Trump dagvaar familielid, koerant vir miljoene dollar

(Argieffoto: REUTERS/Carlos Barria)

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag ʼn regsgeding van $100 miljoen (meer as R1 miljard) teen sy vervreemde broerskind Mary Trump en die New York Times aanhangig gemaak vir ʼn beweerde komplot om sy naam swart te smeer deur sy belastingopgawes te publiseer.

Berigte wat die koerant oor Trump se finansies gepubliseer het, het die verslaggewers en die koerant ʼn Pulitzerprys besorg.

Die dagvaarding, wat in New York ingedien is, beweer die New York Times se verslaggewers, Susanne Craig, David Barstow en Russ Buettner, het ʼn uitgebreide smeerveldtog van stapel gestuur om Trump se vertroulike belastingrekords op die lappe te bring. Hy beweer Mary het hulle gehelp om die rekords in die hande te kry.

“Die beskuldigdes was betrokke in ʼn komplot om vertroulike en hoogs sensitiewe rekords te bekom wat tot hul eie voordeel gebruik is om hul gepubliseerde werke valslik te staaf,” lees die dagvaarding.

Trump beweer ook dat die ondersoek van stapel gestuur is as deel van ʼn persoonlike vendetta teen die voormalige president.

Die New York Times en die drie verslaggewers het die Pulitzerprys in 2019 gewen vir hul ondersoek oor Trump se finansies.

Volgens die Pulitzer-prysraad het die ondersoek, en die berig wat daarna gevolg het, Trump se bewerings oor sy selfgemaakte rykdom ontmasker en verskeie belastingontduikingsgevalle blootgelê.

Die koerantberig beweer dat Trump meer as $400 miljoen (byna R6 miljard in vandag se tyd) van sy pa se eiendomsryk geërf het, wat meestal deur bedrieglike belastingskemas bekom is.

Mary, dogter van die oudste Trump-broer Fred Trump Jr. wat in 1981 oorlede is, was glo die koerant se bron.

In ʼn verhandeling wat sy verlede jaar gepubliseer het, “Too Much and Never Enough: How My Family Created the World’s Most Dangerous Man”, het Mary onthul dat sy die New York Times in hul ondersoek bygestaan het.

Trump se 27-bladsy‑regsgeding beweer die verslaggewers het Mary voortdurend geteister en haar eindelik oortuig om sy belastingrekords uit sy prokureur se kantoor te smokkel en aan hulle te oorhandig.

Die dagvaarding lui verder dat Mary se betrokkenheid in stryd is met ʼn geheimhoudingsooreenkoms wat in 2001 onderteken is ná ʼn skikking oor Trump se pa se boedel.

Die voormalige president eis nou miljoene dollar se skadevergoeding, asook die opbrengs uit sy broerskind se boek.

Trump ondersoek vir belastingbedrog

Intussen word Trump in New York ondersoek vir beweerde belastingbedrog en ander ernstige oortredings wat verband hou met die finansiële aktiwiteite van die Trump-organisasie.

Die departement van justisie het in Augustus die tesourie beveel om die kongreskomitee met ses jaar se belastingrekords, wat Trump glo weier om te oorhandig, te voorsien.

Amerikaanse presidente word nie wetlik verplig om besonderhede oor hul finansies bekend te maak nie, maar elke leier van dié land sedert Richard Nixon het dit gedoen.

Trump het glo tydens sy presidentskap gesê hy sal besonderhede oor sy finansies bekend maak, maar dit het nooit gerealiseer nie.

“Die Times se ondersoek oor Trump se finansies het Amerikaners gehelp om ingelig te bly oor ʼn onderwerp van oorweldigende openbare belang,” het Danielle Rhoades Ha, ʼn woordvoerder van die koerant, in ʼn verklaring gesê.

Mary het ook in ʼn verklaring gesê dat sy glo Trump net desperaat is en enige iets sal doen om nie in ʼn hoek gedruk te word nie.

“Soos gewoonlik sal hy probeer om die onderwerp te verander,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Harley Davidson ·

Was dit nie vir die media en die tipe mense nie was President Trump nog steeds die leier van die VSA en die wêreld n beter plek.

koos10 ·

Jasper, regtig? Verduidelik die vir die vroue in Afganistan.
Hy wat Trump is het die onttrekking van die weermag daar goed gekeur, ten spyte van die feit dat hy vir Joe Biden die skuld daarvoor wil gee.

Hardekwas ·

Dit is Amerikaanse burgers se belasting geld wat ter sprake was. Hoe sal jy voel as jy n nuttelose oorlog sonder einde uit jou sak uit moet finansier.

melaney ·

@koos10 Trump SOWEL as sy voorgangers het gesê dit was nie die moeite werd om hul eie weermaglede te verloor in ‘n land waar sy leiers nie belanggestel het om self ‘n ordentlike weermag op te bou nie. Dit het ook vir VSA miljarde dollars gekos. Die manier wat Sloppy Joe die VSA se weermag teruggeroep het, was die probleem. Trump sou dinge totaal anders gedoen het. Trump is en bly die beste ding wat met VSA kon gebeur het.

piet ·

melaney, hier is die feite – Biden het nie ‘n keuse gehad nie. Volgens Trump se ooreenkoms met die Taliban moes die VSA teen einde April 2021 heeltemal onttrek. Hierdie ooreenkoms is reeds in Januarie 2020 aangegaan en Trump het dus vir langer as ‘n jaar sit en vingers tel sonder om die troepe stelselmatig te onttrek. Einde April het toe gekom en die Taliban het ‘n ultimatum aan die VSA gestel om onmiddelllik te onttrek. Biden moes toe noodgedwonge verder onderhandel dat die VSA nie later dan einde Augustus 2021 heeltemal onttrek nie.

