Trump dreig om Iran ‘harder’ as vantevore te slaan

Pres. Donald Trump. (AP Photo/ Evan Vucci)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gedreig om 52 terreine in Iran te teiken indien Tehran wraak op Amerikaners of Amerikaanse bates sou neem.

“Die Verenigde State het pas twee biljoen Amerikaanse dollar (trillion) aan militêre toerusting bestee. Ons is die grootste en verreweg die beste ter wêreld! As Iran ’n Amerikaanse basis of enige Amerikaner aanval, stuur ons sonder huiwering ’n paar van die splinternuwe en mooi toerusting na hulle toe,” het die president vanoggend in ’n inskrywing op Twitter gedreig.

“Hulle het ons aangeval en ons het teruggeslaan. As hulle weer aanval, wat ek hulle ten sterkste sal afraai om te doen, sal ons hulle harder slaan as wat hulle al ooit vantevore geslaan is,” lui nog ’n inskrywing.

Genl. Qassem Soleimani (Foto: ANA)

Dit volg nadat vuurpyle Saterdagaand naby die Amerikaanse ambassade in Bagdad in Irak ontplof het. Geen skade is aan die ambassade aangerig nie.

Maroela Media het vroeër berig genl. Qasem Soleimani, Iran se top militêre bevelvoerder, het Vrydag gedurende ’n Amerikaanse lugaanval op Irak in Bagdad gesterf. Soleimani (62) was die hoof van dié land se elite Koeds-mag.

Daar heers tans groot spanning in die Golf-gebied oor Soleimani se dood, met Iran wat reeds gedreig het om wraak op die VSA te neem.

Soleimani se liggaam het vanoggend in Iran aangekom waar hy in sy tuisdorp begrawe gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

HKGM.
Amerikaners het nog altyd ander lande platgeskiet waar hul voordeel gekry het, asof dit n virtuele speletjie is. Dan hul eie pro westerse leiers aangestel en die lande in chaos agtergelaat.

Paul Fouché ·

2 Triljoen is 2000 Biljoen en nie 200 Biljoen nie. D.w.s. $2 000 000 000 000

Dennis ·

Wel, if Iran is looking for a fight then go Mr TRUMP REMEMBER what God said WHAT YOU SOW YOU WILL REAP- Amen, and you better believe that

pan ·

President Trump wis die terroriste wat onskuldige lewens bedreig plat met die aarde sodat die wetsgehoorsame amerikaners rustig kan slaap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.