado’s oor die staat Mississippi getrek.

Van die state wat Maandag die ergste deurgeloop het is Mississippi, Alabama, Tennessee en Louisiana. Waarskuwings is ook vir Georgia en Alabama uitgereik, terwyl Oklahoma en Arkansas Sondag deurgeloop het en minstens twaalf slagoffers geëis het.

Die tornado’s word veroorsaak deur ‘n sogenaamde stormfront wat nou al dae lank oor die VSA beweeg.

Meer kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.