Treinstasie gesluit ná beweerde ontploffing

Die houer wat na bewering ontplof het op ‘n trein in Londen (15 September 2017). Foto: Twitter via @Paul_Gorton

ʼn Gedeelte van Londen se ondergrondse treindienste is Vrydagoggend gesluit weens ʼn “veiligheidsituasie” by die Parsons Green-treinstasie.

Die Londense Metropolisie het op Twitter bevestig hulle “is bewus van ʼn voorval by die Parsons Green-stasie”, maar het nie onmiddellik meer inligting gegee nie. “Die stasie is gesluit. Meer inligting [sal gegee word] soos ons dit ontvang.”

Intussen het die Metro-koerant berig mense het brandwonde in hul gesigte opgedoen nadat ʼn wit houer in ʼn ondergrondse trein ontplof het. Die Daily Mail berig die ontploffing van die plastiekhouer het ʼn “vuurbal” veroorsaak wat deur die volgepakte trein geskiet het. Volgens die nuusagentskap het ʼn foto van die houer wat ná die ontploffing geneem is, getoon hoe verskeie drade bo die houer uitsteek en op die vloer van die trein lê.

Op sosiale media het gebruikers beweer mense het “skreeuend van die trein af gehardloop”.

Daar is egter nog geen amptelike bevestiging van die owerhede ontvang of die houer wel ʼn bom was of wat presies die omstandighede is nie.

Meer inligting volg.

Die toneel buite die Parsons Green-treinstasie in Londen. Foto: Twitter via @EmmaStevie1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chevy ·

Maak nie saak waar in die wereld n mens woon nie, mens is nerens veilig meer nie.

jennifer ·

Dis n aanval op die Weste, voorwaar is westerlinge nerens meer veilig.

Iemand ·

Dis die CIA. Hul wil n vrees vir terrorisme skep sodat die hele wereld meer wapens by Amerikaanse maatskappye koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.