Trump gaan noodtoestand afkondig vir muur

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Pres. Donald Trump gaan ʼn nasionale noodtoestand afkondig vir finansiering om ʼn grensmuur tussen die VSA en Mexiko te laat bou.

Trump het gesê hy sal sy uitvoerende magte inspan om die kongres, wat nie genoeg geld vir die muur goedgekeur het nie, te omseil. Die president beplan glo om geld wat opsy gesit is vir militêre konstruksie te gebruik om die muur te laat bou.

Volgens Trump sal hy die nasionale noodtoestand afkondig aangesien onwettige immigrasie volgens hom ʼn “inval in ons land” is.

Berigte dat Trump die noodtoestand gaan afkondig, het Demokrate onmiddellik woedend gemaak. Hulle het dié stap ten sterkste veroordeel en met regstappe gedreig. Trump is ook daarvan beskuldig dat hy sy uitvoerende gesag misbruik.

Die Amerikaanse kongres het intussen ʼn ooreenkoms bereik waarvolgens $1,4 miljard vir grensbeveiliging verskaf sal word en die regering gefinansier sal wees vir die res van die fiskale jaar wat op 30 September eindig. Die ooreenkoms maak voorsiening vir 88 km lange nuwe grensheinings, maar is veel minder as die 345 km wat Trump in Desember versoek het.

Die ooreenkoms sal egter nog ʼn gedeeltelike sluiting van die regering voorkom. Trump se eis vir $5,7 miljard in Desember om die grensmuur tussen Amerika en Mexiko te laat bou, het daartoe gelei dat die federale regering 35 dae lank gedeeltelik gesluit was. Die sluiting is in Januarie vir drie weke opgehef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Hendrik vd Westhuizen ·

Gee daai man n Bells
Hy is bereid om sy rug styf te maak teen insypelaars wat op sy land en sy mense teer

Slap ruggie ·

Net jammer hyt n slap ruggie as dit by aborsies en moord kom…
So n fantastiese man. Laat my wonder hoe so baie Goddelose dinge gebeur met hom in beheer….
Wees versigtig virdie wolf in skaapklere….

Jaco ·

Rerig ai Almal weet altyd Als neh? Hy moet iewers begin en darrem is hy nie so slap soos sommiges van ons nie….

Ander Koos ·

Slap ruggie jou kommentaar is veel eerder van toepassing op Suid Afrika as op Amerika

Annie Webb ·

Slap ruggie, die president het net federale magte oor dinge wat die hele land (die “verenigde state”) raak. Elke staat het ook magte oor sekere dinge, soos aborsie-wetgewing.

Generaal ·

Slap ruggie jou kommentaar is veel eerder van toepassing op Suid Afrika as op Amerika

Ruiklont ·

Slap ruggie, waar kom jy aan die stelling, totaal en al uit pas?

Johan H. ·

Ek hou elke dag meer van die yster van n man, vergelyk hom nou met,,,,,sorrie , nie genoeg spasie hier nie!!!

humor ·

Die grensprobleem moet n veel groter omvang he as wat ons besef anders sou die regering dit nie so dringend geag het. E k reken hier ter plaatse besf ons ook nie so mooi wat die gevolge is van Afrika se onbeheerde oorstroming oor ons grense heen nie.

Gert ·

Mooi so Trump! Gee hulle gas!
Die enigste voortreflike president op die planeet!

Chris Ws ·

Ek hou van die’ man!As sy eie mense net hul oge wil oopmaak sal hulle besef watse aanwins hy vir hul land is.As mens na die programme op tv kyk hoe daar heeltyd 24/7 deur amtenare gesoek word na onwettige insypelaars en dwelm smouse dan kan mens verstaan waarom Trump ‘n muur daar wil bou.Hy verdien ‘n medalje eerder as kretiek.Maar sy eie mense is te onnosel.

Annie Webb ·

Chris Ws, “sy eie mense”, d.w.s. die 60+miljoen gewone Amerikaners wat vir hom gestem het, aanbid hom en stem met alles saam wat hy vir hulle doen. Die rede hoekom SAners dink Trump is ongewild, is omdat ons media ons SLEGS die menings van die linkse media in die VSA voer. Dis die media wat Trump se politieke teenstanders steun. As ‘n mens meer konserwatiewe VSA-media soos Fox en OAN op die internet volg, kry jy meer nuus en menings van Trump se ondersteuners. Opeenvolgende globalistiese leiers in die VSA het miljoene Derdewêreldse onwettige migrante die VSA laat binnestroom tydens die afgelope dekades se beheptheid met “diversiteit” en “herverdeling van rykdom” en pres. Trump moet nou red wat te redde is. Soos in Europa, skrik die “regses” nou amper te laat wakker om grense te sluit voordat die hele Westerse wêreld net nog ‘n Derdewêreldse sosialistiese “failed state” word. Obama het bv soveel Somaliërs op een kol in die VSA gaan neerplonk dat daar nou ‘n Somaliese Moslemvrou tot die Kongres verkies is en sy maak opslae met haar anti-Semitiese uitsprake. Hulle vlug uit hul eie sugput-lande maar probeer dan kliphard die land wat hulle asiel bied, ook ‘n sugput maak. En Trump en sy familie het hulle gemaklike lewe prysgegee om hul land te red. Die linkse media haat hom juis omdat hulle die afgelope dekades eintlik die wêreld regeer het met hulle linkse retoriek oor hoe wonderlik “diversiteit” is.

