Trevor Noah van rassisme beskuldig

Trevor Noah (Foto: Facebook)

Trevor Noah, die Suid-Afrikaanse komediant en Daily Show-aanbieder in die VSA, is van rassisme beskuldig oor uitlatings wat hy gemaak het omtrent Sondag se eindwedstryd in die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland.

Noah is in die sop nadat hy “Afrika” gelukgewens het met sy oorwinning in dié toernooi aangesien die meerderheid van Frankryk, wat Kroasië met 4-2 in die eindstryd geklop het, se spelers swart is.

“Ek verstaan dat hulle moet sê dit was die Franse span, maar kyk na daai ouens. Jy kry nie daai sonbruin-kleur deur in die suide van Frankryk uit te hang nie,” het Noah gesê.

Noah se uitlatings het hewige kritiek ontlok en hy is van rassisme beskuldig. Gerard Araud, Frankryk se ambassadeur in die VSA, het Noah in ʼn brief oor die kole gehaal. Volgens Noah het Araud in die brief aangevoer dat slegs twee van Frankryk se spelers “direk” van Afrika af kom en dat die ander se ouers van daar na Frankryk geëmigreer het.

Noah het in reaksie op Araud se brief gesê hy het eintlik bedoel swart mense reg oor die wêreld het die “African-ness” van die Franse spelers gevier. Hy het gesê hy het dit eerder positief bedoel in die sin van “kyk die Afrikane wat Franse geword het”.

Volgens hom is dit vreemd dat iemand nie ʼn Afrikaan én Frans mag wees nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jdb ·

Hy maak al jare lank rassistiese uitsprake en kastige grappies. Dis net ons Suid Afrikaanse witmense wat dit nie mag uitwys nie.

Henry ·

Kwota narre kan mos rassisties wees, sê wat en wanneer hulle wil en dan kan hulle sonder vrese en ter enigertyd die sirkustent verlaat, sonder dat die sirkusbase iets aan hulle kan doen.
Is mos maar hoe dit is…

Marius ·

Hy maak geld om met mense se ras te spot hy het gedink hy gaan wegkom met dit in ‘n ander land want hier sal hy probleme optel.Kry vir jou

Dell ·

Mooi, dis mos net ons witmense in SA wat niks mag se of doen nie. Noah se wat jy moet se, nie wat jy wou se nie.

Rerig ·

Ek verstaan nie hoekom ras altyd oral ingebring moet word nie. Raak rerig afgesaag

Bernard Hellberg ·

Nevvermaaind die rassisme-ding – hy’s nie eers snaaks nie, en probeer oorskakel na Afro-filosofie?

Alida ·

Lankal nie meer tyd vir hom nie. Sodra hulle oor die kole gehaal word dan sê hulle dit is nie wat hulle bedoel het nie.

Netso ·

In SA kan mens nie eers iets sê al sien jy dis verkeerd, onwettig of bedrog, of jy word gebrandmerk as ñ rassis! Een van die dae sal jy nie meer eers kan dink wat jy wil nie!

bosbokkie ·

oh goodness! Ek kan nou regtig nie die rassisme agter die stelling sien nie. Dit is after all net n feit wat hy uit gelig het. Dis mos waar dat die Franse se gelaat lig is en dit is mos waar dat die swart spelers emegrante moet wees. Wat wel sleg opgevat kon word, is dat hy dit laat klink het dat die Franse span almal ‘gekoopte’ spelers is wat nie Franse burgers is nie

Sarie ·

Hulle is Franse burgers In Frankryk net soos in Engeland woon baie swartes wie se ouers al jare lank uit die kolonies daarheen getrek het en tien teen een daar gebore is.

Andre ·

Vir my te goed dat hul African French kan wees, maar wit mense in Suid Afrika is settelaars?!

Cherokee ·

Raak gesê, Andre, verdomp raak gesê! En die swartes ìs settelaars; ek is ‘n Franse afstammeling en die Franse is wit.

Adam ·

Moet sê ek het ook Sondag vir die eerste keer Wereldbeker sokker gekyk en gedink die rooi en wit was Frankryk Eers na die eerste doel agter gekom dis omgekeerd

Ray ·

Ja Trevor, en volgens my is dit vreemd dat ‘n mens nie “Europees Afrikaan” kan wees nie, aangesien ons al geslagte in die land bly. Maar nou ja, die Tafel sal seker maar altyd net aan die een kant gedek wees.

