Trump maak weer stem dik op eie sosiale media-platform

(Foto: Chris DELMAS/AFP)

Donald Trump se nuwe sosialemedianetwerk is Sondag op Apple se App Store bekendgestel en behoort teen einde Maart ten volle in werking te wees. Dit kan moontlik weer lig werp op dié voormalige Amerikaanse president se sosialemediaprofiel, meer as ʼn jaar nadat hy deur groot platforms verbied is.

“Truth Social” is begin met ʼn beta-bekendstelling vir “genooide gaste”. Dit is reeds sedert verlede jaar beskikbaar vir voorafbestelling in Apple se App Store.

The Guardian berig sommige gebruikers het reeds aangemeld dat hulle probleme ondervind om vir ʼn rekening op die netwerk te registreer of dat hulle by ʼn waglys gevoeg is met ʼn boodskap: “Weens groot aanvraag het ons jou op ons waglys geplaas.”

Trump het Truth Social beskryf as ʼn alternatief vir Facebook, Twitter en YouTube. Voordat Twitter Trump se rekening op dié platform permanent opgeskort het, het hy nagenoeg 88,7 miljoen volgelinge daarop gehad.

Dié platforms het Trump verlede jaar verban nadat van sy ondersteuners die Kongresgebou (Capitol) in Washington D.C. bestorm het.

Die voormalige president is daarvan beskuldig dat hy sy volgelinge aangehits het om geweld te gebruik in ʼn poging om die 2020-verkiesing omver te werp.

CBS News berig Apple se App Store laat besoekers toe om Truth Social vanaf Maandag, die Presidentsdag-vakansie in die Verenigde State, vooraf te bestel.

Trump en sy vrou, Melania Trump, beplan om ook Maandag 10 000 nieverwisselbare items (NVI’s) (Engels: non-fungible tokens – NFTs), te koop en aan te bied, wat sleuteloomblikke in die Trump-presidentskap illustreer. NVI’s is gesertifiseerde digitale beelde wat gekoop en verkoop kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Christine ·

Die Demokrate gaan weer als probeer om Trump te kelder en sy nuwe platvorm te saboteer, want hulle is natuurlik bang hy lap al hul demoniese planne uit, wat ek glo hy kennis van dra. Hy weet presies wat teen die wêreld beplan word en wie agter die goed sit, geen wonder daai magte wil hom stilhou nie. Ek glo hierdie platvorm gaan
aan soveel sabotasies blootgestel word, dat hy dit maar gaan moet toemaak. Trump probeer poep teen donderweer, en die magte gaan hom verhoed en hy gaan opblaas en ontplof. Ek het baie respek vir die man wat een van die min elites is wat staan vir reg en geregtigheid vir die mensdom.

RomeoTangoGolf ·

Uitstekende nuus ! Die boosheid van die demokrate moet blootgelê word.

Jean ·

FB bestaan al baie lank en hulle app werk al 100%, die mense moet Truth net tyd gee om reg te kom. Daar is defenetief bugs om eers reg te kry.

RomeoTangoGolf ·

As mens met ‘n demokraat kon redeneer, was daar nie meer demokrate nie.

krodedil ·

Vandat Trump nie meer President is nie het die $ baie geval. Sleepy Joe soek oorlog om hom wakker te hou. Inflasie, werkloosheid en Crime is ‘n daaglikse probleem. in die USA Gelukkig het die Amerikaners se oe begin oopgaan. Saam met $ wat val is die R ook aan die sukkel. Invoerprodukte van Amerika raak onbekostigbaar in SA. En nou vra A waar is ons nou? Ons is steeds hier en betaal die prys van ‘n gekoopte verkiesing in Amerika met bloedgeld aan alles wat onbekostigbaar raak in SA.

A ·

@krokedil
Die dollar het 6% versterk in n jaar.

Waarvan praat jy?

krodedil ·

A, Dis baie goed jy is nie ‘n makelaar nie. Jy sou geen kliente gehad het nie. Ek en miljoene ander se oorsese beleggings trek baie swaar. Jy moet minder FB en meer Finansiele tydskrifte lees.

RomeoTangoGolf ·

Dit is verbysterend dat enige iemand aanneem dat “Sleepy Joe” administrasie enige legitimiteit het.

Cobus ·

En hoe werk Biden vir jou uit? Ek hoop hy oortref elke ideaal wat jy voor gehoop het. In my oë is hy ‘n patetiese leier met ‘n baie ongesonde liefde vir jong kinders. Klink my dis vir jou aanvaarbaar.

Yolandie ·

Dink die Amerikaners huil seker nou lang krokodil trane met ou Sleepy Joe aan die stuur wat nie eers ‘n behoorlike sin aanmekaar kan string nie, maar blykbaar die land bestuur. Niemand glo dit nie. Almal wou net ontslae raak van Trump, en kyk nou die $ het geval van R18 tot ‘n dollar na R15 plus minus. Amerika was amper self onderhoudend met energie en brandstof…….en toe kom Joe en maak alles ongedaan. En wat betaal die Amerikaners nou vir brandstof…..omtrent dubbel as voorheen. Nou lyk ou Donald Trump se tweets seker na iets wat minder belangrik is. Noudat almal besig is om te krepeer, nou gaan dit maar lekker moeilik in Amerika. Hopelik in November wanneer die “mid terms” begin stel Donald Trump himself weer verkiesbaar, sodat hy Amerika uit die gemors kan red wat Biden veroorsaak het.

Kobus ·

Trump raak ook lank in die tand; wie gaan ná hom kan oorneem?

Marlise ·

Daar is LETTERLIK n video waarin hy sê mense moet vreedsaam wees. Dit was die demonrats wat dit beplan het ????‍♂️????‍♂️????‍♀️????‍♀️

Christine ·

Korrek, hulle het BLMs daar laat ingaan omchaos te skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.