Totsiens, BlackBerry-slimfoon

Foto: Pixabay, Unsplash

Foto: Pixabay, Unsplash

BlackBerry het Woensdag aangekondig dat hy ná 14 jaar nie meer slimfone gaan vervaardig nie.

Die Kanadese maatskappy het gesê hy gaan voortaan daarop fokus om sagteware te vervaardig en gaan die vervaardiging van hardeware na ander maatskappye uitkontrakteer.

John Chen, BlackBerry se uitvoerende hoof, het gesê dié besluit volg op die maatskappy se sogenaamde Q2 2017-verslag.

Dié verslag het daarop gedui dat die vervaardiger verliese van minstens $372 miljoen (ongeveer R5 miljard) in die vorige kwartaal gely het.

Chen het onder meer gesê die vervaardiger het dermate gesukkel om te mee te ding met teëstanders soos Apple en Samsung.

“Ons gaan voortaan fokus op die ontwikkeling van sagteware, wat sekuriteit en programme insluit. Die maatskappy beplan om alle interne hardeware-ontwikkeling uit te kontrakteer. Dit gaan ons in staat stel om kapitaalvereistes te verminder en die opbrengs op kapitaal te verhoog,” het hy gesê.

Hy het vroeër vanjaar gesê die maatskappy sal teen September weet of die verlies van sy vervaardiging van slimfone na ʼn profyt omgeswaai kan word. Dit het egter nie gebeur nie.

Die finansiële maatskappy CMC Markets het gesê dié aankondiging is die einde van ʼn era vir dié slimfoon wat eens op ʼn tyd gebruikers se eerste keuse was.

“In 2013 het BlackBerry meer as 85 miljoen gebruikers gehad, maar dié getal gebruikers het tot 23 miljoen gedaal in Maart vanjaar,” het hy gesê.

BlackBerry het ook aangekondig dat sy finansiële hoof, James Yersh, einde Oktober die maatskappy gaan verlaat. Hy sal vervang word deur Steven Capelli, voormalige uitvoerende hoof van Sybass.

Bron: The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Paul ·

“Kontrakteur” is ‘n naamwoord. Die werkwoord, wat die vertaler hier soek, is “kontrakteer”.

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul

Dit was inderdaad ‘n oorsig. Dankie dat jy ons daarop gewys het, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

TvA ·

Die Afrkaanse vertaling vir “5 billion” is “5 miljard”. 5 biljoen is ‘n heeltemal ander bedrag.

Tinktinkie ·

TvA….ekt nie geweet nie. Sal jy asb meer verduidelik. Dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê TvA

Ons vra ook om verskoning vir dié flater wat die teksversorger nie raakgesien het nie. Die oorspronklike bedrag was $372 miljoen, dus ongeveer R5 miljard. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Tinktinkie

‘n “Billion” is ‘n “miljard” in Afrikaans en “trillion” is “biljoen” in Afrikaans.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Dit is baie interessant TvA en Suné.
Dit lei natuurlik na die vraag of daar in Afrikaans ‘n getal soos triljoen bestaan en hoeveel nulle (18?).

Francois le Cochon ·

Hierdie Afrikaans en Engelse name is nogal verwarrend.
Min mense besef hoeveel ‘n biljoen (trillion) is. As Amerika sit met $21 biljoen Dollar skuld, hoeveel is dit. Om dit in perspektief te stel, een biljoen sekondes is gelykstaande aan 30 000 jaar !

JP ·

‘n Goeie voorbeeld van swak besigheid besluite. BlackBerry is gekelder die dag toe hulle BIS begin uitfaseer het

jennefer ·

Nico , dis is Blackberry Internet service. Ek gaan my BB einde van jaar maar moet weggooi, want dan is Whats up nie meer verkrygbaar . My foon is 4jaar en manlief s’n 6jaar oud, ek dink nie daar is n beter foon op die mark nie., dan praat ons nie van die internet vir R60pm!

Kaufman ·

Klipkouers, gee bietjie vir ons n analise waarom julle dink blackberry geval het en waarom appel so goed doen.

Connie Georgiou ·

@ Jennifer jy hoef nie jou Blackberry weg te gooi nie. Laai af WE CHAT op jou blackberry en very detailed WhatsApp WE CHAT is ook vernier. Hoop dit help

Connie Georgiou ·

JAMMER OOR SPELLING FOUTE . LAAI AF WE CHAT EN VERY DERBYSHIRE WHATSAPP. WE CHAT IS OOK VERNIER HOOP DIT HELP! !!!

lorinda ·

Blackberry is die beste foon ooit,jy betaal R60 per maand en jys 24/7 op die internet,ekt gewoonlik soos R100 se airtime gebruik per maand met ander foone. Ek weet nie wats so wonderlik van n samsung,ipad ens.

lorinda ·

Meeste mense om my het samsung foone en jy hoor gereeld dat hul foon in gestuur is om reg te maak of die screen het gekraak,my blackberry het al so baie geval,sy screen is nog baie mooi en hy werk 100%.

Binx ·

Beste nuus ooit. Verskeie blackberries gehad en elkeen het eindlose probleme gegee. Dis meer crackberry as blackberry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.