Trump ontken gebruik van kragwoord

donald trump

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Pres. Donald Trump het Vrydag erken dat hy “sterk” woorde gebruik het tydens ʼn vergadering oor ʼn tweeparty-immigrasieooreenkoms, maar ontken dat hy ʼn kragwoord gebruik het.

Maroela Media het vroeër berig Trump het na bewering verwys dat immigrante van “sh*thole” lande nie in die VSA toegelaat moet word nie.

“Die taal wat ek by die vergadering gebruik het, was sterk bewoord, maar dit is nie die taal wat ek gebruik het nie. Wat regtig taai was, was die belaglike voorstel wat gemaak is – ʼn groot terugslag vir DACA!” het hy op Twitter geskryf.

DACA is die “Deferred Action for Childhood Arrivals”, ʼn Amerikaanse immigrasiebeleid wat vergunning gebied het aan persone wat Amerika as minderjariges onwettig betree of in die land aangebly het, en ʼn hernubare twee jaar uitstelperiode gekry het voor hulle gedeporteer sou word of aansoek kon doen vir ʼn werkspermit. Ongeveer 800 000 individue – na wie verwys word as Dreamers aldus die DREAM-wet – is vanaf 2017 by die program ingeskryf. Die beleid is in Junie 2012 deur die Obama-administrasie ingestel en die Trump-administrasie het dit in September 2017 herroep.

Woordvoerders vir die Withuis het Vrydag nie dadelik reageer op ʼn versoek vir klaarheid nie. Die Withuis het Donderdag nie ontken dat Trump die kragwoord gebruik het nie, soos aanvanklik berig deur The Washington Post en daarna bevestig deur verskeie ander nuusbronne.

Volgens verskeie bronne was die Amerikaanse president Donderdag warm onder die kraag vir wetgewers toe hulle bespreek het hoe immigrante van Haiti, El Salvador en Afrikalande beskerm kon word as deel van die tweeparty-immigrasieooreenkoms. “Hoekom laat ons al hierdie mense van ‘sh*thole’ lande hierheen kom?” het Trump gesê. Hy het toe voorgestel dat die VSA meer mense toelaat van lande soos Noorweë. Hy het Woensdag met die eerste minister van dié land vergader.

ʼn Beampte van die Withuis het gesê Trump het ook voorgestel dat hy eerder genoeë sal skep in immigrante van Asiatiese lande, omdat hulle waarskynlik die VSA ekonomies sou kon bystaan.

Die president het ook spesifiek na Haiti verwys en glo aan die wetgewers gesê immigrante van dié land moet uit enige ooreenkoms gelaat word. “Hoekom het ons nog Haitiane nodig? Haal hulle uit.” Die Trump-administrasie het in November ʼn deportasiebeskerming vir nagenoeg 60 000 Haitiane teruggetrek wat uitgereik is ná die 2010-aardbewing. Hy het gesê hulle moet voor Julie 2019 na hul land terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

jaco ·

As Trump se republikeinse party dan die Withuis, die huis van verteenwoordigers en die senaat beheer, kon hulle mos al lankal al hierdie vrygewige immigrasiewette geskrap het.

Zachrys ·

Wat het kragwoorde met die prinsiep van die saak te doen?
Hy IS heeltemal reg… In twee opsigte: om kwaad te word én met sy redenasie.

Fran ·

Hy is mos maar altyd kwaad en dan moet almal bang word of wees. Wie steur hulle nog aan sy uitlatings? En om te dink hy sink homself :)

Callie ·

Fran, jy is ook seker n ou politieke korrekte. President Trump, asb, bly aan bewind. Die wereld het jou nodig. As jy soos Suid Afrika n S.. .. Land is, is jy een. Julle wat glo die waarheid mag nie meer gepraat word nie, groot ontnugtering wag op julle. Hy noem feite, in SA beloon ons diewe

Bietjie bietjie ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie !
Moenie alles glo wat jy lees id media nie.

gatiep ·

Moenie glo dat hy sink nie Fran.
As jy hoofstroom media kyk sal jy so glo ja daar wag nog baie verassings vir jou van hom af.Sterkte vir jou ou maat.

Hanna ·

Dis hierdie einste sh*thole lande wat die Weste met so n passie haat… Maar Amerika en Europa se geld is altyd welkom! En waar vlug hulle heen? Juis die Westerse lande! Stuur hulle terug na hul eie mislukte lande toe.

Daan ·

As Presedent Trump so gesê het stem ek met hom saam want dit is die waarheid en Suid Afrika is so n voorbeeld

piper ·

hy is reg. waarom mense inlaat waarvan hulle tronke vol is. ek wens iemand in ons land kan opstaan dit aanspreek EN UITVOER. lande in europa gaan nog lang trane huil oor al die mense wat die lande instroom. hoekom moet die weste mense uithelp wat heeltyd die westerse ideologie afkraak.

Janneman ·

Eish, dis n skok vir politieke korrektheid in SA.

