Tribunaal hoor baba is onthoof tydens geboorte

baba-voetjies-02

Foto: Pixabay/Pexels.com

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Mediese tribunaal van Brittanje het vroeër dié week oor die grusame dood van ʼn vroeggebore baba gehoor toe ʼn ginekoloog glo die baba tydens ʼn natuurlike geboorte aan sy bene getrek het en “per ongeluk” die baba onthoof het.

Dr. Vaishnavy Laxman, ʼn konsulterende ginekoloog, pleit onskuldig op aanklagte dat sy onder meer versoeke van die swanger vrou geïgnoreer het en verder ook geweier het om pynmedikasie toe te dien.

Laxman word daarvan beskuldig dat sy met ʼn natuurlike geboorte voortgegaan het ten spyte van verskeie tekens dat só ʼn geboorte die lewe van die vrou én die vroeggebore baba in gevaar sou stel – soos onder meer dat die baba in die stuitposisie was. Haar verweer is egter dat sy teen ʼn keisersnee besluit het omdat die baba se hartklop glo baie laag gedaal het.

Die tribunaal het gehoor dat Laxman bewus was daarvan dat die vrou “nie ver genoeg ontsluit het” om natuurlik geboorte te skenk nie, maar steeds daarop aangedring het. Sy het glo die vrou beveel om steeds haar liggaam te probeer ontspan en toe die baba aan sy bene getrek. Volgens verklarings het die baba se kop vasgehaak en hy is onthoof.

The Independent berig twee dokters het ná die grusame voorval ʼn keisersnee op die vrou uitgevoer om die baba se kop uit die baarmoeder te verwyder. Die baba se lyfie is hierna weer “geheg” om die vrou geleentheid te gun om van haar baba afskeid te neem.

Die ma van die oorlede baba het dié week tydens die verhore herhaaldelik aan Laxman geskree: “Ek vergewe jou nie! Ek vergewe jou nie!”

Die tribunaal het ook gehoor dat die vrou geen kommunikasie van die konsulterende mediese span ontvang het nie en hoe haar versoeke glo verskeie kere geïgnoreer is.

“Niemand het aan my gesê wat aan die gang was nie ten spyte van die feit dat ek in geweldige pyn was. Die dokter het my ondersoek, maar niks aan my gekommunikeer nie. Ek het in daardie stadium geen pynmedikasie gekry nie en was in geweldige pyn, maar die dokter het steeds met ʼn natuurlike geboorte voortgegaan. Ek het van die bed af probeer klim, maar hulle het my drie keer teruggedruk en gesê die baba moet uitkom. Hulle het my serviks twee keer gesny sonder om te sê dat hulle dit gaan doen. Ek het gesê: ‘Dit voel nie reg nie, stop asseblief, hou op.’ Hulle het nie.”

Sy sê Laxman het ná die geboorte na haar toe gekom en haar in kennis gestel van haar baba se dood, maar haar nie vertel hoe die baba dood is nie. Sy sê dokters het aangevoer die baba is “stilgebore”.

Laxman is kort ná die voorval in ʼn Britse hospitaal in 2014 afgedank en verbied om weer in die mediese beroep te werk. Die saak word egter nou eers deur die tribunaal aangehoor. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hanna ·

Dis onsettend wreed. Hoe kan ‘n mediese span so ‘n gru daad aan ‘n moeder veroorsaak? Ek hoop hulle dank die hele span af en trek hul mediese lisensie terug. My hart bloei vir die mamma en haar familie.

Cecile ·

Hierdie is die gruwelikste storie wat ek in my ganse lewe gehoor het. Was daardie dokter van haar sinne beroof? Hoe die moeder dit ooit moet verwerk, weet die Vader in die hemel alleen. Hy alleen kan die genade gee. Dat die pa van die kindjie hierdie dokter nie van kant gemaak het nie… Ek weet van jong pa’s wat groot dokters wou slaan oor wat in die kraamkamer gebeur het. Maar hierdie… Dis onbeskryflik verskriklik. Mag God die ouers help en die dokter genadig wees. Hoe sy ooit weer kan slaap, weet ek nie. Maar ja, beter dat sy nooit weer praktiseer nie.

