Trump kan Jerusalem dalk erken as Israel se hoofstad

Jerusalem (Foto: Buecherwurm_65, Pixabay)

Die Amerikaanse president Donald Trump oorweeg tans of hy formeel Jerusalem sal erken as Israel se hoofstad, maar het nog nie ʼn besluit geneem of die Amerikaanse ambassade uit Tel Aviv geskuif sal word nie, het die Wall Street Journal verlede week Donderdag berig.

Amerika het intussen sy geallieerdes in kennis gestel van moontlike betogings, maar beamptes het aan die koerant gesê die planne is nog nie gefinaliseer nie.

Amerikaanse beamptes het dit duidelik gestel dat geen besluit tot dusver geneem is nie. Adjunkpres. Mike Pence het Dinsdag gesê Trump “oorweeg tans hoe en wanneer om die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif”.

Trump het tot Vrydag kans om ʼn besluit te neem of hy wetgewing sal onderteken wat bepaal dat die Amerikaanse ambassade in Tel Aviv sal bly. Die Amerikaanse ambassade is steeds in Tel Aviv, al is wetgewing twee dekades gelede in plek gestel wat vereis dat die ambassade na Jerusalem geskuif moet word.

Demokratiese en Republikeinse presidente het deurgaans die vereiste elke ses maande van die hand gewys en voer aan dat só skuif ʼn oortreding sal wees van Amerikaanse nasionale veiligheidsbelange en dat dit die vredesproses kan kelder.

Trump het tydens sy presidensiële verkiesingsveldtog onderneem om die beleid te verander en Palestyne het gewaarsku dat dit die vredesproses in gedrang kan bring.

Israel beskou Jerusalem as sy hoofstad, maar sedert die Palestinian Authority aangedui het dat hy Oos-Jerusalem die hoofstad wil maak van ʼn uiteindelike staat, sal die besluit, om Jerusalem die ligging te maak van die Amerikaanse ambassade, ʼn duidelike teken wees dat een saak bó die ander verkies word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

chaim ·

skep finaal die palestynse staat en verdeel wes en oos Jerusalem soos wat wes en oos berlyn verdeel was. dit behoort te werk.

Marianne ·

Jerusalem Heilige stad, oorlogs stad, sedert Bybelse dae woed oorloë en vervolgings in Israel. Dit is hoe dit was en sal wees.
Waarom ontrek Donald Trump en al sy magtige landa amptenare nie alle soldate uit oorloë nie? Laat die klomp mekaar uitsorteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.