Trump-muur gaan voort

President Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

President Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Planne vir die veelbesproke muur wat die Amerikaanse president, Donald Trump, tussen Amerika en Mexiko wil bou, gaan voort.

Trump het reeds met uitvoerende optrede begin oor immigrasie en met stappe om sy voorgestelde muur op die VSA/Mexiko-grens te bou. Hy sal na verwagting ook voorstelle hersien wat die vloei van vlugtelinge na die VSA sal beperk.

Hy sou na verwagting reeds Woensdag uitvoerende bevele hieroor onderteken. Van Trump se planne oor vlugtelinge is glo onder meer ʼn tydelike verbod op die toelating van vlugtelinge, sowel as mense van oorwegend Moslem-lande.

“Groot dag wat beplan word oor nasionale veiligheid. Ons sal die muur bou,” het Trump vroeër getwiet. Trump het tydens sy verkiesingsveldtog beloof om die VSA se immigrasiebeleid te verskerp, insluitend grensveiligheid en die beperking van vlugtelinge.

Trump het ook daarop aangedring dat Mexiko vir die muur betaal. Mexiko het egter ook reeds herhaaldelik gesê hulle sal nie vir die muur betaal nie. Trump het vroeër die maand gesê die muur sal aanvanklik betaal word deur middel van ʼn bestedingswetsontwerp, wat deur die kongres goedgekeur sal word en dat Mexiko dit later sal moet terugbetaal.

Trump vergader volgende week met die Mexikaanse president Enrique Pena Nieto by die Withuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Johanna Botha ·

Minste doen hy sy verkiesings beloftes gestand ….wat gebeur in SA …..NIKS !

willie ·

Trump bly my man van die begin af! Ñ man van sy woord met beginsels!

HP ·

Ek weet nie eintlik hoekom die Demokrate en Liberaliste so groot bohaai oor die muur maak nie, enige land moet immers sy grense beheer en beskerm. Dit sal wel interessant wees om te sien of Trump dit tog regkry om die geld uit die Mexikane uit te kry.

Loeis ·

Daar is al propaganda flieks gemaak oor Amerikaners wie Mexikane skiet wie onwettig die grens oorsteek. So ‘n muur is eintlik ‘n uitstekende manier om die probleem op te los (en dieselfde mense wie huil wanneer Mexikane geskiet word, weeklaag oor die muur, want hulle wil eintlik oop grense he). Dit is egter onwaarskynlik dat Mexiko eventueel daarvoor gaan betaal, maar in beginsel kan so muur baie probleme oplos.

Cherokee ·

Ek dink nie, Loeis, dat dit so onwaarskynlik is dat Meksiko daarvoor gaan betaal nie. Daar behoort immers genoeg finansiële transaksies tussen die lande plaas te vind met Meksiko wat gedwing kan word om daarvoor te betaal hetsy dit via invoerbelastings of watter wyse ook, gedoen kan word.

Pieterdp ·

My opienie is as jou buurstaat se volk na jou land begin vlug dan is dit tyd om op te tree.
Dit is n tekin dat daai land hom self nie meer kan regeer nie.
Dan is dit so goed soos n toesteming van daai land se burgers dat daar n ingryping van sy buurstate state moet wees om weer die land se politiesie reg teruk dat die land hom self weer kan regeer en voor uit te gaan om na sy mense om te sien.

ada ·

Hoop hy is suksesvol. Werkskepping. Hy gaan seker vir Mexico se dit is deur hulle dat die muur gebou moes word omdat hulle nie hulle eie mense kan stop om oor die grens te kom nie. Goed genoeg rede dink ek.

Verdwaal ·

Oops verdwaal? Toring van Babel was afgodery, hierdie is landsgrens beheer&beskerm en so deur veiligheid vir sy land te skep.

Bets Bothma ·

Ek sê weer – charity begins at home- en dis wat Trump weer gaan herstel – lande moet na hul eie mense kyk SODAT hul nie na ander lande moet vlug nie. SA sit met dieselfde probleem – ons het soveel “vlugtelinge” in SA – ons kan nie meer oorleef nie en boonop dink ons ANC regering dat die inkomste vd land hulle sin is om te spandeer! Bankrotskap vir SA!

