Trump hef verbod op wildtrofeë op

Argieffoto

Die Trump-administrasie het stil-stil die verbod op die invoer van onder meer olifanttrofeë uit Afrika opgehef, wat wyd veroordeel word as ʼn “ommeswaai” van pres. Donald Trump se vorige veroordeling van dié praktyk.

Die US Fish and Wildlife Service (FWS) het in ʼn memorandum, wat 1 Maart 2018 gedateer is, dié besluit bekendgemaak.

Volgens die memorandum word die verbod opgehef op die invoer van trofeë van Afrika-olifante wat in Suid-Afrika, Zimbabwe, Tanzanië, Botswana, Namibië en Zambië gejag is. Die verbod op die invoer van trofeë van leeus wat in Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië gejag word, is ook opgehef, asook die invoer van trofeë van bontebokke wat in Suid-Afrika gejag is.

Die memorandum stel dit dat die ondersteunende bevindings wat by die Wet op Bedreigde Spesies gevoeg is met betrekking tot die bogenoemde verbodsbepalings nie meer vanpas is om individuele permitbeslissings oor dié spesies te maak nie. “Die FWS is egter van voorneme om die inligting wat in hierdie bevindings gebruik word steeds te oorweeg waar dit gepas is, tesame met die inligting wat die FWS ontvang en die inligting wat beskikbaar is wanneer elke aansoek ontvang word, om individuele permitaansoeke te evalueer,” lui die memorandum.

Pres. Donald Trump se twiet op 20 November 2017 oor die kwessie.

Die FWS het gesê hy sal voortgaan om die status en bestuur van hierdie spesies in die onderskeie lande te monitor. Elke permitaansoek van die bogenoemde ses Afrika-lande sal dus nie outomaties goedgekeur word nie, maar op ʼn individuele grondslag oorweeg word. Aansoekers moet dus soos voorheen aan streng bewarings- en volhoubaarheidsvereistes voldoen.

Die opheffing van bostaande verbod is deur internasionale media bestempel as onverwags en ʼn ommekeer van Trump se vorige uitsprake oor die kwessie. Trump het verlede jaar ʼn stortvloed kritiek ontvang nadat hy aangekondig het dat die verbod op die invoer van olifanttrofeë, wat deur die Obama-administrasie ingestel is, moontlik opgehef kan word.

In November 2017 het hy getwiet hy gaan sy besluit heroorweeg om eers al die bewaringsfeite behoorlik na te gaan. Trump het op 20 November 2017 getwiet: “Big-game trophy decision will be announced next week but will be very hard pressed to change my mind that this horror show in any way helps conservation of elephants or any other animal” [sic].

Trump is vandeesweek weereens erg op sosiale media gekritiseer vir sy besluit, met talle sosialemediagebruikers wat die besluit as “aanstootlik” en “belaglik” bestempel. ʼn Foto van Trump se seun wat tydens ʼn jagtog in 2012 geneem is waar hy staan met ʼn mes in die een hand en die stert van ʼn olifant in die ander, is weer wyd gedeel en veroordeel.

Trump het egter nog nie weer hierop reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ontnugter ·

Fantastiese nuus. Nou sal geld weer invloei. En kan die useless groenies foul foul skree terwyl hulle wegle aan hulle biefstuk en weer lawaai maak. Feit bly jag bring miljarde in sa in.

Matrys ·

Dankie tog dat regdenkende mense ‘n ingeligte besluit geneem het! Daar’s plekke in Suider Afrika met gans te veel olifante, en oorsese trofee jagters bring goeie geld in vir die plaaslike bedryf. Die anti-jag groeperings wil nou hard huil, maar niemand kon my nog verduidelik hoekom ons krokodille vir handsakke mag gebruik maar nie ‘n olifant vir ‘n trofee nie – hoe meer kere die dier ‘n Disney karakter was hoe belangriker is hy mos. Ons moet waak teen emosionele besluitneming as dit by ons natuur kom, en sorg dat mense met opleiding en ervaring hierdie besluite maak.

