Trump dreig nog verslaggewers

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het verslaggewers gewaarsku hy sal hulle die Withuis belet as hulle sy amp nie respekteer nie. Foto: Ting Shen, Xinhua

Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om nog Withuis-verslaggewers se akkreditasie terug te trek in reaksie op kritiek van sy administrasie se besluit om dit met die CNN-joernalis Jim Acosta te doen.

Trump het Vrydag buite die Withuis te velde getrek teen Acosta. Hy het hom daarvan beskuldig dat hy onprofessioneel is en gedreig om ander verslaggewers ook te belet om uit die Withuis verslag te doen, berig Al Jazeera.

“Julle moet die Withuis met respek behandel; julle moet die presidensie met respek behandel,” het Trump gesê en beweer die Republikeinse president Ronald Reagan sou dieselfde opgetree het.

Trump het ook ʼn steek ingekry na die CNN-verslaggewer April Ryan en haar “naar” (nasty) en ʼn “verloorder” (loser) genoem.

Organisasies wat hulle vir burgerlike vryhede beywer is ontsteld oor die jongste uitbarstings van Trump, wat ʼn lang geskiedenis het van vyandigheid jeens die media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Hannetjie ·

Roast hulle President Trump..u moes dit al lankal gedoen het??

Daan Erasmus ·

Net nog ‘n bewys dat die ou Psigiatriese probleme het. Hy vergeet om sy medisyne te drink. Iets soos ons Malusi Gigaba. Trump speel net met prostitute.

Daan ·

Daan, het hy die hele ding gekyk. Acosta het homself probleme. Dit kom al ‘n lang pad. Moenie ba CNN kyk nie. Hulle vertel net die een kant van die storie.

julius ·

Ja jaag almal weg wat so lieg dat ons vir ‘n slag die waarheid kan hoor en stel sommer sanksies in teen S Afrika dat ons regering op hulle neuse kan kyk.

Skroef ·

Ou nar vergeet dat respek respek verdien, dit kom nie van self nie.

Judge Dredd ·

So dan is dit mos reg dat hy die media mense “losers” noem – die media verdraai die waarheid nou al vir dekades.

Pieter ·

Ek dink daar is ‘n skroef los wat nie weet wat aangaan nie.

jannie ·

Ek stem….as n joernalis by my huis instap moet hy my respekteer en hom gedra…anders skop ek hom uit….dieselfde geld vir die withuis……as n joernalis met n attitude daar instap….smyt hom uit!!

Daan Erasmus ·

Dan jaag ek hom weg. Net soos Julius Malema die joernalis weg gejaag het. This is a revolutionary house ens. Klink tog so bekend. Trump is die man wat MILJOENE rand aan prostitute bestee het. En iemand sê hy is ‘n yster.

Adriaan ·

Te veel “joernaliste” rapporteer nie ewewigtig oor gebeure nie. Instede rapporteer hulle hul _opinie_ oor n gebeurtenis as die nuus. Gaan so voort, Pres Trump!

Chrisjan ·

Behalwe as jy ‘n liberaal is, dan mag jy doen net wat jy wil.

Albanus ·

Joernaliste in ongeleide missiele in ‘n ongeordende beroep.

Emma ·

Ek like hierdie president! Hy bring orde. Die man skud net die bos dan val die skuldiges uit. Hys reguit en op die man af.

Jongboer ·

Die linkse het altyd n eier te le. N lekker vrot eier. Kyk hoe maak Die reuk die Lyn Skeef

N Lourens Reitz ·

Ek hou baie van hierdie man President Donald J Trump.

OS ·

Oranje man ken nie die woord respek nie! Veral as dit by vroue kom.

Bafana ·

Luv you Trump
Gee hul gas
Hvl mans is daar wat nie voor die versoeken van n prostitute kom nie
Ek praat nou van gesiene manne hier hoor nie jy wat nou op die stoep sit en koffie drink nie
Sterkte Trump dit vat n man van staal teen die aanslag teen jou

Bafana ·

Luv you Trump
Gee hul gas
Hvl mans is daar wat nie voor die versoeken van n prostitute kom nie
Ek praat nou van gesiene manne hier hoor nie jy wat nou op die stoep sit en koffie drink nie ??
Sterkte Trump dit vat n man van staal teen die aanslag teen jou

Staak saam ·

Trump is demokraties oorweldigend tot die president verkies, almal oor die ganse wereld heen ken hom en sy temprament en nog steed staan hy as president.
Die liberale media media in die VSA verontagsaam die die wil van die kiesers en vind vout met al Trump se aksies. Die Mecsico muur is juis een van die punte wat hom presedent gemaak het wat immegrasie en misdaad aanspreuk, die media en veral CNN is gekant teen die keer van die immegrante wat nou oppad is, hulle propageer n oop gemeenskap soos Soros dit wil he en befonds.
Die media werk teen Trump en die Amerikaanse bevolking, gooi hulle uit, dit is tyd om die media se tanse te trek.