Japanees ·

Besef die liberales hoe sterk alle oosterse lande en suksesvolle afrika lande immigrasie beperk? Het hulle al gekyk hoeveel immigrante lande soos Korea, china, Japan, Namibia, Botswana en veel ander inlaat? Hoekom moet Amerika hulle grense oopmaak maar Asie hoef nie? Hoekom liberales??

Asjas ·

Nou wie wil nou regtig eintlik Korea, Japan China, Namibia of Botswana toe immigreer?

Goeie punt Japanees ·

Dit is ‘n baie VALID punt wat jy nou maak … nie een Midde Oosterse of Verre Oosterse land is ‘gedwing’ om hulle grense oop te gooi vir Siriers en ander vlugtelinge nie, dit is slegs verwag van ‘ Westerse Lande’ – Europa en Amerika, nooit so daaraan gedink nie ..

Koos1 ·

Ja, maar daagliks hoor ons dat alles wat westers is, is sleg, Dink maar aan Zuma, Malema en Mugabe se uitsprake.
Kyk maar altyd as daar ‘n natuurlike ramp is by enige land, maar meer die “arm” lande, wie help altyd eerste? Amerika, Europa en Kanada (So basies maar die eerste wêreld. wat ook maar “toevallig” deur die blanke regeer word!)

Koos ·

“What a man”, hierdie is n yster van n president, ek laaik hom kwaai kwaai. Hy gaan ook foute begaan, ek sal hom bly ondersteun!!! I want to give him a Bells

DR ·

5miljoen plus imegrante in SA, wat van werksgeleenthede, water, verblyf en sanitasie?

Mike de Beer ·

“The Trump’et” of the free world”. Vasbyt Donald.

LeonC ·

Gee hom n botle bells. Die man kan en gaan. Sorry vir die drugies en
Criimanals julle gaan julle suid pool sien.

Cherokee ·

Die Suid Afrikaanse regering kan ook niks oorspronklik doen of beplan nie maar volg net ander s’n planne en idees. Ek het so deur die grapevine gehoor Zuma & kie het vroeër die week gesê hulle gaan ‘n muur bou tussen Suid Afrika en Zimbabwe.

Poot ·

Seker met die geld wat hulle nou van ABSA af eis. MAW dit gaan ‘n appatheids muur wees gebou met apppartheids geld. LMGA.

Waarheid ·

ons het 200.000 zimbiane in sa wat op 3jaar tydelike verblyf hier is [VAT werkgeleentheid plaas druk op alle dienste..dra by tot MISDAAD] en wat binnekort oor besluit moet word ….hou dop…sien hoe word DINGE HIER ten koste van almal en alles hier in RSA gedoen. cANCer neem NIKS en NIEMAND in aanmerking. KAN NIKS BETER VERWAG BENODIG WONDERWERK.

Werner ·

Ons moet ook ñ muur bou. (om ons hier te hou)Kom nou weer terug van Botswana en Namibia. Sal enige tyd alles los en soontoe trek. Veral Botswana.

Louis ·

Trump bou daai muur en sluit vir Zuma ook toe asb , Trump you man

Joe ·

Ek weet net nie hoe ons ‘n muur hier gaan bou om skelm uit te hou nie, sal baaiiee meer stene moet kry!!

My tweesent bydrae ·

Waaroor die bohaai oor die muur ? As die grensdraad nie sterk genoeg is nie word dit net versterk .

tessa ·

Laat Amerika dan betaal! Hulle soek die muur, maar Mexiko moet betaal….. Trump is ‘n stommerik.

zahn ·

Ada, die probleem is dat baie, sommer baie, van die Amerikaners nie WIL werk nie. Dit is hoekom baie van ons die geleentheid aangryp om daar te gaan werk. Baie ander redes ook, maar dit is tot nou toe redelik maklik gewees om dit te doen. Sal graag wil sien hoe dit ons jongmanne nou gaan affekteer.

