Trane, blydskap toe Australiese grense heropen

Familielede omhels mekaar Maandag by die Sydney-internasionale lughawe. (Foto: Saeed Khan / AFP)

Australië se landsgrense is Maandag oopgestel nadat dit byna 600 dae gelede vir internasionale reise gesluit is in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Roerende tonele het vandag by die Sydney-internasionale lughawe afgespeel waar familie en vriende ná meer as ’n jaar en ’n half uitmekaar eindelik kon herenig.

Die grense is in die twee grootste stede, Sydney en Melbourne, vir hoofsaaklik ingeënte Australiese burgers oopgestel, wat beteken dat meer as een miljoen buitelandse inwoners steeds in Australië gestrand gelaat is en nie hul geliefdes in die buiteland kan besoek nie.

Australiërs is vir die afgelope 19 maande verbied om sonder toestemming oorsee te reis nadat dié land op 20 Maart verlede jaar van die wêreld se strengste reisbeperkings in reaksie op die Covid-19-pandemie ingestel het.

Familielede omhels mekaar Maandag by die Sydney-internasionale lughawe. (Foto: Saeed Khan / AFP)

Australiërs wat wel toestemming kon bekom om Australië binne te gaan, is gedwing om duisende dollar op te dok aan verpligte hotelkwarantyn.

Die Australiër Tim Turner was verheug toe hy ná meer as ’n jaar eindelik met sy seun op die lughawe kon herenig.

Julie Choo, wat van die Verenigde Koninkryk gereis het om haar siek ma in die hospitaal te besoek, vertel dat sy die trane moes terughou toe haar vliegtuig Maandag in Australië geland het.

“Ek kan nie wag om aan my ma se hand te vat as ek haar sien nie. Ek kan nie wag om haar vas te hou nie. Dit gaan baie emosioneel wees.”

Vir sommige is dit egter te laat. Lucinda Botlero vertel dat haar pa net verlede week oorlede is. “Ek het my gesin vir vier jaar nie gesien nie. Ons probeer al ’n jaar en ’n half inkom.

Familielede omhels mekaar Maandag by die Sydney-internasionale lughawe. (Foto: Saeed Khan / AFP)

“Dit is maar gemengde gevoelens. Want ek kon steeds nie my pa lewend sien nie. Ons is net ʼn week laat, maar dit is steeds baie verblydend dat ek nou sy begrafnis sal kan bywoon.”

Die Australiese eerste minister, Scott Morrison, het dit as ʼn “groot dag vir Australië” bestempel.

Die Australiese lugredery Qantas het ʼn groot deel van sy vliegtuie vir langer as 18 maande op die grond gehou. Reise sal nou na verwagting stadig hervat word, ná vermoedelik min passasiers op die eerste vlugte Australië sal binnekom.

Sommige Australiese state met laer inentingsyfers sal egter nog gesluit bly vir die wêreld, aangesien besoekers steeds aan verpligte en duur hotelkwarantyn sal moet voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Barney ·

Absoluut tragies hoe diktators in 2021 die lewens van miljoene verwoes het op grond van slegte wetenskap en leuns. Tog sing jul nogsteeds lofpryse aan Amerikaanse medici en kommunisme. Pateties!

Hendrik ·

Al wat pateties is, is leke wat vir professionele medici en wetenskaplikes probeer voorskryf hoe hulle beleid moet bepaal. Google die Dunning-Kruger effek en takseer jou eie vermoëns reg.

KB ·

En dit het die Aussies uiteindelik niks gehelp nie. Die Aussie-regering het eintlik net naam weggegooi (en hulle mense BAIE kwaad gemaak). Daar’s nie pille vir onnoselheid nie.

Frank John ·

Ai, ek het kinders en kleinkinders in Australia, een nog nooit gesien en ek gaan nie ent nie. So, hier sit ek, ek hoop my kinders sal my begrafnis eendag as ek sterf kom bywoon.

MK123 ·

Ai Frank John. Dis baie baie hartseer. Ons is ook in die buiteland en ons ouers in SA, en hul wil nie ent nie agv mediese redes. Met elke kuier in SA wonder mens of hierdie die laaste keer is wat mens hulle sien en dit is hartverskeurend.

Bernard ·

“Groot dag vir Australië” – Scott Morrison. Is daar iets meer walgliks as ‘n skynheilige politieke diktator?

Krokkenoster ·

Australie se dae as ‘n sogenaamde “vrye, westerse demokrasie” is lankal getel.
Dit vat die prys as land met die mees belaglike en drakoniese maatreëls tydens die “pandemie”.

Vir baie jare al is dit die wêreld se grootse nanny state, maar binnekort is dit die wêreld se nuutste kommunistiese land…

Anel ·

Die is geen demokrasie nie. Dit is absolute diktatorskap. Waar het jy in jou lewe gesien dat jy moet vra om die land te verlaat! Wie dink hulle is hulle! Erger as komunisme!! En dan is hulle regering so trots op hulleself! Dankie tog dan ek geen behoefte het om ooit soontoe te gaan nie!!!

casper ·

Wanneer jou regering totaal behep is met hulle eie idees van baasskap is dit wat gebeur — En hulle is ‘n eerste wereld land ??

Mercia ·

Dit is skandelik hoe ‘n land wat eens gesien is as ‘n veilige hawe en baken van geleentheid en vooruitgang sóveel onmenslikheid teenoor sy landsburgers toon.

Susan ·

Melbourne se grense sal nie oop bly nie. Moenie kaartjies bespreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.