Trump gaan pad vat uit Withuis voor Biden se inhuldiging Woensdag

President Donald Trump. (Argieffoto: Andrew Harnik/AP)

Teen die tyd dat Joe Biden Woensdag beëdig word as die 46ste Amerikaanse president, sal sy omstrede voorganger Donald Trump reeds ver weggevlieg het – ʼn helikopter sal hom vroeër die oggend vir die laaste keer van die Withuis vlieg, het ʼn amptenaar gesê.

Trump sal die eerste president in meer as ʼn eeu en ʼn half te wees om die inhuldiging van sy opvolger mis te loop.

ʼn Amptenaar sê Trump sal na sy Mar-a-Lago-gholfklub in Florida gaan waar hy ná sy tyd in die Withuis sal woon.

Die president sal na verwagting myle ver weg wees teen die tyd dat Biden om 12:00 op die trappe van die Kongresgebou beëdig word.

Donald Trump en sy vrou, Melania, en Barack Obama en sy vrou Michelle kort na Trump se inhuldiging. (Foto: Jim Watson/AFP)

Nadat hy meer as twee maande probeer het om die uitslae van die November-verkiesing om te keer en vals samesweringsteorieë oor bedrog gebruik het, is Trump se teenwoordigheid nie by die inhuldiging verwag nie.

Die laaste strooi was op 6 Januarie toe Trump voor ʼn groot groep ondersteuners aangevoer het dat hulle moet veg om ʼn bedrieglike verkiesing te stuit. ʼn Skare het daarna die Kongresgebou bestorm en die verrigtinge om Biden se oorwinning te bekragtig, ontwrig.

Vir langer as wat enigiemand kan onthou, het uittredende presidente langs hul plaasvervanger op die Kongresgebou se trappe gestaan en toegekyk hoe hulle die eed aflê. Só het hulle ook sigbare steun gegee vir die vreedsame oorgang van mag.

Trump, wat vir ʼn tweede keer in ʼn staat van beskuldiging geplaas is, het ook die meer diskrete protokol verbreek deur te weier om Biden en sy vrou, Jill, na die Withuis vir ʼn tradisionele koppie tee in sy kantoor te nooi.

Streng veiligheidsmaatreëls heers voor aangewese pres. Joe Biden se inhuldiging. (Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP)

Vrydag het adj.pres. Mike Pence wel sy inkomende eweknie, Kamala Harris, ʼn lui gegee.

Hoewel dit net vyf dae voor inhuldigingsdag en meer as twee maande na die verkiesing kom, het The New York Times berig Pence het sy gelukwense en hulp aan Harris aangebied. ʼn Amptenaar het die gesprek as “hoflik en aangenaam” bestempel.

Trump se buitengewone vertrek het bygedra tot die gevoel van senuweeagtigheid wat oor die inhuldiging heers.

Ná die aanval op die Kongresgebou is duisende soldate van die Nasionale Wag in Washington ontplooi. En selfs voor die veiligheidsnagmerrie, is die organiseerders gedwing om mooi te dink oor die tradisionele groot skares en lang gastelys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

71 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoekom

Is hierdie CNN?

Ek vind dit heel interesant dat die nasionale wag geroep word maar toe die strate van amerika brand was hulle nerens nie. Dus mag swart brand en vat en wit mag nie eers ‘n vlag waai nie. Die blatante rasisme teen wit mense word goedgekeur en beskerm deur die hele wereld se media. Dit is hartseer en gaan net ly tot meer konflik. As wit mens is ons deur ons eie regerings en media verklaar as vyande in ons eie geboorte lande…

Mallie

It is about good riddance of bad rubbish.

Anel

Stem saam met Trump. Hy wil nie deel wees van ‘n land wat in die spore van baie Afrikalande gaan stap nie. Voel baie jammer vir hom.

Pieter

vals samesweringsteorieë oor bedrog: vals bewering. Indien die stem % meer as 100% is, Trump se totale aantal getelde stemme minder word as ‘n uur gelede op TV en Biden s’n toeneem en ander gevalle raak dit ‘n smerige bedrog spul. Daar is meer voorbeelde en statistiese onwaarskynlikhede. Om alles onder die mat te vee as ongegrond is ondemokraties en rede vir onrus. Ondersoek en verklaar dit deeglik. By die werk is ek die enigste een wat bedrog uitsnuffel en is nog nooit verkeerd bewys nie, terwyl die res aan hul neuse gelei word. Die wêreld is vol bedrog as… Lees meer »

Nieko

MALLIE – I AGREE WITH YOU