Genie ·

Wow! Trump beweeg teen ‘n massiewe spoed!Dit is sooo verfrissend dat logiese denke weer seevier.

John ·

Grensloosheid is die in-ding; die nuwe paradigma waar’binne’ mense met eie agendas nou wil funksioneer. Die oorsteek van grense op alle gebiede, nie net landsgrense nie, word as deel van ‘human rights’ verdedig. ‘Ek’-behoeftes geniet voorrang. Die Bybel as handleiding word selfs deur Chistene bevraagteken. Interessant dat Sjina wat globalisering as die nuwe-era-reg vir die wereld voorhou, vreemdes uit hul land weer en ander godsdienste verbied, maar op groot skaal in die vreemdes se lande woeker, emigrasie uit Sjina daarheen aanmoedig en sulke lande skaamteloos kaalstroop van hul grondstowwe en inheemse skatte. Elke immigrant het altyd ‘n goeie hartseer storie gereed hoekom hy tot ‘n vriendelike parasiet verklaar moet word.

m ·

As ons n Donald Trump in hierdie land moet he gaan n paar outjies dit nie maak nie. Daai man het nie tyd vir nonsens nie. Maar nou ja ons sal seker nooit so gelukkig wees nie…. Dink net as ons n muur om SA kan bou en al hierdie gemors uit Afrika kan uithou dan ek nogals indink hoe die moord en doodslag gaan daal want dis die mense wat dit kom veroorsaak in hierdie land.

GES ·

Pres. Trump het in 1 week meer gedoen as sy “gewilde” voorganger. Hy daar om werk te doen en nie om vriende te maak nie.

Frans C ·

Daar is ongeveer 11.3 miljoen onwettige immigrante in Amerika, waarvan min of meer 6.9 miljoen Meksikane is.Meksiko het ‘n bevolking van ongeveer 121 miljoen mense.Dit is dus ‘n klein persentasie wat onwettig in Amerika is, so amper 6%.

Maar soos hier by ons stuur hul geld na hul families, maar word ook die slagoffers van goekoop arbeid.Of ‘n muur hulle gaan uithou sal net die tyd leer.

Ek weet nie of ek reg gehoor of verstaan het nie. Ek dink daar was op Carte Blanche ‘n onderhoud met die Ambassadeur van Malawi.Sy is toe gevra hoeveel mense ,sy dink ,van Malawi daar is Suid Afrika is.
Die dame was nie seker nie en het geantwoord dat dit tussen 3 en 5 miljoen kan wees.

En Malawi het ‘n bevolking van 16.3 miljoen. Suid Afrika het dus persentasiegewys ‘n veel groter problem as Amerika, maar die kanse dat ‘n ANC-regering ‘n muur gaan bou, is net ‘n pypdroom, want wie wil nou die mense wat jou tydens die bevrydingsstryd gehuisves het,
verbied om in die bevryde land land te woon.

brenda ·

Ja tyd sal leer; mure hou nie mense uit nie; hulle grou tonnels etc.

Pietman ·

Mure hou mense uit. Kyk na die suksesse van Israel en die voormalige Oos/Wes-Duitsland.

Hilda ·

Ons kan maar baie van die imigrante aan n hele paar boere ook die skuld gee. Ek het op n lemoen en druiwe plaas gewerk as bestuurderes, en het 600+ werkers onder my gehad in die pakhuis. En nie een van hulle het n SA ID gehad nie. Almal vlugtelinge uit Zimbabwe en goedkoop arbeid. Het gewerk vir bitter min salaris en huisvesting gekry. Waar trek jy daai streep? En van hulle is vandag nog daar.

Strepie ·

Hulle het dalk werkspermitte gehad, onthou net as jy nie ‘n SA ID het nie, beteken jy nie jy mag nie in die land werk nie. Net as jy ‘n ONWETTIGE immigrant is, daar is ‘n verskil. Die feit dat jy nie’ n SA ID het nie maak jou nie onwettig indien jy ‘n werkspermit het om hier werk te soek of by iemand te werk nie. Die Zimbabwiers het die kans gehad om in Zim te stem, en hulle het gestem, die feit dat daar nie meer werk daar vir hulle is nie is nie SA se skuld nie. Stem reg en keer terug.