Mugabe ·

Robert Mugabe is ook oorweldigend demokraties verkies. Jacob Zuma is oorweldigend demokraties verkies. Hillary Clinton het 6 Miljoen meer stemme as Trump gekry. Dit is die skeefgetrekde “demokratiese” stelsel wat Trump laat wen het.

Human ·

Fanta, Fanta veel. Hy is ‘n bedorwe en ryk ge-erfde brokkie wat tantrums gooi as dinge nie verloop soos hy dit wil he nie. Jy kan sy Amp respekteer, defnitief nie hom nie, een van die swakste Presidente wat die VSA nog gehad het , indien nie die swakste.

Johan ·

Jeff Bezos een van Grootste vyande van Trump oor Trump se kritiek op Amazon wat wersgeleenthede en Klein besighede vernietig.Daarom die koop van n bankrot Washington Post on n wapen te kry om aan te val.Amerika moet vinnig beset dis 10 voor 12 en Trump is hul laaste hoop….O Ja,geluk aan die 2 moslems wat tot die huis verkies is….geluk Amerika,well done!!!

humor ·

As hy hierdie liberale joenaliste met hul eie vals persepsies, halwe waarhede en wat floreer op laakbare leuens in die pad wil steek dan is hy beslis nie n swak president nie.

humor ·

MM ek sou graag wil weet wat maak my kommentar so anders dat dit nie geplaas kan word nie. Is dit miskien die woord liberale?

Sowaar ·

Joernaliste het tersiêre opleiding (inteligent) en is oor die algemeen sogenaamd verlig (liberaal). Hulle het altyd die laaste sê in argumente in die media en lei die lesers aan hulle neuse rond.
Hulle glo hulle verteenwoordig morele hoëgrond met liberale filosofie en is daar om die publiek op te voed.
Daarteenoor is meerderheid mense meer konserwatief (volgens húlle behoudend, regs, rasiste, verkramp) maar ongelukkig vir hulle glad nie so dom as wat hulle wil hê nie. Goeie voorbeeld is N24 wat kommentare gestop het.
Bogenoemde het in die VSA gebeur en die publiek het die laaste sê gehad met hulle stemme, daarom sal die joernaliste aanhou om Trump te teiken.

LET'S FACE IT ·

BESTE PRESIDENT NOG OOIT wat VSA gehad het !! WENS SA kon ook só president hê!!!

Keuses ·

Dis meer as reg. Joernaliste is lankal nie meer n baie respekvolle beroep nie. Hoe meer snert, sonder enige konkrete bewyse gepubliseer word, hoe meer hang die mense dit aan. Sommer meedtal hulle eie gevoel daaroor. Mense sê mekaar oor en weer sleg. Daar moet mos nagevolge wees. Ek kan nie eers op faceboek noem dat my baas bv onregverdig is en verwag ek gaan môre weer by die kantoor instap sonder probleme nie?!!!!

Johan H. ·

Hierdie dof lot ministaas hier by ons kan baie leer by President Trump. Se n ding soos dit is ,skud die boom laat die gemors uirval. Vir telank het joernaliste gedink hulle soos ons polisie is beter as die res…. Mnr Trump jou yster!!!!

buks barnard ·

Kyk hoe lekker skerm die libdiotiese Malroela Media weer vir hulle libdiotiese trawante: “Trump het ‘n lang geskiedenis van vyandigheid jeens die media.”

Dit is natuurlik ‘n leuen – Trump looi net die libdiotiese media wat vals en leuenagtig berig. Die werklikheid is dat die libdiotiese liegmedia ‘n lang geskiedenis van vyandigheid jeens Trump het.

Johannes ·

Julle kan sê wat julle wil van Trump , maar was dit nie vir hom nie was daar nie Amerikaanse ekonomie nie.
Hy het rugraat, die skynheiliges het nou skielik weer nuwe lewe gekry na die verkiesing , ek kan nie glo dan die amerikaners so dwaas is om nog na die liberale te luister nie , hulle kan mos maar net na SA kyk om te sien wat die gevolg gaan wees.

Hou op om na CNN te kyk , dit is eensydige liberale getjank!

