Trump begin nuwe sosialemediaplatform

(Foto: Chris DELMAS/AFP)

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat hy sy eie sosialemedianetwerk begin nadat hy vroeër van Twitter en Facebook verban is.

“TRUTH Social” sal na verwagting volgende maand begin met ʼn beta-bekendstelling vir “genooide gaste”. Dit is reeds beskikbaar vir voorafbestelling in Apple se App Store.

Die Trump Media & Technology Group (TMTG) is ook van plan om ʼn videodiens bekend te stel onder leiding van Scott St. John, ʼn uitvoerende vervaardiger van America’s Got Talent.

“Ek het TRUTH Social en TMTG geskep om op te staan teen die tirannie van Big Tech,” het Trump in ʼn verklaring gesê. “Ons leef in ʼn wêreld waar die Taliban ʼn groot teenwoordigheid op Twitter het, maar jou gunsteling- Amerikaanse president is stilgemaak. Dit is onaanvaarbaar.”

Twitter het in Januarie vanjaar aangekondig dat Trump se rekening op dié platform permanent opgeskort is. Hy het nagenoeg 88,7 miljoen volgelinge op Twitter gehad. Trump is toe ook “onbepaald” op Facebook en Instagram verbied. Facebook het later aangekondig Trump is vir twee jaar verban.

Die sosialemedianetwerke se optrede het gevolg nadat ondersteuners van Trump die Kongresgebou (Capitol) in Washington D.C. bestorm het. Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, het destyds gesê Trump is verban weens sy “gebruik van [Facebook] om gewelddadige opstand teen ʼn demokraties verkose regering aan te blaas”.

Trump oorweeg dit glo om hom in 2024 weer as president verkiesbaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

48 Kommentare

jongste oudste gewildste
Danie

Ou Trompie, jy laat jou nie keer nie of afskrik nie. Goeie werk!

Harley Davidson

Die beste kandidaat vir president en toe pootjie die media hom ,maar dit gaan nooit hoe jy val nie maar hoe jy opstaan en hierdie is ‘n yster van ‘n leier.

Phillip

Hoop van harte sy plan slaag breek n boom hy loop weer uit en groeie sterker

Hardekwas

Welkom terug President Trump. Ons sal jou nuwe inisiatief ondersteun. Voetsek liberale en wokeness.

Piet

Mark zuckerberg is n puppet van demokratiese terroriste in vsa.Verban facebook heeltemal uit Amerika vir altyd.Viva Trump!!!!