Trump koer oor liefde vir Kim

Amerika se president, Donald Trump, is verlief op Noord-Korea se diktator, Kim Jong-oen, het hy Saterdag in Wes-Virginië gesê. Foto: Withuis via Wikipedia

Dis ʼn onwaarskynlike romanse, maar pres. Donald Trump van Amerika sê hy en die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-oen, het die laaste paar maande “verlief geraak”.

Luidens ʼn berig op die webtuiste Business Insider het Trump Saterdag aan ʼn Republikeinse saamtrek in Wheeling, Wes-Virginië, gesê hul nuutgevonde liefde vir mekaar het die weg gebaan vir wat die Amerikaanse president “ʼn wonderlike verhouding” noem.

Op die byeenkoms, wat bedoel was om steun vir Republikeinse kandidate in die midtermynverkiesings te werf, het Trump melding gemaak van die afname in spanning tussen die VSA en Noord-Korea en gesê selfs nog tot onlangs het hy en Kim mekaar beledig en gedreig.

“Ek was regtig hardekoejawel en hy ook,” het Trump gesê. “En ons het gereeld vasgesit, maar toe raak ons verlief. Oukei? Nee, regtig. Hy het vir my lieflike briewe geskryf. Dis pragtige briewe. Ons het verlief geraak,” berig die webtuiste The Hill.

Business Insider meen Trump verwys na die simboliese briewe wat Kim persoonlik aan Trump gestuur het wat “deurdrenk was van die vleitaal”.

Die twee het mekaar vroeër vanjaar op ʼn historiese spitsberaad ontmoet nadat hulle mekaar voorheen gereeld gedreig het, berig die BBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Peppie ·

En wat ‘n pragtige foto, vriendelik, innemend, mens wil sommer saamgaan op sy reis.

Adam ·

In die kol Heidi!!!. Baie Suid-Afrikaners is ook verlief op CR want hy praat lieflike dinge. Teoreties gespoke is dit ‘n feeverhaal, maar in die praktyk ‘n naderende egskeiding.

Jerry ·

Dit se alles oor Trumpie en sy aanhangers. My vermoede dat daar groot fout is met diegene wat Trumpie so aanhang en hulle sin die heeltyd probeer kry deur beledigings links en regs uit te deel, was toe die heeltyd reg! N liefdevolle klomp is julle, voorwaar!

Pop ·

Ja nee kyk vir ou man lyk hy nie sleg nie. Glad nie sleg nie.

Kopskud ·

Pop, duidelik is jy hardop!
Dankie, Jerry, jy slaan die spyker op die kop!

Lerato ·

Kyk. Mens moet nou maar verlief daarmee neem dat daar versteurde mense is

Osie ·

Wonner hoe lyk Mr T s sy fake tans afwas? seker soos ET se oupa….

willie ·

Tenspyte van al die disinformasie doen Trump is uitstekend! Slegs twee jaar in die stoel en Amerika se ekonomie, ens. blom! Die klomp demokrate laat my dink aan die huide regering in SA waar alles wat sleg is blom! Slegs oningeligte liberaliste sal Trump PROBEER afkraak!

Cherokee ·

Willie, my hoop op ‘n sinvolle kommentaar soos joune was nie verniet nie.

Hennig ·

Uitstekende kommentaar Willie! Het ons maar so ‘n president gehad. Tog glo ek dat ten spyte van die penarie waarin ons volk is, sou so n leier vir ons hier opstaan die linkse globalistiese Afrikaners hom onder die klippe sou steek.

Piet ·

Dis die enigste wereld leier wat hom uitspreek teen plaasaanvalle en dan en dan dink Jerry daar is fout met die mense wat Trump ondersteun? Ek sou eerder se n persoon wat glo dat sy eie ras van die aardbol afgevee moet word se koppie is nie te lekker nie. Ek was nog nooit n Trump aanhanger nie maar die feit dat hy iets se van die haataanvalle teen blankes, is vir my genoeg rede om hom te ondersteun. As mens glo die mate van geweld in die land kan langer verdra word hoort jy in ‘n gestig.

Careltjie ·

Keep your friends close, but your enemies even closer. Trump is nie so dom nie.

Lerato ·

Piet

As jy dink Trump gaan iets vir SA doen, moet jy weer dink.

Al wat hy vir SA doen is om hoë belasting te hef op staal uitvoere na die VSA.

