Troue afgestel oor bruid se WhatsApp-verslawing

Argieffoto (Foto: heikoAL)

ʼn Familie in Amroha, Indië, het ʼn huwelikseremonie gekanselleer omdat hulle beweer die voornemende bruid is verslaaf aan WhatsApp en spandeer te veel tyd op dié boodskapdiens.

Die bruid se familie het op 5 September gewag dat die bruidegom se familie moet opdaag. Hulle het egter later ʼn oproep gekry om te sê die troue is gekanselleer as gevolg van die bruid se “uitermatige gebruik van WhatsApp”, het die polisie gesê, aldus plaaslike media.

Uroj Mehandi, die bruid se pa, het ʼn saak teen die bruidegom se familie aanhangig gemaak en voer aan die werklike rede dat die troue gekanselleer is, is die bruidsprys van 6,5 miljoen roepees (ongeveer R1,3 miljoen).

Mehandi het gesê hy het sy dogter se troue met die seun van Qamar Haidar van Fakeerpura gereël. “Ons familie en vriende het bymekaargekom om die bruidegom se familie te verwelkom. Toe hulle nie opdaag nie, het ek die bruidegom se pa gebel, net om te hoor dat hulle die troue kanselleer,” het hy gesê, aldus Hindustan Times.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Chantell ·

Sjoe, nou’t ek alles gehoor. Maar ek moet toegee dis eintlik WERELDWYD ‘n probleem.

Ek en my man sit vroeër vanjaar een oggend by ‘n bekende ketting-eetplek vir onbyt aan die Suidkus toe ons ALBEI opmerk dat jy byna geen siel in die eetplek se gesig kon sien, want feitlik almal was vasgenael voor hul foonskerms! So snaaks as wat dit was, was dit ook kommerwekkend. Mense, oud en jonk het totaal verleer om gesig tot gesig te kommunikeer, want Whatsapp, Facebook ens het nou die norm geword.

Soos my een vriendin daaroor sê: sit bietjie die foon neer, kyk wat om jou aangaan en gesels met mekaar.

Sannie ·

Ek stem saam met jou die Here man en vrou saam voeg en hul een word ek dit dit is n verskoning gesoek om troue af te stel die lewe gaan maar net veskonings,ens jul bedoel was vir mekaar dan sou hul getrou het ?

Karl ·

Dis presies dieselfde as vroeer jare toe almal koerant of tydskrif gelees het. Die is net op skerms.

Tong in die kies ·

@Sannie – Ek en my vrou het een geword met ons troue. Dis nou 30 jaar later en ons is nog steeds een; ons deel dieselfde WhatsApp rekening… Sorg altyd dat ons batterye volgelaai is ingeval ons iets vir mekaar wil sê.

Oom Jaco ·

Dis omdat families in sekere kulture veels te veel te sê het oor ń huwelik wat eintlik tussen ń man, ń vrou en God behoort te wees.

Sannie ·

Almal gebruik watsup.as jy kyk sal jy sien hy lè dalk op ander web blaai sy is dalk net eerlik maar is hy ?

Ongeskik x 2 ·

1. Bruid is duidelik verslaaf aan haar foon. Hoop sy leer uit haar foute.
2. Bruisegom se familie is NIKS beter as bruid. Hulle kon TEN MINSTE n WhatsApp(haha) stuur om knselasie aan te kondig

JSO ·

Die dag as iets of iemand meer interesant is as wat op my foon is, sal ek opkyk.

Elsa ·

Die bruid se verdiende loon! Ek haat dit net so as mense so aan hul selfone vasgegroei of daaraan verslaaf is. As iemand by my kom kuier, moet hulle maar hul selfone neersit of by hul huise bly. Dis uiters ongeskik om heeltyd met ‘n foon in die hand in ‘n geselskap te verkeer.

Casper Labuschagne ·

Dit is al reeds ‘n wonderwerk dat hedendaagse paartjies tydens die huweliksseremonie kan stil staan sonder om kort kort op hul selfone te loer.

Ek wil ‘n beweging begin met die naam, “Kyk vorentoe in die lewe, nie af nie” vir almal wat van hul tydverkwistende slim fone wil ontslae raak.

christa ·

ouers is die meeste skuldig daaraan.speel. Koop vir hulle die duurste fone om beter as iemand anders sin te wees. Hulle laat toe dat hul kinders heeldag op fone klets . Kinders moet net ‘n foon he wat kan bel en sms vir nood.

christa ·

mense neem nie ander mense in ag nie. Stuur boodskappe tot saans na slapenstyd of soggens nog voor sonop wanneer jy nog wil slaap voor jou dagtaak begin. Ek glo tot 9 uur in die aand en na 6 uur soggens kan ek nog aanvaar. Ek staan net die naweek by ‘n Laboratorium waar ‘n man besig is om ‘n vorm te voltooi. Die dame agter die toonbank is heeltyd doenig op haar selfoon. As iets onduidelik is vir die man, kyk sy nie op van die selfoon nie maar verduidelik aan hom net so kop onderste bo wat hy moet doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.