Frank ·

Piet en Koos. Dit gaan mos nie hier oor die onttrekking of nie van USA nie!!!! Jy kan mos nie vir ewig in ‘n ander land baklei nie? Dit gaan oor die onordelike -stert tussen die bene weghardloop onder Biden se toesig en sy mede-sneeuvlokkies. Daar is mos maniere EN maniere!!!!!!!!!!

piet ·

Frank – het jy verstaan wat ek geskryf het? Behalwe dat Trump geen maniere het nie is hy ook lief om beloftes en ooreenkomste aan te gaan en dan agteroor te sit en vingers tel en niks na te kom nie.

Dries ·

Is daar werklik soveel mense wat Ramaphosa bo Trump verkies ?????

piet ·

Ha, ha hulle het hom ontmasker en nou huil hy. Hy sou nie so tekere gegaan het as hy nie iets het om weg te steek nie. Dis duidelik dat hierdie uitstekende media werk was, wat selfs ‘n gesogte prys ingepalm het.

Dries ·

Die duiwelse aanslag teen Trump is al vir jare aan die gang. Die liberaliste en kommuniste haat hom met n passie. Hy was ongetwyfeld Amerika se beste president

Thom ·

Volgens die amerikaners , die 3 de swakste in die geskiedenis .

Thom ·

Hy wou slegs president bly om vrywaring van vervolging te geniet en sy aanhangers is te onnosel om dit te sien . So ook sy weiering om ‘n DNS-monster te verskaf in die verkragtingssaak teen hom .

Wikkelwillie ·

Heelwat liberale onder ons. Die adder in die boesem van die boervolk

piet ·

In SA kan jy nie met ‘n lasteraksie slaag as dit wat gepubliseer word die waarheid is nie. Twyfel of dit in die VSA anders sal werk.

Marianne ·

Nie net moet dit die waarheid wees nie – dit moet ook in belang van die algemene publiek wees.

piet ·

Al die moderne presidente behalwe Trump het hul belastingsake openbaar gemaak. Hy steek goed weg en is nou uitgevang.

Lubbe ·

As ek so deur die kommentaar lees dan lyk dit asof sommige mense Trump support soos van ons land se mense Zuma support. Hy kan net mooi niks verkeerd doen nie…

Piet parys ·

En party mense wat so së gebruik skuilname . Nê Kabouse. Geen vergelyking tussen zuma en Trump nie . Zuma het n helse salaris gekry en steeds die staats koffers geplunder . Trump het nie salaris as president gekry nie. Ryk mense weet van al die skuiwergate om belasting te onduik binne die wet .

Lubbe ·

Piet Parys ek vergelyk nie Zuma met Trump nie. Ek vergelyk die ondersteuners. Piet Parys, net so skuil soos Kabous. Ek kon net sowel Piet Pompies gewees het.

piet ·

Trump het ‘n presidents-salaris gekry maar dit “geskenk” natuurlik in ruil vir allerhande gunsies down the line …………

VaalDonkie ·

As hy so baie verkeerd gedoen het, sou dit nie nodig wees om leuens oor hom te versprei nie.

Harley Davidson ·

Dit grens aan sonde om Zuma en Mnr Trump se name in een sin te gebruik.

Toy ·

Kabouse ek ondersteun hom 100%, Enige mens het foute en jy ook, Hy het baie gedoen vir Amerika en die land se mense.

piet ·

Wat het hy gedoen behalwe om droog te maak en die res van die wereld teen die VSA op te sweep?

Madelein ·

Hoekom is jy nie presies met wat sy foute is nie. As jy rêrig ingelig is sal jy weet ‘n Pullitzer prys beteken niks nie want dieselfde koerant het ‘n Pullitzer gekry vir die Russia Collusion wat ‘n totale leuen was. Jy wil vir my sê dat Biden wat Amerika uitverkoop beter as Trump is.

piet ·

Te veel om te noem. Lig jouself in en google net iets soos “Trump mistakes”.

Thom ·

Covid bestaan nie , aardkorsverwarming bestaan nie , maak ‘n totale gemors om uit Iran te onttrek , grootste negatiewe ommeswaai in betalingsbalans met Europa ___ moet ek nog opnoem ? Lieg oor die betaling van sy muur , Meksiko het tot op hede nognie ‘n sent daarvan betaal nie , VSA se posisie regdeur die wêreld verswak , NOG ?

Anoniem ·

Ek sien liberale is van die duiwel, kan iemand my asb ‘n definisie gee

Natasha ·

So indirek erken Trump die bedrog en belastingontduiking, maar tog moet hy ‘n vloermoer gooi en nog geld soek. Dit moet erg wees om so super oppervlakking en materialisties te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.