Trump hef sluiting van regering op

Pres. Trump in die Roostuin by die Withuis (25 Januarie 2019)
(Foto: AP Photo/ Evan Vucci)

Pres. Donald Trump van die Verenigde State van Amerika het ʼn ooreenkoms onderteken om die regering tydelik vir drie weke oop te maak ná die langste sluiting van die regering in die Amerikaanse geskiedenis.

Die sluiting het gevolg toe Trump geëis het dat die kongres vir hom geld moet gee om ʼn muur tussen die VSA en Meksiko te bou voor federale agentskappe hul werk kan hervat.

Hy het Vrydag in die Roostuin by die Withuis gesê die federale regering word tydelik tot 15 Februarie geopen. Hy sal weer probeer om finansiering te bekom vir die muur wat ʼn groot struikelblok veroorsaak tussen die Demokrate en die Republikeine. Die regering het op 22 Desember gesluit toe die Demokrate in die regering geweier het om die $5,7 miljard vir Trump se muur goed te keur.

Die ooreenkoms wat hy Vrydag gesluit het, sluit nie enige geld in vir die muur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Nancy en Chuck geniet die oomblik, maar kom ons wag totdat die VSA soos ‘n voorstad in Nigerie of Brazil lyk en die veiligheidsheinings soos in Johannesburg… dan praat ons weer.

Ruiklont ·

Hierdie gaan veel vêrder as die magssp lethie wat deur die liberales aan die gang is. Hul hoofdoel is om geen grende geen soewereiniteit te hê met een wêreld orde. Ongelukkig volg die meeste mense die weg van die “Wêreld” en het geen saak oor wat reg of verkeerd is nie

Faan ·

Trump mag moontlik as n nar beskou word maar met sy voorsiendheid oor die onbeheerde toestroming van buitelanders is daar niks verkeerd nie.

Basjan ·

Faan, daar stem ek 100% saam met jou. Pres. Trump werk met ‘n plan. Om die regering tydelik vir drie weke oop te maak , is net om die Demokrate te paai (lees: rat voor die oe te draai). Trump gaan nog sy muur gebou kry. “Mark my words!”

Tobie Klarens ·

Al waar hy as nar beskou word, is in die liberale fopnuus en hulle surrogate in SA. Andersins die mees suksesvolle president ooit

Anoniem ·

As ek nou CR was sou ek dadelik n muur gebou het tussen ons en ZIm en Mosambiek om al die onwettiges uit te hou. Sterkte vir Trump.

TUSCON ·

Mense die muur is nie werklik van bakstene en sement gebou nie. Sekere gedeeltes gaan wel so wees, maar dit gaan n gevorderde elektroniese muur wees met hoogs gesofistikeerde toerusting. Dit sluit in gevordere hommel vaartuie. Die probleem is dat daar burgerlike opstand aan die broei in Mexsiko is wat vir die VSA probleme gaan gee. Ek hoop as dit gebeur plak hulle by al die demokrate en sit sommer gehuggies op in hulle tuine.

Ronnie ·

Trump het ‘n strategie of ‘n buitelandse beleid nie. Putin het ‘n plan wat sedert Januarie 2016 bo verwagting goed uitwerk. Hy trek die toutjies en Trump dans na sy pype.
Trump het nie gedink hy gaan die verkiesing wen nie. Die muur waarvoor Mexico sou betaal was maar aas vir sy ondersteuners. Nou bevind hy homself tussen die duiwel en die diepblou see. Aan die een kant verregse Ann Coulter wat hom ‘n swakkeling noem oor die muur nie van die grond af kom nie en Nancy Pelosi wat vir hom geld sal gee vir sekuriteit maar nie vir ‘n muur nie. Vir ‘n man wat vroue dikwels openlik minag is dit ironies dat vroue hom nou in so onbenydenswaardige posisie het.
Die GOP is verdeeld hieroor en van hulle is openlik in opstand. Daar is geen manier dat Trump toegelaat sal word om die aksie te herhaal nie. Hy kan probeer om ‘n noodtoestand aan te kondig maar die howe sal dit vinnig in die kiem smoor.
Die strop trek al nouer. ‘n Paar van sy binnekring het skuldig gepleit aan misdrywe. Nou is dit Roger Stone se beurt. En volgende, Kushner, Don Jnr, Bannon, Ivanka?
Putin, Xi Jinping en hulle bondgenote (oa Syrië en Saudi Arabië) ondersteun die diktator van Venezuela terwyl die VSA die opposisie leier ondersteun. Die VSA is deur die bondgenootskap gewaarsku om terug te staan. ‘n Baie kommerwekkende verwikkeling wat die grens kwessie gaan vererger. Gaan Trump standpunt inneem teen Putin en kie?

