Trump-man vas vir bedrog met Mexiko-muur

Steve Bannon praat na sy hofverskyning met die media. (Foto: AP Photo/Eduardo Munoz Alvarez)

Steve Bannon, pres. Donald Trump se voormalige strategiese en politieke hoofraadgewer, is vandeesweek in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog wat verband hou met die veelbesproke muur wat Trump tussen Amerika en Mexiko wil bou. Hy pleit onskuldig.

Bannon (66) is nou die sesde voormalige lid van Trump se ondersteunende span wat deur strafregtelike klagte in die gesig gestaar word.

Bannon en drie medewerkers word daarvan beskuldig dat hulle derduisende skenkers uit geld bedrieg het deur middel van die veldtog “We Build the Wall”.

Die organiseerders van dié veldtog wat $25 miljoen (sowat R431 miljoen) ingesamel het om die suidelike grensmuur te finansier, het skenkers daarvan verseker dat alle geldskenkings vir die muurbouprojek wat Trump in 2016 gedurende sy presidensiële veldtog belowe het, bewillig sou word.

Dit blyk egter nou dat dit nié die geval was nie.

Bannon word daarvan beskuldig dat hy $1 miljoen (sowat R17 miljoen) van die skenkings in sy eie sak gesteek het. Bannon het glo Brian Kolfage, ʼn gewonde veteraan van die lugmag en stigter van die projek, met dié geld betaal en persoonlike uitgawes gedek.

Bannon is vandeesweek op ʼn luukse seiljag in Connecticut in hegtenis geneem waarna hy Donderdag in ʼn hof in Manhatten in New York onskuldig gepleit het op die aanklagte teen hom.

Hy is later op borgtog van $5 miljoen (sowat R86 miljoen) vrygelaat.

Trump het intussen gesê hoewel hy “baie sleg voel” oor Bannon se inhegtenisneming, was hy geensins betrokke by die “We Build the Wall”-veldtog nie.

Vyf ander voormalige personeellede van Trump het al met die gereg gebots. Dít sluit in Paul Manafort, voormalige veldtogvoorsitter, Roger Stone, die Republikeinse politieke konsultant, Michael Cohen, Trump se voormalige persoonlike prokureur, Rick Gates, die voormalige adjunkveldtogbestuurder, en Michael Flynn, voormalige nasionale veiligheidsraadgewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Human ·

Een vir een word hulle uitgevang seker weer die Amerikaanse nuusmedia en die Demokrate se skuld, dat hulle so lieg en bedrieg, nou word daar net gewag vir Don Tantrum Trump se beurt, die afgod, met die voete van klei.

stargazer ·

Men’s Kan nie glo hoe die media Almal teen Trump is nie. Dit is skandelik. Geen eerlike nuus. Julle anti Trump Sal maar moet kop are skiet wanneer hy weer gekies gaan word. Geniet dit

Human ·

Trump is ook een van die dae ‘n ” stargazer”, as hy by sy tronksel se venster uitstaar, om te sien of dit dag of nág is.

Jacobus ·

Die media probeer alewig ‘n skadu gooi oor enige ding ivm Trump. Wat uiters irriteerend is, is die samestelling van opskrifte. Wonder waarom bv nie “Ramaphosa vrou betrokke by Zimbabwe grensdraad”. Snaaks hoe ywerig “fact checking” oor Demokrate se doen en late gedoen word.
Sê maar net.

4ntj13 ·

Ek kry al hoe meer die idee dat Trump uit die Withuis in die tronk kan stap. Hy het duidelik geweet dat sittende Amerikaanse presidente nie strafregtelik verhoor kan word nie. En sy pêlle het gedink hy kan hulle tee vervolging beskerm, of dan later van tronkstraf vryskeld. Tensy sy opvolger die raamwerk vir strafrektelike verantwoordbaarheid rondom die presidensie en goewerneurskappe drasties verbeter, gaan Amerika lank sukkel om van hierdie reputasie ontslae te raak wêreldwyd.

katerinadiekat ·

Sy opvolger is dalk Joe Biden. Good luck with that.

Cherokee ·

As jy genoeg geweet het, sou jy besef het Donald Trump werk vir ‘n salaris van 1$ per jaar. En jý bestempel hom as ‘n bedrieër wat wil geld maak? Jou kommentaar is die lag van die dag.

Pieter9 ·

Weet julle dat Brannon deur Pres Trump ontslaan is? Hoe is hy ‘n ‘Trump’ man? Die leuens wat die media oor Pres Trump verkondig is verteenwoordigend van die vlak van joernalistiek vandag; eensydig, partydig en oningelig.
Nog niks waarvan die media hom beskuldig kon hulle hulle bewys nie; soos bv die leuens wat hy sou verkondig het mbt die sogenaamde ‘Trump dossier’. Na 3 jaar is nou bewys hoe die media gelieg het. Media baie stil daaroor…en so word al Trump se ‘leuens’ met tyd as die waarheid bewys.
Nog 4 jaar van stories opmaak wag op die media.

JohanR ·

Het die ou by Patricia de Lille geleer, of sy by hom geleer? Span ‘n stuk draad tussen SA en Zimbabwe wat R37 miljoen kos, en dan was sy nooit eers self na die gebied toe om te oorsig nie. Is jy al useless voor jy ‘n minister word, of word jy useless die oomblik waaneer jy ‘n minister word?

Frederik C ·

Net 5 van Trump se personeellede het al met die gereg gebots ?? Wonderlik. Cyril se kabinetslede het, omtrent regdeur die bank, ‘n kriminele rekord.

Human ·

Hy is deur Trump aangestel en toe sy skelmstreke op die lappe kom, toe word hy skielik afgedank, is daar fout met Trump se oordeel, virseker, want sover is die meeste van sy aanstellings, skuldig aan bedrog of korrupsie, wat sê dit van die man, wat hulle aangestel het, maar nou ja sy juigkommando sê dis die media en Soros en wie nog se skuld. Asseblief !

Carina ·

My aarde, gebeur dit in die VSA ook dat tender geld so lekker verdwyn? Gedink dis net in SA.

Madelein ·

Dit is nie tendergeld nie. Dit is privaat ingesamelde geld.

Gawie ·

Wanneer gaan die mense agterkom dat Trump self skelm is. maar volgens sekere mense kan hy mos niks verkeerd doen nie. Sy belaglike hantering van die korona-krisis, sy aanhoudende leuens om homself te laat goed lyk, sy blatante manier om sy kamtige ‘christenskap’ te gebruik om kiesers te lok, sy volslae rassistiese uitlatings, en so raak die lysie al hoe langer. Maar nee, alles is mos die media se skuld. En nou begin hy al klaar sê dat hy nie die volgende verkiesingsuitslag gaan aanvaar as hy verloor nie! Watter soort politikus is hy? ‘n Skelm een – hy is ‘n skelm politikus.

Cherokee ·

Skelm kommentators en skelm politici het dalk iets in gemeen.

Pieter ·

Dit is hoekom trump so stil is oor die korrupte ANC en cyril want hy doen maar die selfde.

Niklaas ·

CNN, die groot Trump-haters, gaan weke lank hieroor berigte lewer. Maar Trump het hom mos lankal reeds ontslaan. Of weet hul dit nog nie? Ek glo, en hoop, Trump sal seëvier oor ou Middle-class Joe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.