Trump onderteken nuwe reisverbod

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Donald Trump. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Pres. Donald Trump het Maandag ʼn nuwe uitvoerende bevel oor immigrasie onderteken wat later vandeesmaand in werking tree.

Die nuwe bevel behels ʼn 90 dae verbod op die uitreiking van nuwe visums aan mense uit ses oorwegend Moslemlande. Trump se verbod het steeds betrekking op reisigers van Iran, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen. Irak is nie meer op die lys nie. Die verbod tree op 16 Maart in werking.

Wettige permanente inwoners, mense met sogenaamde groenkaarte en mense met huidige wettige visums, word nie deur die verbod geraak nie. Mense wie se visums teruggetrek is na die oorspronklike verbod, sal steeds na die VSA kan reis.

Trump se oorspronklike verbod het reisigers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen verhoed om vir 90 dae na Amerika te reis. Vir vlugtelinge was die tydperk 120 dae.

Trump se nuwe bevel kom nadat ʼn federale appèlhof verlede maand bevind het die vroeëre bevel van ʼn ander hof, om die verbod op te skort, moet van krag bly. Die beslissing was ʼn oorwinning vir die deelstate van Washington en Minnesota, wat geweier het om aan Trump se verbod gehoor te gee.

Dit is intussen nog nie duidelik watter verdere regstappe gaan volg nie. Trump se vorige verbod het wydverspreide protesoptrede oor die VSA tot gevolg gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Ek reken Trump en sy visiepresident sy ministerie is sekerlik ook daarvan bewus dat kundige aanstellings gedoen . Ek reken ook hulle is daarvan bewus dat sterk stutliggame wat die sy belyd en Amerikaanse kultuur ondersteun so spoedig as moontlik op die been gebring moet word .As die Trump regering eers algaande geloofwaardigheid wen sal niks hul keer nie. n Sluimerende volksbesef sal ontwaak

Alida ·

In SA moet al die vreemdelinge wat ons werk kom steel teruggestuur word. Te veel vreemde elemente hier.

tinah ·

absoluut, ons het n groot probleem, kry TRUMP om hier te kom uitsorteer. veral die klomp paksitani’s

jaco ·

waarom wil moslems so graag in amerika gaan bly? Klomp goed wat totaal onbekend, onwettig, onaanvaarbaar en selfs strafbaar is met die dood in hulle lande en in hulle geloof, is heeltemal aanvaarbaar in Amerika. ek noem net 4 voorbeelde, maar daar is eintlik baie:
1. eet van varkvleis
2. drink van alkoholiese drank
3. homoseksualiteit en gay huwelike
4. pornografie
As ek ‘n moslem was, sou ek NIE in so n sondige land gaan bly het nie. Hoeveel nonsense moet die moslem-immigrante nou ook nog in Amerika maak voordat Trump se opponente gaan wakker word en besef wat aangaan. ‘n Paar maande gelede het n moslemman uit Afghanistan 50 mense by ‘n gay kuierplek in Florida met n masjiengeweer doodgeskiet. Hoekom? Want dis n sonde in sy geloof en dis strafbaar met die dood in sy geloof. Selfs die moslems wat in die world trade centre vasgevlieg het, was almal wettig in amerika met studievisums. Iewers moet tog seker n streep getrek word.

tamboti ·

Presies so Jaco, maar die LIBERALE en DEMOKRATE veg mos vir die regte van hul eie moordenaars(TERRORISTE) teen die VERKRAMPTES wat hulself en ook die liberale en demokrate wil beskerm! En dit als in die naam van MENSEREGTE en VRYHEID.
En dan dink hul hulle is so slim en edel, hoogdraend en voortvared. Die vyand slyp sy mes met ‘n grynslag vir hulle, want die vyand deel nie hul sentimente nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.