Christiaan ·

Geagte Ronnie! Ek moet ongelukkig jou “feite” regstel en na 21 jaar in die VSA weet ek miskien waarvan ek praat. (Nie wat CNN jou vertel nie) Trump het ‘n sterk buitelandse beleid. Tot op datum het Trump die sterkste sanksies teen Putin ingestel as enige ander president voor hom. Ongelukkig trek Putin geen “toutjies” nie. Trump het geweet hy het ‘n 90% kans om te president te word weke voor die verkiesing! Hy het ook gesê Mexico sal op die lang duur betaal vir die muur. Presies wat met die nuwe handels ooreenkoms met Mexico sal gebeur. Coulter het ‘n swak platform in politied vandag. Niemand, wat ek ken, neem haar ernstig op nie. Trump is die eerste kandidaat in die geskiedenis wat ‘n vrou aangestel het om sy campaign the bestuur. Hy het ook die tweede vrou aangestel as Ambassadeur in die VN. Die feit dat jy sê hy “minag” vrouens is vals! Hy het ‘n Constitutional reg om ‘n nood krisis af te kondig en die Supreme Court sal dit onder streep. Sy “binnekring” is aangekla van “misdrywe” wat niks met hom of sy politieke loopbaan te doen het nie. Die oormeerderheid van wêreld lande ondersteun Trump se houding jeens Venezuela! Niemand het hom aangesê om “terug te staan” nie! Hy het reeds 2 jaar terug stand ingeneem teen Putin, China en North Korea!

Tobie Klarens ·

Hou op om na CNN te kyk. Hulle is nie verniet 13 e op die lys nie, onder cartoon netwerke

Spikkels ·

Christiaan dankie vir jou
verduideliking ek verstaan dit ook so maar daar is Trump haters en Libs wat dit nie so verstaan of wil sien nie. Ook kyk hul te veel ba Cartoon CNN

JAN ·

Polosi is met gevaarlike speletjie besig. Staatskaping tot staatsgreep.
Wonner waar het sy dit geleer?

Lisa ·

As ons maar ‘n president kon gehad het wat werklik sy land ‘n beter plek wil maak. Hoera vir Trump!

Allan ·

@Ronnie, waar kom jy aan jou inligting, dalk moet jy begin ander bronne ook lees. Dankie, Christiaan dat jy hom reg help.

Trump word spesifiek geteiken en ondermyn omdat hy nie deel van die “Establishment/Shadow Government/Cabal” is nie, en nie omdat hy nie sy werk goed doen nie. Daar word ook nie omgegee of sy besluite goed is vir die Amerikansers nie, hy moet uit TEN ALLE KOSTE. Punt.

Piet Pompies ·

Beskerm jou land en sy mense, dit is enige land se grootse bates. Die meeste buitelanders misbruik stelsels vir eie gewin en dra min tot niks tot die land se groei by. Daar word vermoed dat tot 5 miljoen Zimbabwe burgers hulle tans is SA bevind. Waar bly die mense, waar werk hulle, wie versorg hulle…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.