Nettie ·

@Ray: volgens die stigters van die Soewereine Staat van die Kaap de Goede Hoop, is ons – die nageslag van Europese setlaars – Eurokane en heeltemal geregtelik in Suid-Afrika. Ek “laaik” nogal dié idee, want genealogiese studies vir my van, wys dat ek van Frans-Hongaarse afkoms is en dat my oupagrootjie-se-oupagrootjie-se-oupagrootjie-se-oupa in 1688 in die Kaap voet aan wal gesit het as matroos en homselwers toe aan die Weskus gaan vestig het, waar hy geboer en as visserman geleef het. Nou ja, dit maak my dan seker maar 100% Eurokaner?

Goeie Hoop ·

Nettie; die korrekte benaming is Soewereine Staat van Goeie Hoop / Sovereign State of Good Hope.

Dev ·

Asof enige een van hierdie spelers die selfde hoogtes sou bereik as hulle in Afrika gebly het…Frankryk het vir hulle die geleentheid gebied en nie Afrika nie!
Frankryk en die Franse het ALLES gedoen, Afrika het, weereens, niks gedoen nie…

Foxi ·

Ag Trevor…kry vir jou n leer en klim oor hom. Jy klink regtig nie snaaks nie en respekteer jou medemens…ongeag hul kleur.

Lido Pellencin ·

Ek stem saam met jou. Ek stem egter ook saam met hom dat die Franse-span uit ‘n groot klomp swartes bestaan(ooglopend); is dit verteenwoordigend van die Franse volk? En hoekom is hulle so sensitief daaroor? Waarop is hulle so trots?

Johan ·

Trevor, you put the colour label on them and when corrected by a Ambassador quickly referred to a mutualisation based on color. Wonder who are sowing dificion based on a person.

Jacques ·

n Afrika rugby span met 90% Europieers het al 2 keer die rugby wereldbeker gewen….dis niks nuuts nie.

Casper Labuschagne ·

Hy is nie wit nie, daarom is dit in die hedendaagse definisie onmoontlik dat hy rassisties kan wees. Inteendeel, enige beskuldiging van rassisme teenoor ‘n persoon wat nie wit is nie word dan ook vandag as rassisties beskou. Ek self stem glad nie hiermee saam nie, maar dit is hoe die wêreld vandag werk.

gatiep ·

Dankie vir die goeie nuus.
Trump moet hom sommer aan sy broekspype uitgooi.
Hy raak ryk deur die land af te kraak wat hom ryk gemaak het .Hy sien ook kleur in alles raak terwyl hy se Trump is n rassis.

liz ·

Dink mooi wat jy se mannetjie, jy is nie nou in Suid Afrika nie!

Anonieme Lafaard ·

Het niemand daardie vertoning van hom gesien waar hy liberaal die k-woord gebruik en op ‘n stadium voostel dat mense meer daardie woord gebruik wanneer hulle met mekaar praat? Verbeel my ek het dit eendag op DSTV gesien. Gewonder hoekom geen haan daarna daaroor gekraai het nie.

Elaine ·

Uiteindelik word hy so bietjie vasgevat. Dit is wat gebeur wanneer jy dink jy kan rassisme deel maak van jou flou grappe. En dan dink almal gaan lag. Dink mooi volgende keer. Jy is dalk nou famous maar kan dalk een oggend wakker word en wonder of jy nie dalk jou ‘grappies’ te ver gevat het nie.

VanAfrika ·

Trevor Noah, slim vang sy baas!!! hahahahahahaha!!!!!!!!!

Bafana ·

Ag net omdat hul kan hoop ek hul gee hom 3 jaar tronkstraf Wonder hoe ver gaan hy met sy smaaklose grappe kom O ja wie is hy nouweer

marous ·

Wonder of daar borde is wat gewys word as sy gehoor moet lag , hande klap en stilbly …

Fyngevoelig ·

Ag nee wraggies. Rasisme, seksisme, al die ISMES is tof wanneer mens negatief en met verwyte en haat praat. Mag vriende in verskillende rasse nie eens meer met mekaar grap of gekskeer nie?!
DIE MAN IS N KOMEDIANT! Ek kyk 100x eerder na hom as na hierdie vuilbek grapjasse wat hulleself komediante noem – weet nie wat so snaaks is aan vloek en godlaster nie…

Ekke ·

Ja Hy wat Noah is wat vertel wit mense gaan nie tronk toe nie .dan weet hy maar min van SA . Wit mense was ge hang in apartsheid jare .