Sue ·

Liewe genade, ek wil my nie indink met watse geweldige krag sy so hard moes trek om n baba te onthoof nie. Ek het 3 van my klein kinders se bevallings tuis behartig en daar is geen getrekery aan verbonde nie. Dit moes geweldig en aggressief gewees het. Mag daardie “dokter” kry wat haar toekom en die arme arme Ma van daardie babatjie, mag sy Genade ontvang om van so n gewelduge trauma te genees.

Sommige mense is super mal in hul koppe. Weet, daai vrou kon ook gesterf het. Ek het net fedagters wat ek nie kan uiter nie maar verder geen enkele woord om te se nie. ?

CE ·

Hoe hard en lank moet jy trek om ‘n baba te onthoof. ? Hoe pynvol was dit nie vir die mamma ook nie en die baba?

Dis moord en ek hoop sodanig sien die howe dit ook in. Sy sal moet verantwoording doen eendag teenoor die Here ook.

Wonder ·

Goeie genade! Was sy ooit ‘n dokter? Mag die vrou ‘n manier vind om dit alles te verwerk.

Danie ·

Die afgelope maand is Alfie Evans (23 maande) ter dood veroordeel omdat hy nie meer tekens van brein aktiwiteit was nie. In hierdie geval is ‘n vroeggebore baba ook dood. In beide gevalle was dit die handewerk van dokters.

Hoekom mag dokters Alfie Evans doodmaak maar nie ‘n ander baba nie? Wie het die meeste reg op lewe?

Monique Joubert ·

En dit het by dieselfde hospitaal gebeur waar Alfie Evans doodgemaak is….. skandelik!!!!

honourable member ·

Liewe hel. As dit daar gebeur wat gebeur nie alles in hierdie agterlike land nie…

Nettie ·

Wat die ‘dokter’ gedoen het, is beslis nie reg nie. Onthou egter net: daar is ‘n verskil tussen on vol-termyn (40 weke) baba en ‘n vroeggebore baba (kom ons veronderstel ‘n baba van 26 weke). Ek sou dink dat – gegewe die grootte en ontwikkelingstadium van – kom ons sê ‘n 26 weke baba – dit heel moontlik kan wees om ‘n baba hard genoeg te trek om sodoende die kop van die nek te skei.

Maar die dokter – en totale mediese span MOES na die Ma geluister het en ten minste medikasie toegedien het om haar ten volle te laat ontsluit en nie op ‘n tang- of hand-verlossing besluit het en dit nog sonder pynmedikasie ook nie. ‘n Keisersnee sou dalk die beste oplossing gewees het, indien hulle níé die swangerskap kon red nie. maar dalk was die baba ook al te ver ‘af’ in die geboortekanaal, wat ‘n Keisersnee ‘n groot risiko vir Ma en baba sou maak, veral as die baba ‘brug’ gedraai het.

Ons was nie daar nie, dus kan ons nie weet wat régtig gebeur het nie, maar ek dink tog die dokter en die mediese span was aandadig aan die arme ou babatjie se verskriklike dood!

Theresa ·

Die moeder het om hulp gevra – dus hoef hul nie self besluit het nie – hul kon net ophou met die vreeslikheid en haar hulproep respekteer.
Dis asof dit doelbewus was.
Hele span is skuldig – niemand het die gekheid gestop nie.

christa ·

did verskriklik erg. So jammer vir die mamma. Gelukkig lewe sy nog en is daar seker kans vir nog n baba, maar jy vergeet nooit die eerste eenetjie nie. Al waarvan sy kan seker wees is dat hy veilig in Jesus se arms is en hom weer kan sien eendag.

Prinses ·

Ek sal jou ook nie vergewe nie, se maar wat jy wil .. gee nie om nie . as jy my baba onthoof het agv NALATIGHEID sal ek jou ook nie vergewe nie en ek hoop hulle sluit jou op in ‘n klein selletjie en gooi die sleutel weg. SO MUCH FOR BRITISH ARISTOCRACY of so dink hulle mos.

Poplap ·

Dis nou seker weer een van daai gevalle waar natuurlike geboorte bo alles geplaas word. Dis belaglik en wreedaardig wat hier gebeur het. Die dr behoort agter tralies

Juffie ·

Genade ek dog dit gebeur net in Suid Afrika! Was verstom om te lees dit is toe nie!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.