Trein trap model tydens fotosessie

Skermskoot uit Greg Plitt se bemarkingsvideo (gregplitt.com)

Skermskoot uit Greg Plitt se bemarkingsvideo (gregplitt.com)

Greg Plitt, ʼn bekende fiksheidsmodel, is in Kalifornië dood toe hy tydens ʼn fotosessie op ʼn treinspoor gestruikel en ʼn trein hom getref het.

Scott Johnson, woordvoerder van Metrolink, het aan ABC News gesê Plitt en se twee spanlede het nie ʼn permit gehad om Saterdag op die treinspoor te verfilm nie.

Warren Coulter, een van Plitt se vriende, het aan ABC News gesê Greg was besig om ʼn advertensie te verfilm vir ʼn voedingsproduk.

Plitt (37) het gereeld op televisieprogramme en in rolprente verskyn en het die afgelope agt jaar op die voorblad van meer as 250 fiksheidstydskrifte verskyn.

ʼn Motiveringsvideo op Plitt se webwerf wys hoe Greg op die treinspoor oefen terwyl ʼn Metrolink-trein verby kom.

Bron: ABC News
http://youtu.be/RQpNZy_Ti50

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.