Trump oor staat van beskuldiging: ‘Ek is nie bekommerd’

Foto: (AP Photo/Patrick Semansky)

Pres. Donald Trump is Donderdagoggend (SA tyd) in ʼn staat van beskuldiging geplaas, maar hy hou vol dat hy niks verkeerd gedoen het nie.

Trump het ʼn byeenkoms in Michigan toegespreek terwyl die Amerikaanse huis van verteenwoordigers oor sy lot beslis het.

“Die president is in ʼn staat van beskuldiging geplaas,” het Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, ná die stemmery verklaar.

Sy het dit as ʼn “wonderlike dag” vir die grondwet van die VSA beskryf, maar as ʼn “hartseer dag vir Amerika dat die president se roekelose aktiwiteite ons gedwing het om artikels van beskuldiging bekend te stel”.

Trump is amptelik daarvan aangekla dat hy sy mag misbruik het en dat hy die kongres se ondersoek na hom belemmer het. Hy is die derde Amerikaanse president om in ʼn staat van beskuldiging geplaas te word.

Die beslissing gaan nou na die senaat waar daar na verwagting in Januarie ʼn verhoor gehou sal word waar ʼn tweederdemeerderheid nodig is om Trump se kop te laat rol. Dit is egter onwaarskynlik aangesien die Republikeine in beheer van die senaat is.

Pres. Donald Trump. (AP Photo/ Evan Vucci)

Trump het na die saak verwys as ʼn “heksejag” en volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie. Hy het ook gesê hy is nie bekommerd oor die proses wat nou gaan volg nie.

Die Demokrate het in September met ʼn ondersoek teen Trump begin. Hy is daarvan beskuldig dat hy druk op die president van Oekraïne probeer plaas het om Joe Biden, die Demokratiese presidentskandidaat vir 2020, se seun se oënskynlike korrupte sakeverhoudinge in Oekraïne te ondersoek.

Volgens die Demokrate het dit daarop neergekom dat Trump Oekraïne afgepers het om Biden se seun te ondersoek en dat hy ’n opponent se kanse in die 2020- presidensiële verkiesing in die VSA benadeel het.

Die ander twee Amerikaanse presidente wat al in ʼn staat van beskuldig geplaas is, is oudpres. Bill Clinton en oudpres. Andrew Johnson.

Clinton is in 1998 ʼn staat van beskuldiging geplaas nadat hy van meineed en regsverydeling aangekla is in verband met sy gedrag nadat sy verhouding met Monica Lewinsky aan die lig gekom het.

Johnson is in 1868 in ʼn staat van beskuldiging geplaas nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die ampstermynwet oortree het. Dit was ʼn federale wet wat van 1867 tot 1887 van krag was en het ten doel gehad om die mag van die president van die VSA te beperk om sekere amptenare te verwyder sonder die goedkeuring van die senaat.

Nie een van hulle is deur die senaat skuldig bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nettie ·

En dit beteken ……………… WAT …. vir ons? O, ekskuus – ek het vergeet: as Amerika nies, het die hele wêreld verkoue.

Ronéll ·

Nancy Pelosi – Julius Malema………….
Wat is die verskil?
Eintlik niks. Beide gun n land nie hul eie vooruitgang nie.

Andrea van Vuren ·

Onder Trump se presidentskap is die werkloosheidsyfer in die VSA die laagste ooit. Bring hom SA toe om die gemors hier te kom uitsorteer!

André André ·

Dit is ‘n yslike klad op die naam van die Demokrate en veral die redes wat hulle gebruik het om Trump in ‘n staat van beskuldiging te plaas met Nancy Pelosi aan die voorpunt, hulle gee nie om om hul gesigte in die proses te skend nie, nog minder hul integriteit, hulle voel ‘n veer. Dit sal in die Amerikaanse geskiedenis opgeteken staan.

Human ·

Don Tantrum Trump lieg so , dat hy homself glo en fake news is sy motto, wat `n pateet. Die geskiedenis gaan hom onthou as die president wat in `n staat van beskuldiging geplaas is. Ek moet darem eending aan hom toeken en dit is hy het die Republikeine geheel en al onder beheer en hulle volg hom soos `n trop skape met hul napratery.

