Trump kap terug na Meryl Streep

2016 Election Trump

Donald Trump Foto: AP Photo/John Locher

Amerika se verkose president Donald Trump het Maandag teruggekap na die aktrise Meryl Streep nadat sy hom tydens die 74ste Golden Globe-toekennings in ʼn toespraak bygekom het.

Streep is vereer met die Cecil B DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die bedryf en het in haar toespraak passievol gepraat oor Hollywood, buitelanders en die media.

Sy het sonder om hom by die naam te noem ook Trump as die verkose president aangespreek. Streep het gesê hoewel talle akteurs vanjaar daarin kon slaag om uitstekende rolle te vertolk, is daar een “vertolking” wat haar tot stilstand geruk het: dié van Trump.

“Daar was ʼn oomblik waartydens die persoon wat in die belangrikste stoel in hierdie land sit ʼn gestremde verslaggewer nageaap het. Dit het my hart gebreek en ek kan dit steeds nie uit my kop kry nie, want dit was nie ʼn fliek nie, dit was realiteit.” Streep het verwys na Trump wat die verslaggewer Serge Kovaleski, ʼn man met ʼn siekte wat sy gewrigte aantas, glo nageboots het.

Trump het egter later op Twitter teruggekap. Hy het gesê daar word ʼn te groot ophef oor Streep gemaak en dat sy hom gekritiseer het sonder dat sy hom eens persoonlik ken. Hy het ook teruggekap na die bewerings rakende Kovaleski:

“Gebrek aan respek lei tot disrespek. Geweld blaas geweld aan. Wanneer iemand in ʼn hoë posisie dit gebruik om te boelie, het ons die stryd verloor,” het Streep in haar toespraak gesê. Die media speel ʼn belangrike rol om dié gedrag hok te slaan, het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Dion Els ·

Streep moet haar maar net eers by die maak van flieks bepaal.

piet ·

Ek het so al my respek vir haar verloor. Dit was nie die tyd en plek om so iets kwyt te raak nie. Dit is dan bevestig dat sy n esel is.

Pietsepan ·

Sedert wanneer is persone met liggaamsgebreke onskuldig? Trump moet hom nie steur aan hasie-omhelsers nie. Sedert wanneer is Streep nou ‘n politieke kampvegter? Sy het haarself nou in die voet geskied. Siestog!

T ·

Ekt al my respek vir haar gekry, sy het opgekom vir almal en mense wat verskil om aanvaar te word en saam te leef as mense maak nie saak kleur of ras nie.

Fanie ·

Trump sal moet leer dat Arende nie vlieë vang nie. ‘n Mens is net so groot soos die gevegte wat jy veg. Jy skiet nie ‘n vlieg met ‘n kanon nie. President Trump moet nou presidensieël optree, en nie in moddergevegte betrokke raak nie. Die wêreld wag op sy leiding.

Trompie ·

Dankie Meryl!! Ons land is ook vol aanhangers vir jul nuwe president wat skynbaar als weer gaan regmaak. Hoe kan ons nou beter weet as jy? Jou gekose president gaan selfs ons lewe beter maak!

Jack ·

Aag kom nou. Ons het klaar vir Malema as hoof nar. Die wereld wag beslis nie vir sy leiding nie. Regtig. Daar is geen verskil tussen sy leiding en Zuma se leiding. Maar hy bring hoop! Ons kon nooit by Amerika se vlak kom nie, maar gelukkig gaan Amerika se vlak vinnag daal. En nee, indien jy verskil is dit jou probleem. Ek het nog nooit gekyk op die horison vir ñ ridder op ñ wit perd. Is dit ñ engel? Is dit Oros? Nee, dit is Super Trump. En dan wonder ek hoekom The Avengers so goed doen.

Henk ·

Arende vang nie vlieë nie! Fanie daar leer jy my nou my nuwe gunstelling gesegde.

martin ·

klein bydrae. Die gesegde is n baie ou gesegde uit die romeinse tyd. As my geheue my reg laat onthou is dit Ceasar Julius wat dit gebruik het.Ek kan nie die latyn onthou nie maar die gesegde is eintlik ” ‘n arend hou homself nie op met vliee nie”. Ek stem ook saam dat pres. elect Trump himself daaraan moet hou en moet konsentreer op die verskil wat hy gaan maak. Die libs en linkses kan net nie aanvaar wat gebeur het nie en sal hom bly terg.

ADK ·

Stem volkome saam, dit was nie die tyd en plek nie. Meryl jou Streep is getrek.

Koos ·

Ek is n Donald Trump aanhanger, n fantastiese leier. Viva Mr. Trump viva!!!. Skink vir hom n “Bells” asb!!!

Lena Jonk ·

Ek ook n Trump aanhanger, mense gaan verstom wees hoe sterk hy vir Amerika staan, meeste glo al die nonsens wat opgedis word in SA deur CNN.

