Trump beëindig VSA se verhouding met WGO

Die Amerikaanse president Donald Trump praat Vrydag in Washington. (Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Die Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig dat hy die VSA se verbintenis met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beëindig.

Trump beskuldig die WGO daarvan dat hy nie Beijing verantwoordelik hou vir die Covid-19-pandemie nie. “China het totale beheer oor die Wêreldgesondheidsorganisasie,” het die president gesê terwyl hy maatreëls aangekondig het om spesifiek Beijing te straf.

Maroela Media het vroeër berig Trump het reeds in April sy administrasie opdrag gegee om die land se befondsing aan die WGO te staak waarna hy aangevoer het dat die WGO sy basiese plig versuim vanweë die manier waarop die organisasie op die pandemie gereageer het.

Die VSA was die grootste enkele finansierder van die WGO en het verlede jaar $400 miljoen aan die organisasie betaal. Volgens Trump sal dié fondse nou na ander liefdadigheidsorganisasies vir openbare gesondheid herlei word.

“Die wêreld ly nou as gevolg van die wanpraktyke van die Chinese regering,” het Trump gesê.

Volgens die Amerikaanse president het China “’n wêreldwye pandemie veroorsaak wat meer as 100 000 Amerikaanse lewens gekos het”.

Altesaam 1 793 530 bevestigde gevalle Covid-19 is in dié stadium in die VSA aangemeld. Die land se dodetal staan tans op 104 542.

Bykomende bronne: BBC, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Adam Adriaan ·

Goed so want die WGO is ‘n front organisasie van die NWO drywers. Korrupte spul

Danie ·

Ja Mnr Trump ek stem 100% saam met jou. Hier by ons word als verkoop en aangekoop van China en niemand maar niemand staan op en se genoeg is genoeg.

Lorette ·

Ek persoonlik neem hom nie kwalik nie! Ek self is woedend omdat China al November geweet het van die gemors en eers in Jan 2020 uitgekom het met die waarheid! Trump is nou nie een van my gunstelinge nie, maar hier ondersteun ek hom!

Alexander ·

Welgedaan Trump. Ek is ‘n groot aanhanger. Ek stel streng internasionale sanksies teen China voor. Ek sal glad nie verbaas wees as hulle die virus met voorbedagte rade die wêreld ingestuur

Boerkind ·

Dit gaan hier veel dieper as net Trump en of die (korrupte) WGO. Dit gaan oor vryheid en geloofwaardigheid. Vryheid en geloofwaardigheid wat China nooit toelaat nie. Vryheid en geloofwaardigheid wat die WGO nie toelaat nie… kyk die houvas wat albei China en die WGO op ons reeds ongeloofwaardige regering het. Hier word die tema nou met geweld op ons af geforseer. Ek haal my hoed vir Trump af wat te minste net briek aandraai en korrupsie oral oopvlek. Kyk maar wat gaan volg met Gates (of hell) en obama (kleinletter o… ja) en skurk Fauci – jammer ons het nie ook hier ‘n Trump nie…

marius ·

Stem saam . Fauci is die trojaanse perd wat midde gelant is . Hy het al in 84 begin met die twak . Hy is die een wat die navorsing aangevuur het en die Laboratoruim in Sjina gefinansier met belasting geld het . Onverklaarbaar dat Trump se raadgewers hom nog nie ontmasker het nie .

RB ·

Boerkind, ek hou van hoe jy redeneer!
Alles kom neer op een baie eenvoudige waarheid – Trump is in NIEMAND se sak nie!!
Hulle kan van hom sê nèt wat hulle wil, klippe soek om te gooi nes hulle wil.
Hierdie is ‘n man wat op beginsels staan, leier by uitnemendheid.
Nie soos ander wat op voorkeure staan en dìnk hulle is leiers nie.
Massiewe verskil tussen ‘n beginsel en ‘n voorkeur.

By ons bepaal kopdoek die voorkeur van die dag, die besluit èn die uitvoer daarvan.
Beginsels is iets wat hulle nie kèn nie.

Lourens CFG ·

Dít is nou ‘n President met rugraat, nie soos ons s’n nie.

Michael 1 ·

Ek het huidiglik nie n president nie maar sou die sa een nie eers in dieselfde sin as President Trump gebruik nie dit sal oneerbiedig wees teenoor laasgenoemde.

Wikkelwillie ·

Liberale media maak altyd n punt daarvan om sulke bespotlike foto’s moonttlik van Pres Trump te plaas. Agterlike klomp. Goed hy stap weg van die WGO

JohanR ·

Ek dink President Donald Trump en die VSA is nou net mooi siek, sat en dik vir China! Hy het die WGO gevra om sekere veranderings te maak soos om Taiwan volle lidmaatskap te gee, en die WGO het nie geluister nie. Nou is hulle $450 miljoen kwyt. Laat China die nou betaal met maar hulle $40 miljoen aan die WGO elke jaar. Miskien tyd vir sankies teen die ANC ook. Nie teen SA of die mense van SA nie, maar teen die hele ANC korps self. Sny hulle af hoe en waar hulle kan. Die VSA het niks nodig wat SA vir hulle kan gee nie.

Human ·

Don Tantrum Trump! Sy land brand en hy hou hom besig met die WGO. Wat ‘n stommerik. Die land met die hoogste sterftesyfer in die wereld en hy blameer en wys vinger na almal, om sy eie nalatige onnoselgeit weg te steek. Dis wat gebeur as ‘n sogenaamde sakeman probeur om die president van ‘n land te wees en hy het nie die basiese begrip, karakter en kennis van hoe om ‘n leier te wees. Soos die engelse sal se “what a loser”.

Human ·

Don Tantrum Trump se gatgabbas. Glo alles wat hul afgod aan hul opdis.

Wikkelwillie ·

Hier is een liberaal wat alle kommentaar ‘dislike’

Snowball ·

En soos met liberale, moet jy hulle net ignoreer want hulle is gewoonlik super slap sluipers wat agter ‘human rights’ skuil.

Alleen Wolf ·

Wonderlik, hulle moes lankal in die bek geruk geeees het, WGO word ook gelei deur ‘n onbevoegde wat boonop in China se sak is.
Welgedaan President Trump, ware leierskap wat rerig sy mense se belange op die hart het

Jan ·

Dit is n leier . Hy is baie keer verkeerd maar hy draai nie doekies om nie . Se wat hy wil doen wat hy se . Hierdie keer is hy reg .

Jack ·

Solank ons die chinese ondersteun sorg ons nie net dat hulle bly en ryk word nie maar hulle raak al hoe meer aangesien hulle skynbaar maklik oor die grens inkom en verblyfreg kry. Koop suid afrikaans of vervaardig self. Ons produkte is duurder maar oor die algemeen beter. Staan saam en moenie kla nie.

Ian ·

Weereens ‘n wenner. Doen presies wat sy kiesers van hom verwag. Die enigste leier wat onbeskaamd teen ‘n korrupte wereld opstaan. Natuurlik gaan die korruptes hom verag, belieg en spot. So ken ons hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.