Vervelig ·

Sy raktyd is versteke.Hoop Trump stuur hom terug en dan kyk ons of hy dit gaan maak met sy sell by date.
Sy grappies is vervelig en afgesaag.gaap gaap gaap.

jurie blanche ·

Ek is nou nie mal oor Trev nie maar hy is reg , Franse die geleentheid geskep maar die Afrikane het sy direk of tweede geslag vir hul die beker gewen.

Gortsop ·

Hy misbruik van die begin die geleentheid om met swartmense te spot, en kom weg daarmee. Glad nie snaaks

Judge Dredd ·

Ai, jy het seker mis gelees dat slegs 2 spelers van die Franse direk van Afrika kom.

E.K. die eerste ·

Ag asseblief ons het almal dieselfde gesê. Dis g’n rassisties nie vaderland. Maar soos ek al baie gesê het WAT jy ookal sê gaan jy iemand “offend”. Belaglik verby.

E.K. die eerste ·

Daar is in elk geval bitter min lande in sokker wat kan sê dis egte spelers van hul land is nie. Hang net af hoeveel geld hul kan betaal om spelers te lok van waar ookal.

Elvira ·

Baie bly. Hy kom al jare weg met sy rassisme veral teenoor blankes.

Johan ·

Weer die ou storie – wat ek gespreek het is nie wat ek bedoel het nie. Ek het eintlik bedoel dat………so en so en so.

Maar hy sal onder die vaandel van sg “komedie” daarmee wegkom.

Ben ·

Maar het die man nie ‘n punt daar beet nie. Frankryk moet miskien gebore Franse kies instede van om mense te kry om te imigreer en dan sodoende vir hulle te speel. Dit is eintlik ‘n fyn oneerlike spul wat te ver gegaan het en nou uitgevang is. Die wereld sokker administrasie moet hulle eintlik skors en die beker vir Croatia gee. Lyk vir my of jy deesdae alles met geld kan koop. Dieselfde probleem kom voor in Rugby. As nasie teen nasie speel dan moet net gebore spelers van daardie nasie speel anderste word dit ‘n klug so nou in die geval van Frankryk. Dit laat my dink aan ‘n Afrikaanse gesegde wat se – ” jy spog met ander man se talente” – of hoe? Kyk maar na die Japanse se super rugbyspan – Meeste van die Spelers is Ex All blacks, RSA en ander. Wat help dit dan hulle speel in die super rugby reeks. Is die doel daarvan dan nie om vir die onervare Japanese ‘n kans te gee nie? Wat ‘n korrupte spul is sport nie.

Nita ·

Ben, jy vat die woorde so uit my mond. Ek wou net vra, presies hoeveel volksegte Japannese, was in Japan se rugbyspan? Ons sal eers eendag weer weet wie is rerig die beste rugby-of-sokkerspelers wanneer mense vir hul geboorteland se spanne speel. Tot dan is sport maar soos motor koop. Die ou met geld koop die beste, duurste motor.

My mening ·

Ons het op ‘n stadium baie van sy grappies en humor gehou, maar hy het al venyniger geraak en al meer rassisties. Later kon mens regtig sien hy gebruik die grappies net om ‘n hou na blankes in te kry. Dit is en was baie duidelik dat hy erg rassisties is, ongeag (of dalk juis omdat) sy pa blank is en hom en sy ma verlaat het. En nadat hy die pos in Amerika gekry het, het hy omtrent grootkop gekry. Hy het regtig begin glo hy kan doen en se net wat hy wil. Dis sal goed wees as hy bietjie vasgevat word.

Ben ·

Stem saam met My mening hierbo. Waneer hulle in ‘n magsposisie kom dan kom hulle ware kleure te voorskein. Mens kan nie met hierdie mense redeneer nie asook die waarheid staan hulle glad nie aan. Daar is baie min wat werklike goeie lelerskap het wat op gesonde en eerlike beginsels gebaseer is en wat sal erken ek het ‘n fout gemaak en bereid is om die ander kant se feite in ag te neem.

Nel ·

Kry vir julle Europa, julle het ons mos destyds geboikot oor apartheid, kom ons kyk nou hoe dit voorkant toe met julle sal gaan as al die Moslems en Afrikane in julle geledere begin aanspraak maak op gelyke regte en stemreg – dit kom glo my, dis julle voorland…

Oujongvrou ·

Hy kon dit nie hier maak nie want hys flou. En erg rassisties. En n pyn in my jis!!!!. Hys kwaad vir sy eie herkoms. Shame . Amerika se sin vir humor is goor so hopenlik bly hy vir ewig daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.