Trump oorweeg ooreenkoms maar soek steeds grensmuur

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Pres. Donald Trump sal na verwagting ʼn ooreenkoms aanvaar om te keer dat die Amerikaanse regering nie weer sluit nie, maar die ooreenkoms sluit slegs ʼn klein gedeelte van die finansiering in wat hy vir sy grensmuur met Mexiko wou hê.

Trump het gesê hy het meer tyd nodig om die ooreenkoms te bestudeer en aangedui hy  verwag nie nog ʼn gedeeltelike sluiting van die regering nie. Volgens Trump sal hy egter nie afsien van sy plan vir die grensmuur nie en sal hy poog om die nodige geld elders in die regering te kry.

Die Amerikaanse kongres het in beginsel ʼn ooreenkoms bereik waarvolgens $1,4 miljard vir grensbeveiliging verskaf sal word en die regering gefinansier sal wees vir die res van die fiskale jaar wat op 30 September eindig.

Die ooreenkoms maak voorsiening vir 88 km se nuwe grensheinings maar is veel minder as die 345 km wat Trump in Desember versoek het. Die presiese besonderhede van die moontlike ooreenkoms sal na verwagting eers later bekend gemaak word.

Indien Trump nie die ooreenkoms aanvaar nie, kan dit die kongres in ʼn nuwe krisis dompel aangesien daar nie ʼn duidelike plan B is nie. Die kongres moet een of ander vorm van finansiering goedkeur ten einde te verhoed dat die regering Vrydag om middernag weer sluit.

Trump het dit duidelik gemaak dat al teken hy die ooreenkoms, hy dit sterk oorweeg om die finansiering aan te vul deur geld van ander regeringsareas te skuif.

“Ons het baie geld in hierdie land en ons gaan ʼn klein persentasie van daardie geld gebruik om die muur te bou, wat ons desperaat nodig het,” het hy gesê.

Trump kan sy uitvoerende gesag gebruik om die kongres te omseil en geld te verplaas vir die oprig van die muur. Hy kan ’n nasionale noodgeval verklaar of op ander uitvoerende gesag staatmaak om geld te bekom, insluitend geld wat ter syde gestel is vir militêre konstruksie en rampverligting.

Trump se eis vir $5,7 miljard in Desember om die grensmuur tussen Amerika en Mexiko te bou, het daartoe gelei dat die federale regering vir 35 dae gedeeltelik gesluit was. Die sluiting is in Januarie vir drie weke lank opgehef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

KLRA ·

Trots om Mr.Trump as president te he! Die wat so moan, gaan google bietjie Mexico Southern Border… Trump, een van die beste presidente nog!

Charles ·

Moenie “google” nie – gaan alternatief; DuckDuckGo dit! – deur te “google” voer jy net die indoktriner- diktatoriale monopoliemonster wat die veragtelike “Masters- of- the- Universe- MSM/HSM – Sosiale Media establishment” reeds is!!

Johan ·

Nogal ironies dat ‘n President wat gedurende sy campaign gese het hy gaan A, B en C doen en toe President geword het want die meerderheid het hom ingestem omrede dit sy beloftes was, nou gepenaliseer word omdat hy wil doen wat hy belowe het. Dit is heeltemal anders in SA waar politici van die verhoog af skree ons gaan werk skep ons gaan die ekonomie aan die gang kry en wat kry ons na die termyn om is, korrupsie, geld verkwisting, skandale, ESKOM en al die ander SOE’s wat onbevoeg en basies bankrot is. Ons kom nou weer voor ‘n verkiesing en dan word die toebroodjies, t-hemde en meer valse beloftes en die meerderheid vergeet van die pyn en leiding die 5 jaar vantevore. Kom ons doen iets en stem om die houvas te breek in ons land SA.

John ·

Die populiste onder Hillary en Nancy en… en… gebruik die rassekaart om Trump te beveg. Glo hulle regtig dat almal op aarde maar in die VSA kan kom plak en hulle, die Demokrate, sal almal in weelde kan laat leef? Natuurlik nie, maar dit wen stemme. Wanneer Trump eendag weg is, sal dieselfde spook by hulle kom spook en dan?

Leon Stevens ·

Suid-Afrika het so ‘n president nodig! Iemand wat sy beloftes gesant nakom en nie afgeskrik word deur populisme en dreigemente nie. ‘n Land moet soos ‘n besigheid bestuur word om doeltreffend te funksioneer en werkloosheid en armoede hok te slaan. Danksy Trump se administrasie en bestuursvernuf is Amerika ekonomies baie gesond met ‘n lae werkloosheidssyfer en meer geld beskikbaar vir families. Ek salueer u, President Trump.

Annie ·

Ja Trumpie. Ek like jou baie. Bou daai muur… maak nie saak hoe. Ten minste doen jy iets.

Ronnie ·

Trump gee voor dat hy reeds groot gedeeltes van die muur gebou het. Dit is totaal onwaar. Hy het net prototipes laat oprig kwansuis om te besluit watter daarvan geskik sal wees. Al wat wel aan die gang is, is herstelwerk aan bestaande strukture. Hy het ‘n nuwe deuntjie om die muur sage te omseil. Hy leer sy volgelinge nuwe dreunsang woorde: “finish the wall”.
‘n Groot gedeelte van die Amerikaanse publiek glo aan die hordes sameswerings teorieë wat oral op die internet te vinde is. Te veel van hulle maak staat op Fox News se meer nydige beriggewers, Breitbart, Infowars en Rush Limbaugh o.a om op hoogte te bly van nuusgebeure. Feit is net, nie een van bg is onpartydig en ingestel op die waarheid nie. Die uitsondering is Shep Smith en nog een of twee ander.
Terloops, ek merk dat Rush Limbaugh sy steun gee vir die moontlike ooreenkoms tov die finansiering vir die muur. Dit behoort vir Trump groot verligting te bring. Nou nog net Ann Coulter se mening? Ek dink niemand sien kans vir nog ‘n sluiting van regeringsdienste nie. Maar, wie weet, Trump kan dalk ‘n noodtoestand aankondig onder valse voorwendsels. Soos dit nou is laat hy fondse van ander instansies soos bv die VA syfer na instansies waar dit vir hom en sy makkers beter pas. ‘n Paar $ met baie nulle uit die militêre of enige ander begroting sal niks ongewoon wees in ‘n land waar die absurde normal geraak het nie.

Spike ·

Mnr. Trump kom red sa. Boikot sa 100%. sa hoor nie voor hy nie voel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.