Toyota herroep miljoene voertuie oor lugsakke

Argieffoto

Toyota het Woensdag gesê sowat 3,4 miljoen voertuie gaan wêreldwyd herroep word weens ʼn fout met die lugsakke in van sy modelle.

Byna 2,9 miljoen voertuie, wat onder meer die Corolla-, Corolla Matrix-, Avalon- en die Avalon HV-modelle insluit, is in Noord-, Sentraal- en Suid-Amerika herroep. Geen voertuie in Japan of Europa word geraak nie.

Toyota sê die fout met die lugsakke het te doen met die voertuie se elektroniese beheereenheid wat nie voldoende beskerming teen ’n sekere “elektriese geraas” bied nie. Dit kan veroorsaak dat die lugsakke nie volledig ontplooi nie. Die fout kan ook die werking van veiligheidsgordels belemmer deurdat die gordels verslap en insittendes in die geval van ʼn ongeluk nie heeltemal beskerm nie.

Toyota beoog om ʼn onderdeel te installeer om die fout so gou as moontlik te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Vraagteken ·

Herroeping van voertuie is normaal. Hoekom as groot vervaardigers dit doen dan hoor ons dit, maar as klein vervaardigers dit doen dan hoor ons niks daarvan nie?

Ryn ·

Dis ongerief so iemand moet in die bek geruk word dan sal daar minder foute wees en meer toetse die voertuie is nie meer goedkoop.. so n stel nuwe bande for free of n bullbar vir my moeite sal nice wees lol

Jim ·

Nee hel Ryn, hoe dink jy gaan een van die modelle wat genoem word nou met n bullbar lyk?

Lolla ·

Onderhou jou voertuig self dis nie hulle werk om dit te doen nie.

Siener ·

Hoekom warry Toyota nou? Gewoonlik as hulle rol dan werk die airbags in elkgeval nie.

Mieke ·

Presies. Dié wat hulle nou als wil regmaak! Wees bly Toyota doen iets daaraan.

Vraagteken ·

Dis nie asof jou Ford beter is nie. Toyota roep ten minste hulle voertuie terug terwyl Ford nie dieselfde kan sê nie (ons almal weet waarvan ek praat).

Liewer nie ·

Alles loop reg, altyd reg, Toyota…
Ek loop weg, ver weg van Toyota…

Cherokee ·

Probeer finansiering bekom by ‘n bekende bank. Voorwaardes is redelik.

Oom Kaspaas ·

Ek twyfel of feite soos hierdie Toyota aanhangers sal stuit. “Maar dis ‘n Toyota”, sal die antwoord wees, of die voertuie nou geheroep word by die miljoene agv lugsakke en of jou Prado maand na ernstige probleme gee (verskeie persoonlike getuienisse).

HPV ·

Kan maar net hoop Ford lees, kyk en leer by Toyota. Ek moes maar foute op my bakkie, vir my rekening, laat herstel.

Lolla ·

Het Ford dan nie ‘n waarborg op hulle voertuig nie of het jy nie ‘n extended waarborg gevat nie.

marius ·

die sitplekgordel moet vas wees voor ‘n lugsak sal ontplooi. Dis ‘n veiligheidsmaatreël in enige voertuig.

Stof ·

Twee onafhanklike megniese stelsels so presies in sincronisasie? Mmmmmm…

piet ·

en die fords brand by die hope uit, maar ford ontken die probleem…

Siener ·

En toyota wat wereldwyd rol en op hulle rug lê en tan maak mense dood , maar toyota onken dit. Die feit bly toyota is ‘n onveilige voertuig waarin my huisgesin nie in sal ry nie.

Vraagteken ·

@Siener, lykmy jy vergeet van al die ratkas probleme en die aanjaers wat lekker op die Ford’s opgepak het?

