Tour de France-ongeluk: Klag teen vrou laat vaar

(Foto: Anne-Christine POUJOULAT/various sources/AFP)

Die direkteur van die Tour de France, Christian Prudhomme, het Donderdag bevestig dat die organisasie sy regstappe teen die toeskouer wat ʼn opeenhoping op die eerste dag van dié wedren veroorsaak het, laat vaar het.

Maroela Media het vroeër berig die vrou is Woensdag by ʼn polisiestasie in Landerneau in Brittany in hegtensi geneem waar die eerste skof Saterdag afgehandel is. Sy is steeds in aanhouding.

“Die voorval is heeltemal uit verband geruk,” het Prudhomme Donderdag aan AFP gesê. “Ons wil dinge laat kalmeer nou dat die boodskap gestuur is dat toeskouers langs die pad baie versigtig moet wees.”

Die ongeluk het tussen Brest en Landerneau gebeur toe die vrou, met haar rug na die fietsryers gekeer en met haar gesig na die kameras, ʼn plakkaat opgehou het wat lui: “Allez Opi-Omi”, wat as “Sterkte ouma en oupa” vertaal kan word.

Die Duitse fietsryer, Tony Martin, aan die kant van ʼn groep fietsryers wat baie naby aan mekaar gery het, het die plakkaat getref en geval. Talle fietsryers agter hom het ook geval.

Die wedren is vir sowat vyf minute opgehou om die fietse uit mekaar te haal.

Die vrou het ná die chaos in die skare verdwyn, met die plakkaat onder haar arm ingevou.

Jumbo se Duitse ses keer Tour de France-skofwenner Tony Martin het vroeër versoek dat sy swaar gestraf sal word sodat die publiek geskok kan word tot nakoming. “Haar brein was nie aangeskakel toe die ongeluk gebeur het nie, maar dit is nie ʼn verskoning vir dit wat gevolg het nie,” het die 36-jarige van Cottbus gesê ná Woensdag se individuele tydrenne. “Sy het versuim om op die toneel te bly en ons op te help en sy het nie haarself by die polisie aangemeld of ʼn verskoning aangebied nie,” het hy aan die Duitse dagblad Bild gesê. “Ek hoop sy word swaar gestraf sodat almal geskok kan word wat soos sy dink by ʼn professionele fietswedren. Hulle moet dink aan hoe hulle optree.”

Martin is nog steeds deel van die Tour de France, maar Spanje se Marc Soler moes onttrek ná die ongeluk. Hy het frakture in albei sy hande opgedoen. Soler het Woensdag aan Spanje se La Vangyardia gesê hy is van voornemens om ʼn amptelike klag aanhangig te maak oor die vrou. “Mense kom na die wedren toe en jaag nonsens aan en dan gaan hulle uiteindelik huis toe sonder enige probleme, maar ons fietsryers betaal met ons liggame,” het hy gesê.

Die adjunkdirekteur van die wedren, Pierre-Yves Thouault, het ná Saterdag se ongeluk aan AFP gesê die organiseerders is van voornemens om die oortreder te dagvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Moedeloos ·

Ek verstaan nie – die voorval is heeltemal uitverband geruk??? Wat is die rede dan?

Barend ·

Dan sou hulle die dogtertjie wat ‘n paar jaar terug haar sak geswaai het ook moes hof toe vat. Toe het ‘n klomp ryers ook geval en deur die veld gery. Toeskouers op die Franse Toer word geweldig meegevoer en dan gaan staan hulle breine. Aksie en gevolge raak weg as die mens in opgewondenheid meegesleur word.

Die Boerepompie ·

Hulle weet mos nou al vir jare die mense staan in pad hoekom doen hulle nie iets voor so iets gebeer nie

Werner ·

Daar is net 2 stelle reels vir die paaie een is vir taxis en die ander fietsryers altwee Ry ewe onvrantwoordelik dink die pad behoort aan hulle

Grens ·

Ag tog Werner, dit was ‘n wedren. Haal diep asem en onstpan die kuite.

ES ·

Oeps, verkeerde plek op die verkeerde tyd – maar as ek sy was sou ek die mense gehelp het wat seergekry het en nie soos ‘n skurk verwyn en maak of niks gebeur het nie…. dit gaan maar oor integriteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.