Duiwelse Advokaat. ·

Fanie is natuurlik reg. Hoewel ek van Trump hou sal hy moet leer dat hoewel Streep skynbaar ‘n Streep weg het mens nie ‘n vlieg met ‘n kanon skiet nie.

Chris ·

Ai die “hasbeens” darem ! Wil so graag ‘n libirale eiertjie le as hulle die kans kry – sad

John ·

Trump het meer hom om oor te bekommer as Streep met haar duisere persoonlikheid. Al wie ons telkens sien is ‘n persoon wat die draaiboekskrywer uitgedink het. Die platvloerse gedrag van die demokrate spreek boekdele met Obama bo-aan die lys wat nou vir oulaas gou bateljonne opstel met die hulp van die paranoiese lede van die CIA en die broekbewende Navo-magte om die Russiese-bedreiging af te weer van hul geliefde Ukraine se bankkrot sjokolade-fabriek en sy beroemde lekkende atoomkragstasie. En Clinton wou tog so graag nog ‘n leier sien val het om by die ‘tea party’ te loop spog… Gaan sy ooit oor die teleurstelling kom?

Lynette ·

Ai Mnr Trump, n President van n land hou hom nie besig met gesprekke op Twitter nie! Moet nou nie jou naam weggooi nie, asb.

Johnny ·

Trump plaas Twitter op die wêreldkaart. Ek hou baie van hoe hy konvensie die nek inslaan. Hier kom interessante tye.

anton ·

Hoekom mag n president hom nie self verdedig op enige platvorm nie? Glo dit is sy reg om homself te vededig indien mense hom vals beskuldig en dit is dalk juis wat hom so anders maak as ander presidente wat te ”Goed” is om sekere dinge te doen

Sus ·

……a mere ‘thank you’ would have been enough!…..het ‘n aanbieder by ‘n vorige geleentheid ‘n aktrise berispe toe sy haar goue oomblik gebruik het om ook politiek-politiek te skree.

Rupert Ashford ·

Die spul van Hollywood het erge grootheidswaan, terwyl hulle eintlik net goed is daarmee om voor te gee dat hulle iemand anders is. En Meryl Strip het eintlik beroemd geword deur te….

miv ·

Swak maniere om mense in die openbaar af te kraak en te beskinder. ‘n Persoon se posisie en/of geld gee jou nie die reg om enige iemand te beswadder nie.

Jakalas ·

Ek weet Trump is nie almal se koppie tee nie, maar mens kan dit nie mis kyk dat iemand ‘n vendetta teen Mr Trump het nie.

Carina van Aswegen ·

Ek voel n President moet glad nie eers gereageer het op sulke goed ni Hy moet van twitter en social media af weg bly

Eugene ·

Nee, dis nogal baie lekker dat Trump so aktief op Twitter is, ‘n mens kan dadelik sien wat hy dink en doen. Dit is nogal interessant!

gatiep ·

Carina al wat nodig is vir die duiwel oor te vat is vir goeie mense om stil te bly.
Go Trump go jaag sommer daai Trever ou van Suid Africa ook uit jou land uit wat sy mond so uitspoel teen jou. Enige mens kan sien hy word n helse klomp geld betaal net om jou sleg te maak.

Lena Jonk ·

Hou maar vir Trump dop, niemand speel met daardie ou nie, hy en sy span is ystersterk, hoop maar liewer dat SA ook so iemand kan kry dan sal daar ook n koers kom waarin beweeg word.

PJN ·

Miskien moet Trump nou uit daardie “mededinge tot aanloop van die verkiesing” “mode” uitkom en besef daar is nie meer opposisie nie. Hy is nou die gekose president van die VSA en hom waardig gedra en ophou om soos ‘n graad 4 dogtertjie op elke pop te wil spring en die wereld vol te wil twitter as iemand net na hom kyk. Daar is seker veel groter take as om te verrig as president as om elke “anti -Trump- ondersteuner” op sy plek te wil probeer sit. Streep moet miskien haar Golden-Globe toekenning aan hom oorhandig vir goeie toneelspel voor, tydens en na die verkiesing.

Swanna ·

Stem saam. Trump moet ophou om te tweet en sy werk begin doen soos hy veronderstel is om te doen en aan die wereld wys wie hy regtig is. Hulle sal hom aanval om negatiewe houding uit hom te kry en dan se ons het julle gese hy is so ‘n persoon.

Melt Olckers ·

Na aanleiding van bogenoemde komentare is dit duidelik dat baie mense geen meegevoel of empatie het met gestremdes nie. Julle is seker die mense wat skaamteloos op gestremde parkering parkeer en voel dit is julle reg. My eie mense begin my te walg.

hoenou ·

En die Oscar vir die beste vertoning tydens ‘n bedankingstoespraak gaan aan…

GES ·

Dit maak nie sin nie. Gestermde mense wil juis net as mense behandel word. So mense maak foute en moet kritiek kan verduur. Die demokrate kan skynbaar ook nie ʼn neerlaag verwerk nie en poog voordurend om hulle stempel af te druk. Liberalisme het slegs kort termein voordele en daarna word die probleem net groter. So wat is tannie Streep se oplossing?