Siener ·

Nee Vraagteken, Ek het my toyota verkoop agv ratkas probleme (meer lekke) en toe is hy uit waarborg. Die kanse was net te groot vir nog probleme. Dit alles komend van ‘n ou toyota man wat ook in die produk geglo het. NB–Alle fabrikate herroep voertuie oor airbag, dis nie net Toyota nie. Die vervaardiger maak vir almal dieselfde airbag. Oral is airbag recalls al die laaste paar jare.

Tong in die kies ·

@piet – Dis Ford se ingeboude manier om van inkriminerende getuienis ontslae te raak.

Vraagteken ·

Okay Siener – jy glo wat jy wil glo en ek sal glo wat ek wil glo.

Vraagteken ·

@Riaan, almal wil dit weet. Lykmy die doel van die artiekel is net om ‘n groot maatskappy se naam deur die modder te sleep sonder om al die feite te gee.

Siener ·

@Vraagteken. Nee my vriend dis om mense in te lig om seker te maak hulle airbag is reg sou hulle in ‘n ongeluk kom. Dit gaan oor lewensverlies wat voorkom kon word. Hou op om vir skerm vir Toyota—Hulle breek net so baie indien nie meer as ander make nie en hulle het ook probleme.

Noupraatjy ·

@Siener. Dis 9 uit die tien keer die bestuurder se skuld dat hulle op hul rug le en tan; NIKS met Toyota te doen nie. Jou bevooroordeeltheid teen Toyota is duidelik sigbaar in jou stelling. Ek ry al vir jaaaare Toyota (Prado, Fortuner & RAV) en as ek op my rug will gaan le en tan dan gaan ek strand toe met my Toyota, parkeer haar netjies “on” of “off-road” op al 4 wiele en gaan tan ontspanne op my eie op die strand.

Siener ·

Dis was op “Piet” se responce gemik wat huil oor Ford op ‘n toyota berig. Jy noem 9 uit 10 dis die bestuurders se skuld dat toyota rol. Met daai stelling wil jy erken toyota bestuurders is swak bestuurders want ander make het nie ‘n reputasie van rol nie.

Mieke ·

Noupraatjy. Presies so. Nóu praat jy! Definitief die bestuurder se probleem as hy die onderkant van sy Toyota wil adverteer!

Judge Dredd ·

So dis waarom die Toyota manne so stadig om ‘n draai ry.

Leon ·

“Gaap”…………………….. laat ek vir my nog springmielies en koeldrank gaan kry, want hier kom ‘n lang storie :-)

JohanR ·

Het nie geweet daar is lugsakke in Toyota’s nie? As die soe is, is hulle die laaste van al die motor vervardigers wat lugsakke aangebring het. Wonder hoeveel mense is dood terwyl Toyota soe bietjie geld gespaar het om nie lugsakke aan te bring nie, nadat al die ander motor vervaardigers dit al lankal aangebring het.

Karel ·

Johan, my Landcruiser bakkie het nie lugsakke nie, en dis iets wat my glad nie pla nie. Inteendeel, ek verkies dit so. Ook geen elektriese vensters of ingeboude navigasiestelsel nie. Hoe meer basies n voertuig, hoe beter volgens my.

Siener ·

@Karel. Toyota manne is maar aan min gewoond. Tot die klein motors soos I10 of sparkys het airbags. En raai wat baie meer as een. Dis hoekom toyota verpriced is.

Wielspore ·

Toyota is recalling nearly 2.9 million vehicles for a defect impacting air bags and seat belts. The recall covers certain versions of the 2011-2019 Corolla, 2011-2013 Matrix, 2012-2018 Avalon and 2013-2018 Avalon Hybrid

Vraagteken ·

Wasn’t the same airbags used in different manufactured vehicle? If I’m not mistaken, Nissan and Mazda also recalled vehicles with the purpose of replacing the airbags. So why is only Toyota’s name being mentioned?

Koos Nel ·

Nissan NP200 en NP300 kom nie eers uit met lugsakke nie…waaroor huil julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.