Cherokee ·

Net so terloopse aanmerking.. dit is waarskynlik dieselfde ja-stemmers (wat nou ontken dat hulle ja gestem het, want die eerlike ja-stemmers is dun gesaai) wat nou opnuut aanvalle loots teen Donald Trump, en ook weer later sal ontken dat hulle deel was daarvan. Hou die forums dop: wanneer een terroris die moed het om ‘n konserwatiewe politikus soos Donald Trump aan te val, is daar ‘n stortvloed van saam-stemmers wat tjoepstil gebly het totdat hy so dom was om ‘n aanval te loots. Mense wat altyd kyk watter vegter die grootste applous ontlok en dan saam juig. Diegene wat kyk watter party se plakate die kleurvolste is en dan so stem. Dit, wat ek nou hier geskets het, is die nuutste aanvallers teen Donald Trump. Hulle weet nie wie hy is nie maar sien dat wanneer hulle kyk, die meeste stemme teen DT is, en stem dan so. Soos ek gesê het, dit was ‘n terloopse aanmerking (wat waarskynlik die lesers wat hulself in my beskrywing sien, sal laat reageer).

Adam ·

Cherokee, natuurlik is jy reg wanneer jy beweer dat mense se sentimente soos ‘n blaar in die wind rondwaai. Trump is boonop net wat Amerika nodig het om hulle ekonomie op dreef te kry, maar ‘n staatsman is hy gewis nie. Sy positiewe bydrae op die een terrein word gereeld op ‘n ander terrein vernietig. Jy verwys na “ja-stemmers” en dit is nogal ironies want Trump in sy diepste wese is niks anders as ‘n “Democrat in drag” nie. Trump is en was nog altyd ‘n groot opportunis en gooi ‘n skeut populisme by en siedaar: President van Amerika. Gemeet teen Obama is hy baie goed, maar dit is ‘n bedenklike maatstaf. Wat indrukewekkend van Trump is, is hoe hy die VSA se belange voorop stel en dien, anders as ons Presidente. Hoe dit ook al sy, Trump en sy nuwe maatjie is beide baie volatiel en inpulsief in hul optrede; baie, baie gevaarlike kombinasie wat nie veryrou kan word nie.

willie ·

Net so, dit is mos so maklik om saam met die stroom te swem net soos die JA stemmers van ouds!

Piet ·

Put dit jou dan uit om na die waarheid te luister? Dis wetenskaplik bewys dat n persoon iets sal doen wat teen sy wil is, agv druk van die meerderheid. Wil jy nou daaroor stry?

DonsieBonsie ·

HARHARHARHARHARHAR OHHHHHH ASSEBLIEF!!!! Nou het ek al alles gehoor! ???

Dries du Toit ·

Trump is voorwaar n leier wat nie mooi broodjies bak ten koste van sy eie mense nie.

Piet ·

Put dit jou dan uit om na die waarheid te luister? Dis wetenskaplik bewys dat n persoon iets sal doen wat teen sy wil is, agv druk van die meerderheid. Wil jy nou daaroor stry?

Piet ·

Terloops Lerato, Yskor wat gestig was met die doel om arm blankes werk te gee en wat eens die trots van SA was, is deur die ANC aan die buitelandse eienaar van Tata verkoop teen ‘n ondergewaardeerde waarde. As Trump nie hierdie staal wil koop nie omdat hy sy eie vervaardigers wil beskerm, dan doen hy mos nou presies wat n goeie leier veronderstel is om te doen. Hoe meer jy van die man sleg praat hoe meer hou ek van hom en eintlik is (of moet ek se was) ek nie eers ‘n aanhanger nie.

Elsa ·

Sarie, as hulle gaan braai, dan wonder ek wie van Trump of Kim gaan die braaibroodjies maak ?

Elsa ·

Gedurende die verkiesing in die VSA en die groot teenstand wat Trump van ‘n groot deel van sy eie landgenote gekry het, was ek ook nie seker wat om van hom te verwag nie. Ek hou ook al meer van Trump en sou wat wou gee as hy ons President kon vervang.

madels ·

Trump is n geharde besigheids man. Hy se baie dinge en is UITERS slim! Hy het seker n baie goeie plan met sy nuutgevonde liefde vir Kim.. watch this space… EK HOU BAIE VAN TRUMP!

Driekie ·

Madels…jy neem die woorde uit my mond. DT is baie slim….en hy hou van n bietjie humor. Vir die wat dit nog nie opgemerk het nie. Hy geniet dit om iets te se wat reaksie uitlok… ( te “stir”) En hy slaag daarin…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.