Trump in staat van beskuldiging: Jurielede beëdig

Die Amerikaanse hoofregter John Roberts beëdig Donderdag 99 van 100 senatore in. (Senate Television via AP)

Die Amerikaanse hoofregter John Roberts is Donderdagmiddag ingesweer vir die langverwagte verhoor van die Amerikaanse president Donald Trump. Hy is in Desember in ’n staat van beskuldiging geplaas.

Roberts sal die verhoor oorsien wanneer dit Dinsdag afskop.

Roberts het gister sy eed afgelê, waarna hy 99 van die 100 senatore wat as jurielede in die verhoor optree, beëdig het.

Mitch McConnell, leier van die Senaat, het die senaat en lede van die Withuis tot Maandag tyd gegee om dokumente met hul argumente vir volgende week se verhoor in te dien.

Maroela Media het vroeër berig Trump is die derde Amerikaanse president om in ʼn staat van beskuldiging geplaas te word. Hy word amptelik daarvan aangekla dat hy sy mag misbruik het en die kongres se ondersoek na hom belemmer het.

Pres. Donald Trump Donderdag in die Withuis in Washington. (Foto: Evan Vucci, AP)

ʼn Tweederdemeerderheid is in die verhoor by die senaat nodig om Trump se kop te laat rol. Dit is egter onwaarskynlik aangesien die Republikeine – Trump se party – in beheer van die senaat is.

Die Demokrate het in September met ʼn ondersoek teen Trump begin. Hy is daarvan beskuldig dat hy druk op die president van die Oekraïne probeer plaas het om Joe Biden, die Demokratiese presidentskandidaat vir 2020, se seun se oënskynlik korrupte sakeverhoudinge in die Oekraïne te ondersoek.

Volgens die Demokrate het dit daarop neergekom dat Trump die Oekraïne afgepers het om Biden se seun te ondersoek en dat hy só ’n mededinger se kanse in die 2020- presidensiële verkiesing in die VSA benadeel het.

Trump word boonop vandeesweek deur die Government Accountability Office (GAO), ’n onpartydige waghond van die kongres, daarvan beskuldig dat die Withuis die wet oortree het deur militêre hulp om “beleidsredes” aan die Oekraïne oor die afgelope somer goed te keur.

Trump het egter in Desember na die die saak teen hom as ʼn “heksejag” verwys en volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Hy het ook gesê hy is nie bekommerd oor die proses wat gaan volg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Thinus ·

Hoop Trump fire al daai agterbakse rugstekers en linkses wat van hom probeer ontslae raak. Sterkte pres. Trump, ek hoop jy vernietig die demokrate en hul linkse gespuis.

DewaldS ·

Brood en sirkus vir die gepeupel. En hulle betaal hulle taks getrou.

Bees ·

Die liberale het natuurlik klaar hulle undercover agente daar geplant. Hulle doen absoluut alles in hul vermoe om van Trump ontslae te raak, want hy is n bedreiging vir hulle idologie. Die spul gryp na enige strooihalm, sterkte vir Trump.

Gerhard ·

Hoe gouer Amerika van daai narsistiese NAR ontslae raak, hoe beter vir hulle en die res vd wêreld. Grootste grap ooit! En REUSE bedreiging vir die wêreld eknomie.

Werner ·

Demokrate is besig om hulle name met n plank te slaan hier gaan dadels van kom wat verwag jy van n lib kan nie verder sien as wat hulle neuse lank is nie

daniel ·

Trump het ongekende voorspoed vir Amerika gebring, gee erkenning aan hom. Hy het het Amerika weer trots gemaak.

Leon ·

Ou Gerhard jy klink soos n regte CNN kyker wat eintlik niks weet van die voorspoed wat Pres Trump aan sy land en mense gebring het nie. Hy is huidiglik die beste Pres. in die wereld. Doen asseblief meer feite gebaseerde navorsing voordat jy sulke walglike uitlatings teenoor hom maak. Ek kan nie glo dat daar geen “L” faktor by jou is nie.

Ans Maree ·

Gerhard, jy weet nie wat jy sè nie. Ek wens Suid Afrika kon ‘n “Trump” hè. Nar beslis, maar absoluut “what you see, is what you get”
Sy doel is om sy land te bevoordeel. Is dit nie waarvoor n president daar is nie? En dit is wat hy tot dusver gedoen het. Kyk na sy aksies en vergeet sy persoonlikheid! Hy gee nie ‘n flenter om wat enigeen van hom dink nie, en dit is reg so.

Jack ·

Arme Trump, ten minste het Clinton ‘n gelukkie gehad vir sy staat van beskuldiging.

Koos ·

Daniel, soos Mandela vir SA in die wêreld se oë?
Waar is ons dan vandag?

Willie ·

Darem het Clinton se probleem nie wêreld vrede of wêreld ekonomie bedreig nie.

Judge Dredd ·

…….wereld vrede omdat die liberaliste te bang is om op te staan teenoor tirannie van sosialisme/islam is geen vrede…..
Vir die behoud van vrede sal sekeres amper alles prysgee, net om te laat te besef dat hulle die mag aan die opponent gegee het.
Oorlog was en sal altyd maar deel maak van die mensdom, vraag is wie is na die tyd in beheer?
En jy kan maar verseker wees dat daardie stelsels ook nie welvaart of vryhede gaan
skep .

benaYaHU ·

@Judge Dredd
Korrek, maar die meerderheid is nie genoegsaam ingelig ten einde jou kommentaar voldoende te begryp. Dit kos immers moeite en onderskeidingsvermoë asook heelwat navorsing en om nie alles te glo wat die s.g. hoofstroom-mediahuise opdis. Daar blyk egter ‘n ontwaking plaas te vind.. al hoe meer wat WIL weet kan begin sien wat werklik ‘globaal’ aan’t gebeur is.