Neewat ·

Ag asb .. gestremdes kry hulleself die minste jammer, hulle probeer soveel as moontlik aan NORMAAL leef, dit is hierdie ‘helde’ wat dink hulle kan agter ander se gestremdheid skuil wat my laat lag, soos Melt wat ook seker stil stil sy hond in die kar toesluit as hy gaan kruideniers koop. Gestremde mense leef normale lewens, en het nie julle simpatie nodig nie. Hou tog op met die jammergaai houding. Om nou op EEN iets te konsentreer en dit uit verband uit te ruk is belaglik. Trump is in elk geval nie jou president nie, bekommer jou eerder oor die RASSISTIESE uitlatings van jou eie president en ministers in SA, en die tekort aan skole en hospitale en ander fasiliteite en misdaad in SA, dan kan jy Trump OF ander mense kritiseer.

Melt Olckers ·

Ek vind jou aanmerkings aanstootlik Neewat, wat te skaam is om sy eie naam te publiseer by sy kommentaar. Ek is ‘n gestremde persoon wat betrokke is by die bevordering van regte van gestremdes. Dat jy die tipe kommentaar lewer op ‘n blad van ‘n groep wat vir minderheids regte veg is vir my ‘n skok.
Jou aannames van my wys ook dat jy niks weet van iemand soos ek se situasie nie.

gatiep ·

Neewat jy is reg enige gestremde probeer n normale lewe lewe en wil nie jammer gekry word nie. Dis hoeka die mense wat lyk of hulle jammer is vir hulle wat hulle n onreg aandoen en hulle weer laat voel hulle is anders.

anton ·

@Neewat………Beter kon ek dit nie self stel nie. Puik man!

ada ·

Dit is goed dat Trump sy menings opTwitter lug want so kan die mainstream media soos CNN ens nie sy woorde verdraai en vals berigte plaas nie.

Melt Olckers ·

Dis Russia Today wat die kommentaar verdraai, nie CNN, Sky of BBC nie. Nou die dag na nuus op Russia Today gekyk. Dit is meer ‘n vertoning can schadefreude as enige iets anders.

Elize ·

Weereens word alles rondom Donald Trump se handelinge verdraai, maar Meryl Streep het ‘n groot fout gemaak om hom daar by die Golden Globes aan te vat. Sy het geen takt nie. Ek glo nie vir een oomblik dat hy met ‘n gebreklike persoon sou spot nie.

Reti ·

Onthou sys ‘n aktrize. Goeie vertoning wat sy daar gelewer het.

Darius Els ·

Ek is ook gestremd maar misbruik dit nie soos n Jannie jammer … nie. As jy groot genoeg is om te werk ,is jy groot genoeg om die pyne te vat.BAIE gestremdes kruip weg agter hul gestremdheid.
Daardie aktrise het maar bekendheid verwerf as semi-porno aktris( The Postman always ring twice ).
Hollywood is die Sodom van die VSA.Selfs SA se se bydrae daar is n prbleempie gewees in dae en jare.
Akteurs is soos hierdie tye se rugby spelers,schooldropouts en geld versamelaars! Kyk na die land se span ,vol schooldrop outs en miljoeners.Ok die een wat bekommerd is oor geld vir kelners,my kinders moes dit doen terwyl aan universiteit,en het tussen 1997-2001 al R3500 per maand verdien.
Demokrate,liberale kommuniste,en sosialiste, almal is gereed om ge-open te word met gebed.

Adriaan Odendaal ·

@Melt Olcers. Indien ‘n gestremde bereid is om ellelange artikels oor Trump te skryf en hom van elke hoek en kant te kritiseer kan hy seker verwag om reaksie te kry. Sou jy verkies het dat Trump hom ignoreer het deur slegs te sê hy is gestremd en daarom gaan hy nie ‘n reaksie toon nie. Die ou werk vir die New York Times en is ‘n sosialistiese aktivis, nou moet ek my mond hou oor hy gestremd is. Gaan kyk ook na die youtube video, Trump het hom glad nie verneder nie.

Kobus Hattingh ·

Toe maak sy haar naam Bollie en hou ons nog steeds van Trump!

Melt Olckers ·

Ook net bynoem dat Trump nie julle regses se held is wat apartheid sal terugbring nie. Hy is ‘n Putin puppet, en Zuma is ook ‘n Putin puppet.

Estelle ·

Ag neeee, ek was mal oor Meryl Streep en George Clooney, maar vandat hulle, hul monde uitgespoel het oor Donald Trump gaan ek beslis ñ strepie deur hulle name trek!! Trump is al hoop wat daar vir Amerika is……. En vir die wêreld wat deur Amerika beheer word!! Mense word wakker, was dit nie vir hom nie was ons nou te midde van WW 111!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.