Fanie ·

Buks, jou venyn kelder jou boodskap- baie soos Trump op ‘n slegte dag. Jy’s reg dat die vyandigheid tussen Trump en die linkse (in VSA liberal genoem) media van weerskante af kom. Maar Trump maak met sy styl ongelukkig van homself ‘n maklike teiken vir sy ideologiese vyande. Sodoende doen hy baie goeie konserwatiewe idees skade aan. Die linkse media haat hom vanweë sy selfliefde en omstrede- en soms platvloerse styl, maar veral omdat hy die langstaande politieke orde in die land ontwrig. Hulle haat Sy bevordering van Christelike en pro-Westerse waardes, en gebruik sy bedenklike persoonlike verlede om hom te verneder. Jy’s reg dat die linkse media vuil speel, maar Trump moet as President bo hulle uitstyg, en nie saam in die modder stoei. Hy het al genoeg prestasies behaal, en hoef nie swak argumente te gebruik nie. Om die grootste ekonomie in die wêreld met 4% te laat groei en werkloosheid uit te wis, is ‘n reuse prestasie. Hy’t ook nog geen nuwe oorlog begin soos sy voorgangers. Daarom moet hy nie nou oor homself struikel nie.

PJC ·

Ons weet mos almal dat die hoofstroom media hulle eie agenda het ook in ons land. Dit is mos een van die redes hoekom ons MM lees. Ek verstaan heeltemal hoekom DT so gefrustreerd raak met hulle. Hulle neuk net voort op hulle links liberale pad ongeag wat die ware toedrag van sake is. ń Mens kan nie ń enkele woor glo wat hulle sê of skryf nie.

Marie Visser ·

Stem saam met jou Buks Barnard – jy het die waarheid kort en bondig saamgevat – jou waarheid spreek boekdele -mooi so.

John ·

CNN…. Dit se als. Als van CNN n klug! Al jare terug my ouers gewaarsku teen die fake netwerk.

John ·

Ons het CNN ‘n ruk gelede uitgevang toe ‘n berig oor lugbesoedeling in Sjina deur van een hul lieflingjoernaliste gebeeldsend is. Die toneel vanuit ‘n ruit van die lug bo Beijing was getoon, vaal en vuil en alles byna onsigbaar totdat ‘n stuk melkerige plastiek voor die ruit skielik afgeval het en daar is die toneel dadelik helderder. Groot skimmels daai. Op die raad is ook toevallig ‘n sekere Gupta. Interessant.

zoom zoom ·

Ons eie EFF leier het dan ‘n jornalis beledig so klompie jare terug waar hy ook die man gedreig het dat hy hom by die venster van die gebou sal uitgooi. Vee eers voor jou eie deur voor jy die VSA se President wil beledig. Lank leef TRUMP

MAGA ·

Gaan so voort Pres. Trump! Ons het lank genoeg hulle blatante leuens oë aanskynlik geduld. Tyd vir verandering. MAGA2020…

Gert ·

Het die video gekyk. Trump het baie mooi die ou se vraag beantwoord, maar toe hy volgende vraag wil antwoord, het die vark geweier om stil te bly of die mikrofoon terug te gee.
Hoe kan enige mens dink dis Trump se fout?

FTD ·

Mense lewer kommmentaar en sien nie die waarheid. Ek het die insident gesien, Acosta was goed op sy plek gesit, hy wou ‘n debat begin ipv Q&A. Pres Trump hou nie van CNN en ander netwerke nie omdat hulle fake news het, hulle probeer om hom persoonlik aan te val ipv om belangstelling te toon aan belangrike dinge. Gaan kyk mense wat die waarheid praat op YouTube Soek Fox News Tucker, en sien wat doen demokrate as jy waarheid praat, en daar is baie ander stories wat ons nie hoor nie. Trump is ‘n Nasionalis, hy is lief vir sy land, en nou is patriote rassiste??

anton ·

Gelukkig het ek al geleer om my nie te steur aan libtards se kommentaar op MM en elders nie.
Hulle is almal dieselfde reg oor die wêreld en leef in n babbel van hul eie gekke paradys.
Eendag as hulle dalk wakkker skrik, is hulle koffie lankal yskoud!!!
Pres. Trump is n Yster en ”I REST MY CASE”

Rupert Ashford ·

Nee MM, (President vir julle) Trump is nie in stryd met die Media nie, maar wel dele daarvan wat vals nuus versprei en die waarheid verdraai. Kies maar self of die skoen pas. Acosta het sy verdiende loon hier gekry.

Johan ·

Media moet verslag lewer van nuus, nie hulle opinies en agendas openbaar nie. Dít is mos deesdae aan die orde van die dag. Ek hoop die media wêreldwyd skrik wakker en doen hulle werk ordentlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.