M'Lady ·

There has been a catastrophic decline of elephants (a keystone specie) in Africa. Estimated from 10 million at the beginning of the 1900’s to less than 430,00 today. Poaching and trophy hunting are the main reasons for this. Trophy hunters seek the bulls with the biggest tusks, with only 20 Big Tuskers left in Africa, they are now going after the elephants that could have become Big Tuskers. Trophy hunters are also killing healthy individuals, depleting the gene pool. How can Trump, CITES and IUCN decide on the fate of African elephants or for that matter any other specie in Africa? Wild lions, leopards, cheetah, rhino even giraffes are disappearing fast. Professional hunters must be in seventh heaven. Now they can make thousands from hunting elephants, with less than 3% going back to the local communities. They live a life of luxury at the expense of the animals.

Ontnugter ·

Ja n bees mag geslag word. Wie was al by n slagpale? Wreed kry nuwe betekenis daarso. Moet asb om hemelsnaam net nie n bok of leeu skiet nie. Maar dieselfse mense le lekker en smul aan hulle biefstuk. Vandat groenies dit reggekry het om n limiet op bv leeubene te sit word leeus in hulle honderde uitgesit. Voorheen was dit nie naastenby so baie. Elke keer as die groenies inmeng onder die waan van bewaring kom daar chaos in daai bedryf.

M'Lady ·

The DEA decided on 800 lion bones to be exported. Nothing to do with the greenies.

Bewaringskundige ·

Jag is uitstekend vir bewaring. As dit nie vir die jagbedryf was nie was daar vandag bittermin bewaarde gebiede en skaars spesies oor. Dankie Trump, jy gee Afrika se natuurlewe en ekonomiee n goeie hupstoot hiermee.

Pieter ·

Hierdie is werklik die eerste besluit wat Presedent Trump maak wat nie reg klink nie maar wat hy van Afrika dink verduidelik seker alles.

Vis Visagie ·

Die sogenaamde jagters kan darem maar ‘n klomp twak kwyt raak, jy eet beesvleis, skaap, hoender, vark ens ens. Waar die duiwel eet jy Leeuvleis, Olifant, Renoster. Leeu (geblikte) skiet is ‘n kunsmatige mark wat geskep is,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Leeuwyfie ·

My man is n ph en ek jag self, tog gaan jy ver soek om mense te kry wat meer belê van hulle tyd, liefde en passie om bewaring te laat geskied. Spesies in Afrika het agv jag die geleentheid om voort te bestaan. Indien n leeu bv nie n ekonomiese waarde het nie, hoeveel sal jy kan aanhou sonder om bankrot te gaan? Die dier moet eet, hy moet in sy habitat kan rondbeweeg, maar die grense moet behoorlik toegespan wees (wat verskriklik duur is en dan onderhoud op die heinings). As daardie dier nie n inkomste bring en n paar gejag word sodat die spesie kan voortbestaan, dan gaan hulle uitgewis word. Daar is ETIESE maniere om te jag! Ons jag en eet wildsvleis, tog sal jy my nie my mond sien sit aan skaap, bees of vark. Was jy al by n slagpale?! Dit is VERSKRIKLIK! Ek is n groene, in die ware sin, ek pas die aarde op, ek het my kind op moderne lapdoeke grootgemaak en nie weggooi doeke wat besoedel, ons die herwin, gebruik glas waar moontlik en vermei plastiek. Ja ons jag ook! Oor olifante, daar is te veel, so wat sal mense verkies, troppe wat uitvrek van hongerte? Ekologiese gebiede wat totaal en al verwoes word deur oorbewyding? Gaan kyk hoe lyk n honger dier en kom sê jy weer van nie jag?! Daar MOET gejag word, vir vleis, vir ekonomiese waarde, vir balans en vir die spesie se voortbestaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.