Tragedie gevrees oor Kariba-damwal

Kariba-dam van Zimbabwe gesien (Foto: Benbbb (Ben Bird) via Wikimedia Commons

Kariba-dam van Zimbabwe gesien (Foto: Benbbb (Ben Bird) via Wikimedia Commons

In die lig van die komende reënseisoen vrees miljoene Mosambiekers dat die verouderde Kariba-damwal moontlik kan meegee.

Indien dié dekades oue damwal meegee, sal miljarde ton water oor weerlose gemeenskappe stroom.

Die reusagtige struktuur, 128 meter hoog en 579 meter breed, is ʼn sleutelkenmerk in die wêreld se grootste mensgemaakte meer en wateropgaartenk en is al meer as 50 jaar in bedryf.

Die verloop van tyd het egter sy tol geëis en die betonmure swel weens stadige chemiese reaksies wat die deurgang van water deur die sluise belemmer.

Waarskuwings is al uitgereik dat versuim om die damwal te rehabiliteer, kan moontlik die lewens van ongeveer 3.5 miljoen mense bedreig in die twee lande waar die dam geleë is – Zimbabwe en Zambië, asook Malawi en Mosambiek wat verder stroomaf geleë is.

Die verlies aan die sleutelbron van elektrisiteit vir Zambië en Zimbabwe is gering indien die moontlike verlies aan lewens in ag geneem word. Wilde diere en plantegroei kan ook moontlik verwoes word.

Die risiko is egter die grootste vir Mosambiek, wat reeds een van die lande is wat die meeste vloede op die Afrika-kontinent beleef.

“Wanneer ons nuus hoor oor hierdie dreigende tragedie, kan ons nie slaap nie,” het Maria Manjate, ʼn inwoner in Tete in Mosambiek, gesê. “Ons vrese is geregverdig, want die water sal ons almal hier kom uitvee. Ons doen ʼn dringende beroep op die Mosambiekse regering om met hul eweknieë in Zimbabwe en Zambië te vergader om die dreigende katastrofe op te los of te verhoed.” Sy is ʼn ma met drie kinders.

ʼn Plaaslike boer, Shalate Macchave, is net so bekommerd. “Die gedagte daaraan om te verdrink is vreesaanjaend. Ek smeek die betrokke lande om so gou as moontlik op te tree,” het sy gesê.

Munyaradzi Munodawafa, woordvoerder vir die Zambezi-rivierowerheid, wat die fasiliteit bestuur, het gesê Zambië en Zimbabwe het reeds ongeveer US$294.2 miljoen van die vereiste $300 miljoen van internasionale beleggers ontvang om die krake en gebreke reg te maak. “Ons begryp die dringendheid van die situasie. Die werk sal binnekort begin, hopelik in Januarie 2016,” het Munodawafa in ʼn telefoniese onderhoud uit Zambië gesê.

Die vrees bestaan egter dat dit te laat kan wees.

“Die reënseisoen is op ons en dit is nie prakties om die rehabilitasie tydens die reënseisoen aan te pak nie,” het Sofia Pelembe, ʼn sosio-ekonomiese kommentator wat in Beira gebaseer is, gesê. Pelembe skets ʼn gruwelike prentjie indien só ramp sou plaasvind. “Indien die damwal meegee, sal ʼn tsunami water deur die Zambesi-vallei stroom en die Mosambiekse grens binne ʼn paar uur bereik. Daar sal dit oor die Cahora Bassa-damwal stroom,” het sy gesê.

Kariba-dam is ongeveer 1 300 km stroomop van die Indiese Oseaan, op die grens tussen Zambië en Zimbabwe.

Koningin Elizabeth II het die dam in 1959 oopgemaak toe die eerste elektriese kragopwekkers aangeskakel is. Die dam is tussen 1956 en 1960 opgerig om die grootste mensgemaakte meer in die wêreld te skep.

Stygende watervlakke in 2010 het daartoe gelei dat die sluise oopgemaak is en meer as 130 000 mense moes ontruim word.

Ingenieurs het al verlede jaar tydens ʼn konferensie gewaarsku dat die fondasies van die dam verswak het en dat die moontlikheid bestaan dat die dam kan meegee, tensy herstelwerk gedoen word.