IK ·

Pragtig Annie jou betekenisvolle kommentaar. Trompie is voorwaar ‘n doring in die vlees.

jaco ·

waarom kla almal so? gaan kyk net na die program Border Security op DSTV: Groot stukke van die sogenaamde muur is lankal klaar. Dis ook nie regtig n muur nie. dis eerder n hoë staalheining. Baie daarvan nogal opgerig terwyl die Demokrate Clinton en Obama Presidente was. waarom was dit dan toe goed genoeg en nie rassisties nie?
gaan kyk ook na die grens tussen Marokko en Ceuta (spaanse stad in Marokko): DRIE baie hoë heinings en niemand kla daaroor nie. Dieselfde met die grens tussen Mexiko en Guatamala.
Probeer ook maar net met nogal ‘n geldige visum bloot as toeris in Europa inkom: jy word van voor tot agter ondervra. die feit dat jy daardie vrae reeds by daardie land se ambassade in jou land beantwoord het, tel eenvoudig nie. Dis tot 21 uur se ondervraery om in daardie lande in te kom. Niemand kla ook daaroor nie.

Ronnie ·

Vir twee jaar het die Republiekeine totale beheer gehad van die kongres en die WH. Al waarin hulle belanggestel het was om wetgewing deur te druk om vir die rykstes in die VSA reuse belasting kortings te bewerkstellig. Daar was so effe van ‘n poging om Obamacare te herroep en te vervang met….. wel, niks. Want dit was te ingewikkeld tot Trump se verbasing.
Die muur is vir Trump persoonlik van absoluut geen belang nie. Dit was bloot ‘n handige onderwerp om sy ondersteuners mee op te sweep. Nou het dit ‘n tammeletjie geraak.
Dit kan verwag word dat hy so lank as wat dit vir hom werk, ‘n blik teen die denkbeeldige muur gaan skop om sover moontlik die aandag weg te hou van die onderduimse bedrywighede wat hy en sy kabinet en hy saam met Putin probeer uitvoer. Dan nog al die kriminele aanklagte wat op hom wag. Hy moes maar swig voor die hofbevel om sy liefdadigheidsstigting tot niet te maak en om die geld wat hy misbruik het terug te betaal en dit aan ander betroubare instansies oor te gee. Die geld was eintlik bedoel vir kindertjies met kanker. Of so het die skenkers geglo.
‘n Rekord hoeveelheid $ is ingesamel vir sy inhuldiging. Baie min daarvan is aangewend vir die inhuldigingseremonie en verwante feestelikhede. Die grootste deel is onreëlmatig bestee. Tyd sal leer waarvoor, (behalwe Kushner se regskostes), is die res aangewend.
Alles met die naam TRUMP is, met reg, in die soeklig.

John ·

Ronnie, watter van die anties wat nou president wil word, gaan die aanstormende massas laat terugkeer huis toe? Of gaan Soros ‘n hartsverandering ondergaan en sy geldjies aan sy naaste gemeente skenk vir opheffingswerk in die omgewing. Die Demokrate is besig met ‘n verwoestende poging om weer in beheer te kom. As jy in die VSA woon, pak solank in, want eerstens gaan WO3 uitbreek en die hele Suid-Amerika en en en gaan soheen trek met pakke doofmiddels… en die duiwel homself sal daar kom plak.

Stan ·

‘N muur tussen ons en Zimbabwe sal 80 % van ons probleme oplos!!! Feite.

Onnie ·

Hulle sal hier in SA die muur/heining en boumateriaal vinniger wegdra as wat die regering dit kan bou.

Heidi ·

Trump is uitstekende besigheidsman maar n idiotiese president. Glo hy regtig n muur gaan die verskil maak? Hy baklei so vir die muur dat ek begin wonder waarom? Dalk is daar finansieel gewin vir hom? (Art of the deal) Hy praat 70% van die tyd onsamehangende snert. Sy eie vrou hou nie eers van hom nie.

Gert ·

Mure werk! Gaan google dit gerus, oral op aarde waar mure gebou is het dit massiewe verskil gemaak. Kyk veral na China se “Great wall” en Israel s’n. Hoekom dink jy het byna alle wittes is RSA nou mure om hulle erf?

willem Botha ·

Die beste presedent in wêreld, ons BEE oportunis is nie eers werd om aan dieselfde tafel te sit as President Trump nie

Osie ·

Wat ‘n idioot! Geen idee van wat aangaan in die wêreld nie. Oranjeman dink die lewe daarbuite is soos ‘n TV program. Sy tyd is min….

