Trump lê geskiedkundige besoek af aan Noord-Korea

Pres. Donald Trump ontmoet Pyongyang se Kim Jong-oen by die gedemilitariseerde sone wat die twee Koreas verdeel. [30 Junie 2019] (Foto: Xinhua/Newsis/IANS)

Pres. Donald Trump het Sondag die eerste dienende Amerikaanse leier geword om ʼn voet in Noord-Korea te sit toe hy vinnig die land besoek het voordat hy ʼn bilaterale vergadering met Pyongyang se Kim Jong-oen gehou het in die gedemilitariseerde sone wat die twee Koreas verdeel.

Trump is tans op ʼn twee daagse besoek aan Suid-Korea.

Hy het eers langs die militêre afbakeningslyn gestap, wat die wapenstilstand-dorp Panmunjom verdeel, ook bekend as die gesamentlike sekuriteitsgebied. Kim het toe opgedaag en Trump genader.

Die twee leiers het hand geskud voordat hulle saam oor die lyn na die noordelike kant gestap het. Hulle het eers vir foto’s poseer voordat hulle saam oor die lyn in Suid-Korea ingestap het.

Trump het aan die media gesê “dit is ʼn groot eer om oor hierdie lyn te stap”.

Dit was die eerste keer vir leiers van twee nasies om ʼn vergadering by Panmunjom te hou sedert die Koreaanse Oorlog in 1953 met ʼn wapenstilstand geëindig het.

Kim het op sy beurt die vergadering “’n historiese oomblik” genoem en gesê deur saam oor die lyn te stap is aanduidend van sy besluit om ʼn nuwe toekoms binne te gaan in die verhouding tussen Pyongyang en Washington.

Moon Jae-in, Suid-Korea se president, het later by die twee aangesluit. Die drie leiers het saam in Freedom House ingestap, ʼn gebou aan die suidelike kant. Kim en Trump het by mekaar gesit ter wille van die media en het daarna agter toe deure vergader.

Na afloop van die vergadering het Trump aan die media gesê hy het ingestem om gesprekke met Kim te hervat nadat kernwapenonderhandelinge vroeër vanjaar vasgeval het ná die twee leiers se tweede ontmoeting in Hanoi, Vietnam. Kim en Trump het verlede jaar Junie in Singapoer vir die eerste keer van aangesig tot aangesig gekom.

Trump het gesê die vergadering was “baie, baie goed”. Hy het bygevoeg die spanne sal oor die volgende twee tot drie weke begin werk en vergader. Die Amerikaanse kant sal verteenwoordig word deur die VSA se spesiale verteenwoordiger vir Noord-Korea, Stephen Biegun.

Trump het Kim ook Washington toe genooi, maar dit was nie onmiddellik duidelik of hy dié uitnodiging aanvaar het nie. Indien hy wel die uitnodiging aanvaar, sal dit die eerste keer wees wat ʼn Noord-Koreaanse leier die VSA besoek.

Trump sal later vandag vanaf Seoel terug na Washington vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

zoom zoom ·

Die inwoners van Noord Korea is Bly oor Trump se besoek want nou gaan hulle ook McDonalds takeaways kry

Sarie ·

Ek hou baie van Donald Trump, maar elke keer wanneer sy mond op ‘n foto verskyn sien ‘n mens ‘n ronde nul. Hy is nie op sy bek geval nie.

Cherokee ·

Dit is een van die gemene streke van media verslaggewers, Sarie. Wanneer hulle nie van iemand hou oor wie hulle verslag lewer, word die mees afbrekende of beledigende foto gebruik.

HP ·

Ja, dis `n ou truuk van die media om onvleiende fotos te plaas van omstrede persone. Hier plaaslik het Jacob Zuma behoorlik deurgeloop en deesdae is Steve Hofmeyr ook in hul visier.

H ·

VF plus, AF, wanneer besoek Trump Suid Afrika vir vrede en stop misdaad en moorde. Hoop hy doen gou iets.

Cherokee ·

Askies om jou bubble te bars maar die wêreld is groot en vir die Trumps wat die politiek beheer, is Suid Afrika ‘n klein kolletjie op die kaart en nie so belangrik soos vir òns nie. In hul vergadersale word die wêreld bespreek en al sou ons dit so wou hê is daar min kans dat SA ‘n hoof besprekingspunt sal wees.

Cherokee ·

En jý weet bôggerol van kaas maar probeer na ‘n kundige klink.

Cherokee ·

Markus, wees asseblief meer lojaal teenoor ons eie land. Hier is opposisie vir Donald Trump. Zuma kan dalk òòk nie president spel nie, maar jy kan nie sommer vir Zuma cheap maak nie! En Ramapokker is dalk nie so goed met geldsake nie maar hy droom darem oor wêreldstede soos die in die VSA.

anton ·

En ek stem 100% saam met jou!!!
Hy is maar net eenmaal in n ander klas!
En ek hoop en vertrou hy kry sy 2de termyn.

Wynand ·

Of julle daaevan hou of nie. Trompie het reeds die wereld ten goede verander. gee hom nog n termyl en hy kan n groot verandering bring. Die demoonkrasie van demekrate sal jare terug gesit word.

Stomgeslaan ·

Ten goede? Ons kyk, luister en lees duidelik nie dieselfde nuuskanale en media nie.

Human ·

Trump is sy bewonderaars se afgod en die Bybel sê jy mag nie afgode aanbid nie.

gatiep ·

Die Libs se tyd is uitgedien,daar gaan nie plek wees vir sulke mense in die nuwe wereld wat nou gebou word nie.
Trump gaan nog baie doen en regkry.
Ons land gaan nog n groot verandering ondergaan al gaan dit rof gaan.

Grassie ·

Gatiep – Jy is reg, ons land gaan nog verander, maar ek glo nie dit gaan ten goede wees nie. Ons land is op ‘n afdraandepad en ek het nie enige hoop op herstel nie.

Ronnie ·

Trump aanhangers glo werklik dat hy erns het met die amp wat hy beklee. Hulle glo werklik dat hy meer gedoen het vir die VSA as enige van sy voorgangers. Hulle hou die aandele mark voor as bewys van ‘n “goeie” ekonomie. En “goeie” werkloosheidssyfers. Die aandele mark is nie die ekonomie nie en meeste Amerikaners besit nie aandele nie en baat nie daarby nie. ‘n Groot persentasie Amerikaners moet om kop bo water te hou, vir twee selfs drie werkgewers werk.
Trump het geen belang by die administrasie van die land nie. Hy stel net belang om groter roem te verwerf as enige iemand anders ooit. So haal hy nou die Guinness Book of World Records as die eerste VSA president om ooit die afbakeningslyn te betree. Sy volgende mikpunt is ongetwyfeld om die Nobel Prys vir Vrede te verwerf. Sy volgende liefdesverklaring glo ek sal gaan oor President Hassan Rouhani van Iran.
Hy het nou soos ek reeds voorspel het, reggekry om ‘n militêre vertoon te hou, (in effek ter ere van homself), op die 4de Julie. Volgende ‘n versterking van die infrasatruktuur in die omgewing van die Withuis om die grootste en swaarste wapentuiig te kan hanteer? Hy kan mos nie terugstaan vir China, Noord Korea en Rusland nie!
Merk my woorde: Mount Rushmore, hier kom Trump se beeld! Groter en meer prominent as al vier die ander…. Dit is gewis een van sy groot aspirasies. Tyd sal leer of hy dit gedoen sal kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.