– ANA-CAJ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gideon ·

Ek glo voor volgende jaar, gaan hulle meer geld moet bedel want die wat gevra is, gaan seker hulle weg vind na Mugabe se koffers!!

Johan ·

Gideon, ek is oortuig dat hulle gaan wag tot hy breek want onderhoud aan enige struktuur val buite die verwysingsraamwerk van ons vriende op die kontinent. Eish.

Johan 2 ·

100% net soos jy sê Johan,…dis tragies ek wou hom graag nog gaan besigtig he.

Drieks ·

Wat is fout met Mugabe en Zuma. Hoe kan hul Afrika tyd gebruik vir alles.?

derek ·

Ek ken die ingenieurs wat werk op die projek. Hulle het werk gestop op die projek want zimbabwe skuld hulle al R15 miljoen. ! Die geld is betaal aan zim maar obviously gaan daai moegaap die geld steel.

Jakes ·

Die storie doen al vir n paar jaar die rondte. Die is n perfekte voorbeeld waar n tikkie waarheid met n goeie skoot fiksie opgeblaas word na n verhaal van epidermiese proporsies.

Van die weergawes beweer die golf van so dambreuk sal Lusaka verswelg. Die is meer as 400m hoër as die dam geleë.

Binne n paar uur! Asb.

Daar is erosie aan die plonspoel en dit is in proses om aangespreek te word. Die rame om die uitlaatsluise is geroes en dit veroorsaak krake in sekondêre beton.

Kort is: Ja daar is wel skade en moet herstel word maar die storie word opgeblaas vir sensasie

Koos Visagie ·

Die berig sê die dam is ‘n dekade oud? Maar dis al in 1959 oopgemaak.
Dekade = 10 jaar
Met korrupsie en tender op tender proses (waar ‘n kontrakteur die tender wen, skep die profyt af en tender die kontrak weer uit) gaan die werk op die ou einde seker deur 3 ouens met ‘n sweismasjien en ‘n paar boksies polyfilla aangepak word…

Sune van Heerden ·

Dagsê Koos

Ons vra om verskoning vir die vingerfout, dit moet inderdaad “dekades” wees.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

KOOS ·

Hannes, die fout was intussen reg gemaak Chom!! Word wakker goggakie!

Winston ·

Dis weereens nalatenskap van die “europeans” en sal die skuld op hulle geplaas word indien die wal sou breek. Niks in Afrika word in stand gehou nie. Gebruik tot dit klaar is en dan eenkant toe gegooi.

Warren ·

This story came to light some 14 years ago, and again now. How much truth is there in any of the reports. The only way you will know is if the engineers is made public from all the way back up-to now, that way you could see the amount of damage that has been cast aside and if any repair has been done.

Lewies ·

Hierdie is maar net weer n geld bedel storie deur Afrika Regerings vir eie koffers. Die grootste was die Ebola Epidemi toe America al die klenieke gebou het, weg is die epidemie

Knersus D ·

Miskien moet dit maar gebeur ne? En die sleurstroom kan / sal ook die Cahora Bassa meer laat breek. Dan kan hulle en ons maar weer van voor af begin….

Mike de Beer ·

Ek verstaan glad nie dat ‘n wyse en verligte leier wat keer op keer herverkies word dan nie voorsiening gemaak het vir die gebeurlikheid dat daar moontlik herstel en onderhoudswerk aan die Kariba meer se wal gedoen moet word nie. Mugabe sal seker maar die Weste wat hy so beledig en slegse moet nader vir die fondse om die wal te hertstel, of eweneens die Weste nader vir hulpverlening wanneer dit breek. Dit is seker onnodig om mense stroomaf te ontruim en weg te neem van ‘n moontlike ramp? Dit is tog seker ‘n gesonde pro – aktiewe optrede, alhoewel ons darem by nou al bewus is daarvan datv Afrika se leiers reaktief optree en dit by wyse van “blame shifting”. Seker ook maar ‘n oorsigtelikheidjie soos ons eie Escom en so aan??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.