Dolly ·

Daarshy bou hom .. so baie mense wil dit as rassisme of apartheid afmaak, maar glo my dit is ‘n veiligheidsrisiko vir Amerika .. en hoekom moet een ou se REG op veiligheid ingeperk word deur die ande ou se REG om oor die grensdraad te klim? Ek wens ons kon ‘n muur bou sodat ons net met die ‘local’ moeilikheid sit, want ongelukkig pleeg “onwettige immigrante’ van ander lande ongelooflik baie misdaad in SA. Die woord ONWETTIG se vir my hulle hoort nie hier nie, hoe lank gaan ons dit nog moet verduur? Vir ewig want die regering doen niks daaraan nie.

Spook ·

Van die min presidente wat doen wat hulle belowe het!! Trump Bo!!

Hendrik ·

As Zuma al sy beloftes aan sy ondersteuners nakom is ons regtig in die moeilikheid. Ons moet alle beloftes van ons politici in die Afrika konteks. Ons kiesers is die mees “gullible” goedgelowige mense ooit. Hulle glo regtig alles wat die politici se , maar minwetend dat die land nie die geld het om die verkiesingsbeloftes ten uitvoer te bring nie. Die enigste belofte wat nie geld gaan kos nie is die onteining van grond. Daar is mos nou ‘n wet daarvoor. Wat my pot se deksel is dat mense nog steeds glo ons demokrasie werk en dat hulle nog elke keer gaan stem al word daar teen hulle gediskrimineer met wetgewing. (kwotas, BEE, ens)

botha's ·

ag liewe hemel kan die president nie asb na ons toe kom nie….ek gee my hele salaris vir die geleentheid om Trump my president te noem. ma om nou nie vieslik te wees met ons politieke regsstelsel, die kanse is seker groter om te wens iemand van ons het die mentaliteit van Trump en ruk die wanorde en korrupsie reg. As ek maroela oopmaak is dit net moord en doodslag, het niemand die binnegoed om ons land in vrede en enigheid te regeer.

Riaan ·

Ek dink SA moet ook ‘n muur bou, tussen ons en Zim en ons en Moz, Botswana is ok? Hier is mos 70 miljoen mense in SA volgens die graan verbruik statistieke. Die hoostroom media is besig om hard te val weens die invloed op ideologiese ondermyning, Trump se wat hy doen, en ja jy gaan tweede kom as jy hom probeer aanvat en 52% van die mense wat vir hom gestem het.

Willemien ·

Goeie genugtig – wat gaan aan met die man. Wil hy nou regtig sy land in 2 skeur deur ‘n herhaling van oos en wes Berlyn terug te bring. Behandel eerder die oorsaak en nie die simptome nie.

Frans C ·

Duitsland was agv die 2de wêreldoorlog ‘n verdeelde land.Meksiko en Amerika is en was nooit een land nieDit is die Russe saam met die Oos Duitsers wat Oos en Wes Duitsland wou skei,veral om westerse invloed te keer.

Willie E ·

Wes en Oos Berlyn….dit was ‘n muur deur een land,nie ‘n grens tussen twee lande nie…halloooo….as jy skrik skrik net wakker jong…

humor ·

Om dinge hier ter lande reg te kry kort ons 2 Trumps. Hy gaan beslis dat Mexico die muur betaal deur verhoogde belasting aan elke wettige immigrant wat werk en ook verhoogde koste vir elke Mexikaan wat aansoek doen om te immigreer. Dit in sigself sal dan ook die aantreklikheid om te immigreer beperk.

Gertman ·

Ek wonder wie gaan die muur fisies bou, as dit sekerlik Mexikaners is het hul nog beter kans om verkeerde kant van die muur te bly :-)

miv ·

In Suid-Afrika is die vlugtelinge/verbode immigrante stemgeregtigdes vir die ANC.

Johan Likkewaan ·

n’ man van sy woord. Mens kan maar spot maar Trump vat nie strooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.