Trump is ‘Time’ se Mens van die Jaar

Trump is Time se mens van die jaar (Foto: Today)

Trump is Time se mens van die jaar (Foto: Today)

Die nuutverkose president van die VSA, Donald Trump, is aangewys as die tydskrif Time se Mens van die Jaar vir 2016.

Die nuus is Woensdag op die televisieprogram Today bekendgemaak. Die beoordelaarspaneel bestaan uit die redakteurspan van Time en die toekenning word gemaak aan iemand wat die nuusagenda op welke wyse beïnvloed het.

Hillary Clinton, wat vroeër in November die Amerikaanse presidentsverkiesing teen Trump verloor het, was die nommer 2-finalis.

Nancy Gibbs, Time se redakteur, het gesê Trump is as mens van die jaar aangewys omdat hy “Amerika herinner het dat demagogie op wanhoop voed” en “die waarheid net so sterk is soos die vertroue wat mense het in diegene wat dit praat”.

Gibbs het ook gesê hy was suksesvol daarin om “ʼn politieke kultuur vir môre op te stel deur die kultuur van die verlede te sloop”.

Die eerste ontvanger van dié titel was Charles Lindbergh in 1927.

Die titel is veral bekend omdat die kriteria daarvan slegs is om die nuusagenda te beïnvloed, al was dit ook negatief. Daarom het Adolf Hitler ook in 1938 die titel ontvang en Josef Stalin in 1939.

Verlede jaar se nommer-2 finalis was die Isis-leier, Abu Bakr Al-Bagdadi.

Bron: Independent, Time

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JC ·

Mooi Donald! Witvoetjie soek deur TIME!! Ag shame tog.
Liberale gespuis.

Rupert Ashford ·

En die bitterheid drup nog terwyl hulle die toekenning doen. Daai “humble pie” moet teen die tyd al baie sleg wees. Kry vir julle…

Nel ·

Jan F E Cilliers: ”n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk…’ ;))

Jan ·

So terloops, ek en my vrou het der jare gelede by die ou Johannesburgse skou, in een van die sale na eksotiese motors ens staan en kyk. Die volgende oomblik kom PW met sy veiligheidswagte daar aan. Pak klere natuurlik, swart. Na hy die karre bekyk het draai hy om en daar staan ek, hy kyk my vierkantig in die oë, steek sy hand uit en groet. Ek sal daai gesig, die oë, en mens in my lewe nooit ooit vergeet nie. Staatsmanne word gebore.

Hoe ook al ·

Beplan of nie, daai “M” op die voorblad lyk soos hasie-ore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.