CallieL ·

Dalk tyd dat julle begin besef dat almal teen Trump deel van die antichris uitmaak. Gaan kyk maar hoe kwaad is hulle oor hy geld vir Godsdienstiges en Kerke wil gee. Bid hy bly daar vir nog n paar jaat want die duiwel en sy gepeupel probeer nou alles om die wereld totaal oor te vat.

Marius ·

Dit gaan alles oor hy Hillary Clinton gewen het sy het gedink sy het hom in die sak.Die demakrate hou tog op huil en vat dit soos ‘n man dat julle verloor het Ha Ha

Feite ·

Ek is oortuig daarvan dat daar genoegsame republikeine met integriteit is, wat gegewe die feite en bewyse teen Donald Trump en sy korrupte chronies en ten spyte van die demokrate en die verkiesing wat voorle, wel teen Trump gaan opstaan, omrede hulle sal besef dat hoe gouer dit gebeur hoe beter sal dit wees vir vrede en stabiliteit in Amerika en die wereld. Om deur magsmisbruik en korrupsie ryk te raak sonder vrede en stabiliteit is op die lange duur doodeenvoudig net nie die moeite werd nie, self nie eers vir die republikeine nie!

Kobus ·

Die Republikeinse Party sal ‘n ooreenkoms met Trump sluit: Hul senatore stem teen die beskuldiging, maar dan moet Trump van die toneel verdwyn en nie staan vir ‘n tweede termyn nie.

John ·

… reuse bedreiging vir watter ekonomie. Dit gaan goed met die VSA. Of is dit liefste Sjina wat al byna alles maak wat ons koop. Indien iemand nie walgooi nie gaan geen ander land enige produkte meer vervaardig nie. Die ou antie wat selfs ‘n perskekleurige rokkie aangetrek het vir peach-okasie en spesiaal 20 fancy penne bekom het vir die ondertekening drink seker perske-likeur saans vir skop voor sy haar peaches and cream cream aansmeer. Iemand moet vir haar botox betaal. Wie?

Johan ·

VSA se beste president nóg, maar daar sal altyd orals die linkses wees wat alles in hulle vermoë doen om die reg en geregtigheid en goeie dade probeer vernietig. In die linkses se koppe maak die ou met die horings oppie kop en punt stert heeldag lank moeite met gedagtes wat na n riool plaas ruik. Ons bid maar vir hulle vir redding.

Charles ·

LOL – die finale spyker in die Dems (lees: sosialiste) se doodskis.

November gaan wonderlik! wees vir potus.

“straight red ticket” – gaan rooi, gaan KONSERWATIEF.

benaYaHU ·

@Charles
‘n Sprokie my kind.. indien jy dink die “POTUS” is in beheer van enige ware beleidsrigting..
Neem so wwek verlof en vors na .. begin met “deep state” .. o, en los die vooropgestelde idees en opinies by die deur.. anders sal jy beslis nie agter die dieperliggende feite kom nie. Sterkte!

Swartwolf ·

Liberalistiese kommunistiese islam plan sal nie slaag nie. Trump already made America great again.

Woef ·

Trump is goed vir Amerika maak nie saak wat hulle se nie. Hierdie is ‘n manier om te keer dat Trump weer kan staan vir president. Ek hoop die demokraate val plat op hulle gesigte.

toy ·

Hulle gaan eendag nog besef wat het hulle gehad. Trump het ‘n sterk persoonlikheid, iets kry hom nie sommer onder nie. Sal daarvan hou as hier ‘n Trump was in Suid-Afrika.

Kobus ·

Hillary het Libìë tot ‘n val gebring met wapens wat toe ook later deur tereur groepe in Sirië grbruik is. Dit het die toevloei van migrante na Europa begin. Meer as toeval….

Eind Tyd ·

Hulle sal nie vir Trump uit kry nie, Trump is deel van God se plan vir die eiend tyd. Trump is die person wat die werld vredes verdrag gaan teken, tussen al die betrokke partye. Een werld stelsel en een Werld kers stelsel. Niemand keer wat God wil doen nie

Judge Dredd ·

…een wereld orde is Satans werk…..
Trump is openbaar krities teenoor Verenigde nasies, en het Pole se mense al geluk gewens vir hul onafhanklikheid strewe…..

Marius ·

As jy dink die 1 wereldorde kom van God af dan weet ek nie of jy jou feiteboek regop houvas nie.

Fanie du Preez ·

Wat n grap….hulle skarrel nou al vir 4 jaar om iets te kry om Donald uit te kry…maar daar is nêrens enige bewyse nie….nou gaan hulle weer probeer….net jammer die hof wil eers bewyse hê voor Trump “Impeach” kan word….die Liberale dink as hulle in hul massas glo daar is n man op Jupiter dan word dit feite…of dit nou so is of nie….Amerika het die beste groei ooit…wel gedaan….jammer vir julle,MSM.

Peet ·

Die woorde soos narsis ens. kom so reg uit Dickens. Trump is dalk nie die beste ou vir job nie maar is ligjare beter as die Clinton bende. Obama skuil nog agter sy vervaardigde image. Wag maar as Trump die geslote lêers oopmaak.
Proses is tyd- en geldmors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.