Toys R Us, die bekende speelgoedhandelaar, het aangekondig dat hy vir bankrotskapbeskerming aansoek gedoen het, terwyl normale bedrywighede van dié groep voortduur.
Die maatskappy, gebaseer in Wayne, New Jersey, het Maandag aangekondig hy is vrywillig besig om aansoek te doen in ʼn Amerikaanse bankrotskaphof en dat sy Kanadese filiaal dieselfde sal doen in daardie land.
Toys R Us het gesê die proses sal die maatskappy help om sy agterstallige skuld te herstruktureer en langtermyngroei te organiseer. Die maatskappy het aangedui dat sy afsonderlike bedrywighede buite Amerika en Kanada, insluitend meer as 250 gelisensieerde winkels en ʼn gesamentlike vennootskap in Asië, word nie by die aansoek ingesluit nie.
Die maatskappy se skulde beloop nagenoeg $5 miljard (R66,5 miljard).
Toys R Us het aangedui hy is onder druk weens talle klante wat eerder hul speelgoed aanlyn aanskaf.
Die maatskappy het 1 600 winkels oor die wêreld heen waarvan 53 takke in Suid-Afrika gebaseer is. Die takke bly oop en werk steeds met vervaardigers saam om speelgoed en speletjies te verkoop.
Hulle speel seker..
Met hulle mal pryse is dit geen skok dat mense eerder elders gaan koop.
Dit is gun wonder, hulle speelgoed is so duur en kinders speel nie meer met speelgoed nie, sit liewers voor die rekenaar of TV.
Hulle speelgoed is te duur
Ek koop al lank nie meer my videospeletjie’s daar nie ek koop als nou aanlyn Toys R US is meer as honderd rand duurder of partykeer tweehonderd rand duurder koop my goed op takealot hulle het partykeer baie uitverkoopings
Besighede is welvaartskepping deur mense in diens te neem, salarisse en belasting te betaal. Die ekonomie kan nie bekostig om een te verloor nie. Sterkte aan Toys R Us!