Essie ·

Het hy al daaraan gedink dit gaan miljarde kos om muur te bou dan hoor mens na n rukkie die muur is gedeeltelik opgeblaas en da gaan die miljoene.

alwyn burger ·

Wat van ñ muur tussen Wes-Kaap en die ANC-land of nog beter wat van ñ unilaterale afskeiding?

Heidi ·

Gert weet jy hoe groot is die Great Wall of China? Gaan Google gerus. Die mure by ons huise kan tot ek oorklim. (Aan die verkeerde kant van 50 jr!) Kort en die lank is niks gaan onwettig immigrante en veral dwelmsmokkelaars keer nie. Wat kan help is om die aanvraag te verminder wat geskep word in die VSA waar “point of entry”is.

Gert ·

Hoe verminder jy die aanvraag? Vat jy al die Amerikaners se rykdom weg en verdeel dit onder die mislukte state? Vat jy die welsynstoelae en goeie medies weg?
Ja ek weet presies hoe groot die Great Wall is, dankie dat jy vra. Trump se muur gaan egter ‘n klein fraksie van die VSA se BBP kos, en glo my, jy gaan nie maklik oor hom kan klim nie.

Dries du Toit ·

Hier is n paar slim manne wat meer weet as die President self. Hulle sê mos deur te balk wys die donkie hy is n donkie

SANET ·

❗❗MAPSTIEKS,MAROELA❗❗
JULLE WEET NIÉ EERS,DAT JULLE SÙLKE SLIM INGELIGTE LESERS HET, WAT BJAAAAA SLIMMER IS, AS DIE VSA SE PRESIDENT SÉLF NIEEEE❗❗❗??

EN HÚLLE,KAN NIÉ EERS,HULLE EIE LAND SE PROBLEME EN KRISISSE HELP OPLOS NIE…❓❓?

Judge Dredd ·

Ten minste is Trump 1 president/politikus wat probeer doen wat hy beloof het hy gaan doen.
Lyk my baie in die samelewing is al so indoktrineerd met die links/liberales se agendas.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

MERKUR…pleks jy share ÉÉRDER liefs, jou EIE land se chaos…hmmmm….? en maak videos van húlle kaskenades…en probeer DIT ONDER DIE ARME ONSKULDIGE KIESERSKORPS VERSPREI…dán doen jý iets possitiefs ten minste!!
Trum+Putin kan HIERSO kom leer, van skelmstreke,arrogansie en gewetenloosheid ou merkur’ki

Gert ·

Het my tyd gemors om die eerste video amper deur te kyk, geen woord oor Trump nie, toe sien ek dis in 2015 gemaak, dit was Obama se termyn!

Merkur ·

@ Gert. Verskoning, inderdaad het ek myself onverstaanbaar uitgedruk.
My kommentaar en video-voorbeelde is op die een kant veronderstel om kommentator „Ronnie“ se bewerings oor Trump te weerspreek. (sy bewerings soos: „…onderduimse bedrywighede wat hy (Trump) en sy kabinet en hy (Trump) saam met Putin probeer uitvoer.“) Die twee videos is veronderstel om uit te beeld hoe korrup die Amerkaanse- (en Britse) „global strategists“ reeds vóór Trump se presidentskap was. Sedert 1871 al. Hierdie korrupte strategists en „deep state“ akteure word deur Trump en Putin terug gedring. Wat goed is volgens my. (Nie dat Putin ´n engel is nie.)
Met die informasie wat ek vandag het, is ek deur en deur ´n Trump ondersteuner!

Op die ander kant is die videos miskien relevant met betrekking op die jaarlikse Munich Security Conference (Münchner Sicherheitskonferenz) wat gister begin het en wat volgens al hoe meer mense ´n „farce“ of klugspul is.

Merkur ·

@ LIEWE GENADE, TOG!
Waarskynlik ook ´n misverstand. Dit kan dalk wees dat ons op die selfde kant is?
Ek het ook reeds baie kritiese kommentare oor Duitsland hier geskryf.
Die twee videos wat ek vandag hier gedeel het, was ook met die gedagte oor hoe die Amerikaanse (én Britse) „global strategists“ (voor Trump) gewetenloos met Suid-Afrika en die Afrikaners omgegaan het . En definitief vandag nog steeds. Maar ek glo nie dat Trump (en Putin) deel is van hierdie gewetenlose en arrogante „deep state“ akteure nie.

Dries du Toit ·

Al hierdie anti-Trump wysneuse kry hulle sogenaamde inligting by die eensydige liberale CNN. Clinton News Network.

Adam ·

Daar is waarskynlik meer onwettige immigrante in SA as die totale blanke bevolking. Die tipe onbeheerde insypeling dui presies op dit wat Trump motiveer om ‘n muur op te rig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.