Pres. Donald Trump het Donderdag vir die eerste keer gesê hy sal sy tasse pak en die Withuis verlaat as aangewese president Joe Biden amptelik as die wenner van die Amerikaanse verkiesing bevestig word.
Die kieskollege, wat die wenner bepaal, sal op 14 Desember vergader om Biden se oorwinning te bekragtig.
Biden is op 7 November as die wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing aangewys nadat hy volgens projeksies genoeg kieskollege-stemme op hom verenig het.
Biden het 306 stemme teenoor Trump se 232 stemme behaal.
Trump het ʼn bykans ongekende poging aangewend om die uitslag van die verkiesing te betwis en te weier om toe te gee dat Biden gewen het. Hy het bewerings oor gesteelde stembriewe gemaak en regstappe gedoen wat reeds deur verskeie howe verwerp is.
Een van sy teorieë is dat die stemmasjiene doelbewus miljoene van sy stemme verwyder het, hoewel die regeringsverkiesingsagentskap dit as “die veiligste” verkiesing in die Amerikaanse geskiedenis verklaar het.
Trump en sy Republikeinse bondgenote hou vol dat daar grootskaalse verkiesingsbedrog gepleeg is en vergelyk die Amerikaanse stem-infrastruktuur met dié van lande in die Derde Wêreld.
Trump het Donderdag gesê hy sal binnekort na Georgia reis voor twee opvolgverkiesings wat moet beslis watter party die senaat beheer.
Trump begin nou vir die eerste keer aanvaar dat hy slegs een termyn as president gaan dien voordat Biden op 20 Januarie die leisels sal oorneem.
Toe hy gevra is of hy die Withuis sal verlaat as Biden se oorwinning amptelik bevestig is, het Trump gesê: “Ek sal dit beslis doen. Almal weet dit.”
Hy het erken dat dit baie moeilik sal wees om toe te gee dat Biden gewen het.
“Ek dink daar moet nog baie water in die see loop voor 20 Januarie,” het Trump gesê.
Trump-ondersteuners beweer dat hy reeds voorberei om vir die verkiesing in 2024 as presidentskandidaat te staan.
Biden het vandeesweek verskeie veteraan-diplomate en beleidmakers bekendgestel waaruit sy nasionale veiligheid- en buitelandse beleidspan sal bestaan. Hy het gesê: “Amerika is terug, gereed om die wêreld te lei.”
Biden het ook gesê dat hy die Covid-19-krisis in sy eerste honderd dae in die amp gaan takel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
51 Kommentare
Die beste wat Donald Trump nou kan doen is om terug te sit en laat Biden se ware kleure na vore kom. Want dit gaan nie lank wees nie of daar’s perde daardie kant. Biden is n groot vraagteken.
Julle klomp Biden ondersteuners is seker ook ANC ondersteuners hier. Amerika en die res vd wêreld het groot probleme wat voorlê met Biden as president. Watch maar wat gaan kom!
Selfs Trump het die diepgaande korrupsie onderskat. Syfers is water onder die brug. Boosheid van Dems het goed beplan.
Thom, by implikasie beskou jy vir Donald Trump as ‘n psigopaat. Skandelik!!
Tyd vir Biden om Amerika weer great te maak.