Tronkstraf vir Viëtnamese man wat Covid-19 versprei

Argieffoto (Foto: Pixabay)

’n Viëtnamese man is Maandag vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hy die land se Covid-19-afsonderingsregulasies verbreek het.

Le Van Tri (28) is daaraan skuldig bevind dat hy “gevaarlike aansteeklike siektes versprei” toe hy in Julie na sy tuisprovinsie Ca Mau van die stad Ho Chi Minh gereis het. Hy het die 21 dae streng inperkingsmaatreëls wat toe in die land van krag was, oortree. Boonop was Ho Chi Minh in daardie stadium as ’n Covid-19-brandpunt beskou.

Tri het op 7 Julie positief vir Covid-19 getoets.

“Tri se oortreding van die kwarantynregulasies het daartoe gelei dat hy baie mense aangesteek het. Een persoon is weens hom op 7 Augustus 2021 dood,” lui die hofverslag.

Volgens staatsmedia het Tri agt mense met die koronavirus besmet.

Viëtnam gaan tans erg gebuk onder Covid-19-gevalle nadat die land verlede jaar goed sy aantal infeksies gemonitor en onder beheer gehou het. Die land het tans sowat 540 000 positiewe gevalle en meer as 13 000 sterftes aangemeld.

Die oorgrote meerderheid infeksies en sterftes is sedert einde April aangemeld. Hanoi, die hoofstad, en Ho Chi Minh is die afgelope paar maande onderhewig aan streng inperkingsmaatreëls.

Daar is reeds verskeie mense gevonnis omdat hulle Covid-19 in die land versprei het.

ʼn 32-jarige man is in Julie in Hai Duong tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis en ʼn vlugkelner van Vietnam Airlines is in Maart ʼn opgeskorte gevangenisstraf van twee jaar opgelê op dieselfde aanklag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mariana ·

Sjoe as daar dieselfde reëls hier toegepas word gaan die tronke sommer vinnig aangebou moet word, want hier gaan dit lekker jolig.

Anel ·

Die wêreld het siek geword. Wat van die lot wat VIGS en TB het. Hoekom word mens teen hulle beskerm nie. Daar word miljarde spandeer deur die staat, om hulle wat VIGS het te behandel, hulle kry spesiale voordele by mediese fondse, by versekerings en nog meer en dis iets wat jy met jou onaanvaarbare gedrag oor jouself gebring het. Nou word gewone mense gedwing om iets in hulle te laat spuit wat hulle nie wil hê nie. Dis siek man.

Landras ·

Anel as ek jy is hou ek myself uit statistieke uit , dis HIV nie VIGS nie … en baie babas word met dit gebore as die Mamma nie die regte mediese hulp kry nie . So NEE nie almal gedra hulleself onvanpas nie .

Francois Le Cochon ·

Elke siekte op sy eie meriete Anel. Dit is sinneloos om te vergelyk. Appels met appels onthou.

Marcello ·

Ja, ek weet van ‘n geval wat die eggenoot van ‘n vrou iemand gehuur het om by sy gewese vrou se huis intebreek en haar Vigs te gee, en hy het daarmee weggekom, sy is later oorlede.

Marius ·

As ons dit doen gaan ons tronke te klein wees of more uit vir mediese redes

Boer ·

Nee hier in SA gaan jy tronk toe vir n week dan kry jy sommer oornag mediese parool.

Carina ·

Ag dis nou absoluut belaglik!! Hoeveel mense het elke jaar griep oor en weer aangesteek?! Ag ekskuus, griep bestaan nie meer nie. Maar wat van TB, Vigs, gewone kindersiektes soos masels, waterpokkies, of pampoentjies? Gaan julle nou al die mense ook toesluit? Enige van die siektes kan ook sekere mense se dood veroorsaak. Wil julle nou nie sommer maar die hele wêreld toesluit nie? Dan is ons almal mos nou onder julle mag soos wat julle dit wil hê.

Pierre ·

Hmmmmm ek is seker ons was almal gejab vir daai kinder siektes en nie n woord daaroor gekraai nie, jy was ook verplig om by die huis te bly en het dit anvaar wat maak die verskillend?

Ek is seker as ekn kind skool toe stuur met masels sal al die mammas en pappas baie vinnig protes aanteken, maar Covid moet skielik ondern ander kam geskeer word, as jysiek is bly weg plein en simple hy verdien wat hy gekry het.

VaalDonkie ·

Meanwhile in California hoef jy nie meer vir iemand te vertel jy het VIGS nie. Want “menseregte”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.