As n mens 30 van die mees barbaarse hoofberigte, van korrupsie feite, van onbevoegde kaders, ens, ens die afgelope maand puntgewys uiteensit kwalifiseer ons ongelukkig loshande, feite kan nie verbloem word deur die speel van die rassekaarte of goeie nuus sindroom nie. Dit is hoe dit is.

PJC ·

Ek sien geen rede hoekom hy moet verduidelik of verskoning vra vir ń opmerking wat die waarheid is nie.

JPV ·

Trump is ?% reg. Ons land loop dieselfde pad. Oosterlinge is en het ons land oorstroom. Niks keer onwettig immigrante van ons buurlande om hierheen te kom. Chaos!

FM ·

Trump is heeltemal reg. Vlugtelinge gaan nie na Amerika toe om hul deel tot die ekonomie wil bydra nie. Hoekom gaan hulle nie na oosterse lande toe nie. Hulle wil bomme in die westerse lande plant en paniek saai. Ek glo van hulle werk vir ISIS. Dis waarom Trump reg is en dis waarom van die Europese lande nou ook strenger teen vlugtelinge optree. Die mense bring n vreemde kultuur na die westerse lande. Suid- Afrika sal natuurlik vir Trump kritiseer, want hy is blank.

Hugo D ·

Ek woon in die VSA en is verbaas oor Afrikaners se ondersteuning vir Trump, hy lieg aanhoudend oor alles. Kyk dit maar op, hy is geen Christen, deel geen Afrikaner waardes, is nie konserwatief nie. Geen respek vir vrouens ( sien sy eie woorde) , dit het niks te doen met politieke korrektheid nie, slegs die feit dat geld nie klas kan koop nie. Dont be a cult follower my friend

HPV ·

Hugo D, ek stel voor kom woon in Zuma se helhool en maak dan ‘n keuse tussen Zuma en Trump dan praat ons weer. Onthou net dat jy selfs in die kerk jouself moet bewapen. As jy nie ‘n vuurwapen besit nie bly liewer in die VSA.

Callie ·

Miskien moet jy gaan kyk na wat regtig aangaan. Die Pous bid vir die antichris. Beginning of the end verduidelik dit. Enige een wat die waarheid praat moet veroordeel word.

Bittergal ·

RSA ekonomie is “Rommel Status” – Ai, hoe huilerig voel ek nou!!

Adrian ·

Donald is in die kol liberaliste haat die man sou SA so n president gehad het was die land op die regte pad hy doen wat hy se en se wat hy doen oom Donald ?? maak enige nuus elke oggend oop dan sien mens net ellende in die s**holes en SA is bo aan die lys

alwyn burger ·

Die begin van die einde van politieke korrektheid? ( Malcolm X het na politieke korrektheid verwys as liberale valsheid ??)

Koos ·

Dit is die waarheid die piesang republiek van Suid afrika (PSA)is n spreekwoordelike voorbeeld .

Elsa ·

Trump is reg, hy vertel die wêreld dat die “Keiser rondloop sonder klere”. Deesdae word daar mos verwag dat mens waarhede moet ontken vir politieke korrektheid… kyk maar waar dit ons gaan Los. ..

Chrisjan ·

Ek’s geen Trump (of Clinton) aanhanger nie, maar maggies, dié Trump trompetter die wêreld aan die brand. 1ste VSA president wat “boots and all” inklim en sensitiewe (polities korrekte) appelkarre 360° omkeer, soos bv. Jerusalem erken as hoofstad van die Jode. (Die naam Jerusalem kom nie eers één keer in Koran voor nie). Kyk gerus op You Tube na Mosab Hassan Yousef op “UN Watch” waar hy as seun van Hamas-leier die WAARHEID ontbloot. Kyk ook sy “Green Prince” video. Ek bid vir méér sulke mense wat nie bang is vir die waarheid nie.

Benji ·

n Basiese vraag:
Hoekom wil mense emigreer as dit dan nie n “s$ithole country” is waarin hulle woon nie?? Hierdie mense neem zero kundigheid saam met hulle en word bloot n sosiale en ekonomiese las vir die nuwe land.

Adam ·

Fran, ek werk daagliks met Amerikaners en jy kan my glo dat dit wat jy uit Hollywood wat deel is van Kalifornie sien, is nie verteenwoordigend van wat in Amerika gebeur nie. Vergeet publikasies soos die Huffington Post, netwerke soos CNN en sekere ander linkse publikaises en lees ‘n slag wat die gemiddelde deursnit Amerikaanse koerant verkondig. Jy sal verbaas wees indien jy eerstehands kan verneem hoe dinge oor die laaaste jaar in Amerika verander het. Toegegee, Trump is meer van ‘n sakeman as ‘n staatsman, hy is meestal lomp in sy kommunikasie en hy is gewis kontroversieel, maar hy is presies dit wat Amerika nodig jet na 8 jaar onder ‘n lamsakkige Obama. Dit is die mening van menige Amerikaners.

Emiel ·

Bietjie ryk komende van iemand wat self uit ‘n Afrika rioolstaat groener weivelde gaan soek het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.