Ander Koos ·

Human op watter gronde vestig jy jou bewering dat Pres. Trump lieg en “tantrums” gooi? Duidelik is jy nie op hoogte van die werklikheid in Amerika. Inteendeel die Demokrate is die leuenaars en die narre. Trump volvoer net sy verkiesingsbeloftes en die Amerikaanse ekonomie “boom” tot voordeel van almal. Trump is “great” !

Human ·

Hier in die RSA is daar ook ‘n troppie wat met blindheid en doofheid geslaan is.

Pbb ·

Stem human…roekelose en vervolgings waansinnige man. Goeie sakeman…hopelose leier. Die beste is om van hom ontslae te raak…speel geen positiewe rol in ons lewens nie

Manie ·

Trump jy’s n yster en jy doen ten minste as president iets vir jou land. Iets wat ons nie van SA kan sê

Markus ·

Ek dink jy misgis jou presedent wat lieg oor plaasaanvalle, beurtkrag,die geskiedenis ens met n ware leier soos Presedent Trump van die VSA.

Markus ·

Pres Trump is die beste staatshoof in die wêreld, en soos die gesegde gaan hoë bome kry die meeste wind , this will also pass, en dan kan hy aangaan met sy goeie werk.

Michael P ·

Korrek Marcus n Man van sy woord nie soos die swakelinge hiet in SA nie.

Andrea van Vuren ·

Dankie bir jou insig Markus. Wens die ouens met hul ondeurdagte menings wil uit hul onkundigheid ontwaak!

Dirk ·

As jy glo Pres Trump is skuldig, kyk jy te veel na CNN. Ondersoek die Bidens.

Peet ·

Voorspelbaar. Ek dink nie die Demokrate is gereed vir die teenreaksie. Trump gaan geslote rekords oopmaak – wat daarin staan gaan alles skud – kyk maar.

Human ·

Don Tantrum Trump en sy eenoogige ondersteuners het nogal iets in gemeen met ‘n sekere party in Suid-Afrika en dit is mans. In SA is dit swartes en in die VSA is dit wittes wat aan hul neuse rondgelui word en alles wat hul gevoer word vir soetkoek opeet.

John ·

Op 9 Desember 2015 het Joe Biden, toe vise-pres onder Obama tydens die opstand teen die destydse president van die Ukraìne op die Maidan-plein in Kiev die mense aangemoedig om ontslae te raak van diegene wat rykdom naastreef (wat sy seun presies daarna doen) met die hulp van die nuwe ryk tjoklitboks-baas… en groot finansièle inspuitings vanuit die VSA en die EU. Navo boer nou op die grens met Rusland. Nancy was die eerste keer per ongeluk eerlik toe sy laat glip het dat die hele proses om Trump te ‘impeach’ eintlik gaan oor vyandskap jeens Rusland.

quinton ·

Mnr Trump, n waarlike great leader, enige land kan doen met so President. Ek glo en vertrou dat jy daar sal uitloop as n great president en n leier vir die volgende termyn. Jy sal bewaar word. Jy weet wat jy doen, en Mnr het gese, he is going to drain the swamp, en make america great again, jy het jou woord gehou met Israel..staan sterk deur die aanvalle!

Fanie Meintjes ·

Vir Trump gaan dit oor Amerika (sy land) eerste, nie homself of die New World Order nie, die dat die Demokrate so teen hom is. Alhoewel hy ‘n wild card is, doen hy wat hy doen vir sy land en sy mense. Dit is eintlik was ‘n president veronderstel is om te doen. Ons in Suid-Afrika is vir die afgelope 2 en ‘n half dekades nie meer so gelukkig nie, hoop dit draai eendag weer dat ons regeerders meer vir hulle eie land en mense omgee as vir hulleself. Die hele teenstand teen Trump kom al van sy verkiesing af toe Hilary Clinton en haar gespuis (lees die NWO) nie die oorwinning behaal het nie. Hulle kon dus nie meer die VSA gebruik om hulle doelwitte te versier soos dit hulle pas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.